Magtige 30 cal. familie

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Magtige 30 cal. familie

Post by Hein M. »

Hallo aan almal

Die vraag is aan almal wat kennis het van die .30 kal gewere.  Is dit moontlik om met die 300 Win Mag - min of meer - dieselfde resultate te kry as met die 2 "kleiner" boeties nl. die 308 Win en 30-06 Spr.?  Met resultate bedoel ek basiese akkuraatheid, snelheid, afstand, doodmaakvermoe, ens?  Met al 3 kan jy tog 150gr / 180gr / 200gr punte skiet, al het elk sy eie voorliefde vir 'n sekere gewig punt.

In kort:  Kan die Win Mag die ander twee vervang - sonder om te veel in te boet?

Kom Danie (243).  Laat hoor van jou. 

Groetnis!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Wed Aug 18, 2010 8:31 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Magtige 30 cal. familie

Post by Danie Lombard .243 »

Hein en ander.

Interesante vergelyking wat jy wil maak tussen die .30kal's. Elkeen het tog sy plek en sy doel. 'n .308 en 'n 30-06 sal nooit 'n .30kal magnum kan wees nie, maar 'n .30kal magnum kan enige dag 'n .308 en 'n 30-06 wees.

Wat ek met dit bedoel, 'n .308 gelaai met 'n 180gr tot 200gr koeels is mos 'n uistekende bosveld jag geweer, so ook met die 30-06 gelaai met 180gr tot 200gr. Maar sou jy 'n .30kal magnum besit kan jy hom met gemak 200gr tot 250gr koeels laai vir bosveld afstande. Die 30-06 se spoed kan maklik met die .30 magnum bereik word deur net te doen load, met kennis en oorleg natuurlik. Te min kruit is gevaarliker as te veel.
Jy kan selfs die .30kal magnum laai met 200gr koeels en die spoed so bietjie aandraai en siedaar, jy sit met 'n langafstand jag kaliber met 'n redelike swaar koeel. Iets wat jy nie sommer met die .308 gaan reg kry nie. Dalk so amper met die 30-06. Die 30-06 gelaai met 165gr tot 170gr punte maak dit moontlik om lekker ver en akkuraate skote te skiet met 'n redelike plat trajek. Die .30 kal magnum sal 'n effense vinniger spoed he en die trajek sal so effens platter wees, maar nie genoeg versil om 'n stry en baklei oor dit te begin nie. 'n Jagter met 'n 30-06 sal nie sommer 'n .30 magnum benodig vir normale jag nie. So sal 'n .308 jagter ook nie sommer 'n 30-06 benodig vir normale jag nie. Maar daar is 'n wereld se verskil tussen 'n .308 en 'n .30 magnum. Nou watter een moet mens kies? Met alle keuses in die lewe is daar pro's en con's, voordele en nadele. Die voordeel van die .30kal magnum is dat dit met gemak swaarder koeels teen 'n hoe spoed kan skiet asook 'n plat trajek kan volg. Die nadeel is dat die .30kal magnums se terugskop te veel is vir sekere skuts. Skuts wat terugskop sku is skiet gewoontlik swak met kalibers wat hard skop. Dit is aanvanklik 'n groot aanpassing om gewoont te raak aan 'n magnum se skop as die skut deurgaans met 'n standaard kaliber gejag het. Die .308 het weer 'n lige terugskop maar skiet swaar koeels teen 'n stadige spoed en krommer trajek. Ideaal vir die bosveld kort afstand jag waar vleisskade beperk moet word.

Ek besit 'n .308 vir komp skiet, 155gr match PMP punte teen 2800ft/sek, half duim groepe, en vir jag gebruik ek die .300 Win Mag, 130gr Impala koeels teen 3450ft/sek, half duim groepe en 220gr sierra pro hunters teen 2750ft/sek, half duim groepe. Skiet die 220gr punte krom? Glad nie. Ek jag baie kere met die 220gr punte kop/brein skote verder as 200 meter. Sal ek 'n 30-06 besit? Nee, nie omdat dit 'n slegte kaliber is nie, ek het reeds 'n kaliber wat alles net so 'n knertsie beter doen as die 30-06. As ek nie die .300 Win Mag gehad het nie sou ek 'n 30-06 gebruik het vir jag. Ek sou 165gr en 170gr koeels gelaai het.

