Dagse Almal,
Ek was op soek na 'n een-kaliber jaghond waaroor mens kan skiet. Daarby bedoel ek nou nie 'n hond in die windhond klas wat sy eie wild gaan vang nie. Ek wil voeljag en wild jag met die hond - met wild moet die hond bloedspoor goed kan vat- terwyl die normale geld in die voeljag soos met GSP. Verder wou ek he dat die hond sy "werk-afstand" aanpas by die ruigtheid van die bos, en dat hy graag swem. D.w.s in die oopte moet hy werk soos 'n GSP, en in die bos moet hy naby genoeg aan my bly om my heeltyd in die oog te hou. Uit persoonlike voorkeure was daar nie 'n ras in SA wat ek wou gebruik het nie. Hierdie moet asb ook nie 'n vergelyking tussen rasse word nie - ek wil net graag net mense se opinie he oor wat hulle dink van die Cesky Fousek op sy eie. Ek is in die proses om vir my 'n hond in te voer van die Czech Republiek - en wonder of ek dit moet oorweeg om met die hond te teel om my onkostes te dek - of om die kostes af te skryf aan persoonlike voorkeur.
Links:
http://en.wikipedia.org/wiki/Cesky_Fousek
http://newzealand.ceskyfousek.org/faq
Julle terugvoer word waardeer - behalwe vir die ouens wat gaan se die honde is @%###$ lelik
Groetnis
Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?
- bosjagter
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Wed Dec 29, 2010 8:46 am
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Meer-disipline jaghond "Cesky Fousek" ?
Lyk na baie oulike hond.
Net bang dat as jy hom roep gaan al die plaaslike brakke weghardloop

Net bang dat as jy hom roep gaan al die plaaslike brakke weghardloop
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