Watter van die drie is akkuraat en watter is on akkuraat? Kaliber bepaal nie akkuraatheid nie. Alle kalibers is ewe akkuraat. Daar is veel meer ander faktore wat dit sal bepaal.

Is daar plek vir al drie kalibers in een man se kluis? Voorwaar ja, as daar met oorleg gelaai word en elkeen toegedeel is aan 'n spesifieke doel. Maar dit is 'n groot waarheid dat 'n .30kal magnum al drie die .30 kalibers se doel kan verrig.
Spesifieke doel? EK het eenmal in 'n artikel gelees dat 'n trompsnelheid van tussen 1700 en 2000ft/sek die ideale  koeel speod is waneer die koeel die jag dier moet tref. Of dit waar is weet ek nie. Ek wil tog met dit saamstem. 'n Stadiger patroon behou sy konstruksie en vorm, maak meer gekontoleerd oop en veroorsaak nie soveel vleis skade nie. Die penetrasie is ook beter met die stadiger koeel. Dink net aan die 230gr .45 ACP handwapen koeel teen 900ft/sek. Daai koeel penetreer diep en doen sy ding MOOI.
Skuts moet dus oordeelkundig dink oor die toepassing van watter kaliber vir welke doel op welke afstand. Dit is die groot rede hoekom daar soveel kalibers vandag beskikbaar is. Afstand van jag bepaal die kaliber wat gebruik word. So is dit dan waar dat sekere kalibers 'n midde weg bied vir die gebruiker wat betref verskeie koeel gewigte teen 'n toepaslike spoed. So 'n kaliber is die 30-06. Dit bied aan die een geweer man 'n groot wye veld van gebruik, tog ook binne perke.

Ek myself kies liefs die .30 magnum. Dit bied daai bietjie meer oemf met die swaarder koeels. MAAR dat die manne reken dat die .30 magnum soveel platter skiet tussen 0 en 200 meter is nie waar nie. Ja, die magnum skiet so effens laer maar dit is te min om punte te tel. Eers vanaf 300 meter is die verskil duidelik sigbaar. En glo my, daar is min skuts wat verklik akkuraat kan skiet verder as 200 meter.

Soos die ou spreekwoord se. Die ding van die kalibers, half dosyn van die een en 6 van die ander.

Danie
Last edited by Danie Lombard .243 on Thu Aug 19, 2010 7:51 am, edited 1 time in total.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Magtige 30 cal. familie

Post by Hein M. »

Danie,

Baie dankie vir jou volledige terugvoer.  Ek lees baie oor die onderwerp, maar daar is niks so waardevol soos eerstehandse praktiese opmerkings nie!

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Magtige 30 cal. familie

Post by Monrique (SJ) »

Hein M koop jou net n .243W hy het self n lekker plat trajek en loop ook vinnig. (Grap net). Groetnis SJ
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Magtige 30 cal. familie

Post by Hein M. »

SJ wrote: Hein M koop jou net n .243W hy het self n lekker plat trajek en loop ook vinnig. (Grap net). Groetnis SJ
Nee, partner.  Het reeds een gekoop.  Beplan alweer die volgende aankoop.  Ek dink Danie het my nou goed op 'n spoor gesit ;D

243 Forever ;D

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Magtige 30 cal. familie

Post by Janjak »

Hein,
ek het ook n 308 en n 300WM en hou baie van altwee maar die 300 het homself al bewys. Ek skiet op altwee 155 gr punte maar die 300 gooi hulle teen 3250fps wat die trajek lekker plat maak. Die 300 met n goeie kwaliteit 180 of 200gr teen 2900fps sal net die ding wees. Selfs Gerhard se GS 130gr punte teen 3600fps is dodelik op die 300WM.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Magtige 30 cal. familie

Post by Hein M. »

My pa het destyds 'n gemsbok in Suidwes geskiet met 'n 300 Weatherby.  Natdat hy altyd die storie vertel het is daar bygevoeg dat die 300 'n juweel is weens die plat trajek en slaankrag.  Hy is deesdae net so liries oor sy 223 ;D 

Ek het noudiedag 'n pel se 375H&H geweldig geniet, so die 300 is dalk my volgende droom.  Hulle se mos dat drome jou aan die gang hou...  Ek sal sonder twyfel 'n Win Mag aanskaf weens die beter beskikbaarheid van doppe.

Ek waardeer julle gesoute 300 Win Mag manne se insette geweldig!

Groetnis!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Sat Aug 21, 2010 4:33 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply