Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

NOTA: Hierdie is nie 'n galbraak sessie oor nie, hulle doen bitter goeie werk, ek sukkel net met my eie besluit.

Manne,

Ek was gister by die ouens wat my geweer bou oor die keuses van als wat op my 404 moet gaan.

Nou hierdie is vir my 'n helse finansiele stap!

Ek doen dit met geld wat ek nie eintlik het nie (Geloof toets)

Nou na ek daar was en als klaar gepraat het en niks fancy nie staan die geweer op R39000

Nou dit maak my so half naar.

Die hout kolf (Graad 4) met al sy goedjies (recoil pad etc) saam is seker so R18000 (VAT incl)

Nou dit is vir my erg baie geld. Ek is seker dwaas maar kan nie die waarde daarin sien nie.

'n Hout kolf is vir my baie mooi, maar nie teen daai prys nie.

Na ek die Smoking Guns kolwe gesien het, oorweeg ek dit erg om 'n classic tipe veselglas kolf op te sit vir omtrent R4000 (Dis mos maar 'n armtec kolf)

Wat sou julle se moet ek doen?

EK soek 'n mooi geweer waarmee ek gaan jag en nie bang wees om enige plek met hom in te gaan nie?
Last edited by DWB on Thu Feb 13, 2014 2:23 pm, edited 3 times in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Ek moet seker noem dat ek dit oor 2 of 3 jaar doen.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by tripodmvr »

Ek sal die goedkoopste praktiese kolf nou opsit (tupperware wat ookal) en dan later kyk na houtwerk wat 'n top prentjie sal skep. Boyds of sinteties sal jou nie swakker laat skiet nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Dankie oom Mariusdriepoot. Dit is my denke ook.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Marc »

Deon ek't jou gese, daai is n geweer met n hart, jy kan hom mos nou nie gaan aan trek met iets wat dood is nie. Hy moet hout kry, want dan lewe hy ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Beer (Christo) »

Dis nou 'n moeilike een. Ek verkies ook maar die hout, net omdat dit mooier lyk. Maar, as die budget nie klop nie, dan klop hy nie. Sterkte met die kopkrappery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Dankie Christoen Marc,

Man, as ek hard genoeg probeer en bietjie langer vat sal ek dit kan betaal, maar ek sukkel net om daai konnotasie te maak.
Ek dink die ander ding wat my pla is dat my preconceived idees itv hoe die kolf moet lyk en wat toe nou voorgestel is ook nie 100% klop nie.

Dit is R5000 as my oorspronklike quote wat ek aanvaar het (net agterste visier, dummy lugs en checkering wat verander het)

Maar dit is asof dit daai fyn lyn in my agterkop oortree het :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Rasmus »

Deon

Dis baie moeilik die besluit.

Ek wil self bitter graag n groot kaliber hê, die kans vir my om die grootvyf te gaan skiet is bitter skraal.

As n buffel homself voordoen het ek darem n 375.

Net so het jy ook mos n 9.3 tot jou beskikking.

Indien ek eendag by die bou van n grootkaliber gaan uitkom, gaan dit n showpiece wees ,wat maar n paar skote per jaar gaan skiet. Maar voor ek 40K uithaal vir so iets gebruik ek eerder daai 40K en kyk of ek nie iewers n kruppel buffel in die hande kan kry nie ;)

Die alternatief het jy reeds. Bou daai droom, kry n goedkoper kolf. Mens kan altyd later n stuk hout koop en bere. Dan is mos weer tyd om te spaar vir die maak van daai droomkolf!

Dis die voordeel van bou, jy kan dit stap vir stap doen!

n Werksgeweer wat verander in n hartsgeweer!
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Smiley »

Deon, daai is maar die prys wat die ouens deesdae vra vir 'n pasmaak kolf, onthou net van hier eskaleer die prys nogal erg oor die volgende paar jaar.

As dit jou keuse is om te gaan vir 'n binne begroting alternatiewe kolf is dit mos reg. Dit gaan nie die loodgooi beinvloed nie.

Sterkte met jou besluit.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Stefan764 »

Ou Deon...

Ek gaan nou maar vir jou se wat my beste pel se Pa vir my gese het so rukkie terug toe ons gaan jag het en ek ry hierdie moerse mooi bakkie en ek kla so bietjie oor die brandstof verbruik:

"As jy die perde wil he moet jy hulle voer ou seun..."

Seker maar amper dieselle hier ook. Marc het dit raak opgesom. Trek vir die ding n oordintlike baadjie aan. n Pasmaak geweer is mos nou nie n flintergat biesigheid nie. Al vat dit n paar maande of selfs n jaar langer, maak hom soos jou hart begeer.

Groete
Stef
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by mariusr »

Ek sal ook se moenie kortpad kies nie! Die kanse is goed dat jy spyt gaan wees en om die dan reg te maak gaan nog meer kos!? Jy bou die geweer vir jou so maak hom soos jy dit wil he? Anders kan jy liewers na 2de hans kyk wat jou goedkoper sal uitwerk en op die veranderings aanbring!?
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Sako75 »

Last edited by Sako75 on Sat Sep 28, 2013 4:18 pm, edited 1 time in total.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by LUAN »

Dit is darem baie geld vir n houtkolf. Watse tipe hout is dit? Maar daar bo by julle betaal mens net meer vir als lyk dit my. Ek ken n oom wat van mooi swart okkerneut jou n kolf bou in die omgewing van R5000. Die houtblok kos hom 3000 so hy doen dit amper verniet. Watse aksie is dit?
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Pappabeer »

DWB,

kyk. As dit n .458 Lott was en dit was jou daaglikse dra geweer as PH of wildbewaarder het ek gesê gaan vir donkergroed sinteties.

'n .404 Jeffery is n ander storie. Daar is nie n kommin weergawe daarvan nie. Die geweer moet goed gebalanseer wees. Hy moet gemaklik dra, dus nie oormatig swaar nie. Hy moet reg lyk. Asof hy in n Tsetsi controll kamp onder n Nyala boom kon staan 50 jaar terug. Ek persoonlik het twee probleme met pasmaak grootkalibers as ek hulle vergelyk met n Tipe A Mauser of Rigby van die middel 1900's:

1. Die helder vlamme en glans van die hout. Ek waardeer die vakmanskap, maar gee vir my veel eerder n donker hout met n reguit grein, wat se afwerking van jare se sweet en stof kom.

2. Die gewig. Ek hou nie van n kanon loop nie. Jy dra die ding die hele dag en as jy skiet gaan die skop een sekonde duur. N goed gebalanseerde ligte .404 sal jou nie dood skop nie.

My voorstel sal dus wees om nogtans by hout te bly, maar na n goedkoper graad te kyk. Die ander alternatief is om eers te kyk na sinteties en oor n jaar of wat eers een te laat bou.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Jake1 »

Na ek die Smoking Guns kolwe gesien het, oorweeg ek dit erg om 'n classic tipe veselglas kolf op te sit vir omtrent R4000 (Dis mos maar 'n armtec kolf) Dit was jou voorstel en ek sien niks fout daarmee nie, oor 5 jaar is jy miskien moeg vir die kolf dan kry jy 'n ander een........ eenvoudig soos dit. Dit is soos 'n bakkie koop, jy behou die bakkie maar kan later 'n ander canopy opsit as jy so voel.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Dankie aan almal vir jul terugvoer. Ek dink dit mooi deur.

Dewald, weereens perfek opgesom soos altyd.

Die hout is slegs R3900(Excl VAT) van die hele episode, die arbeid is maar die grootste uitgawe, en mooi checkering is nie goedkoop nie! (dis ook nie eers oorbodig nie).

Dit is hoe my stuk graad 4 hout lyk:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/20130926_154843-1.jpg

Ek sal nog mooi sit en dink, die verskil tussen die sinteties en die hout is amper 'n buffel koei.

Maar 'n stuk hout is darem maar besonders.

Dewald, jou gedagtes is juis hoekom ek nie 'n fancy flashy stuk hout gevat het nie, my geweer moet vir my mooi wees maar hy gaan werk in hierdie lewe.

Ek dink een ding van so tipe kaliber is dat mens hom vir jou moet maak werk, dit moenie 'n ornament wees nie. En glo my, myne gaan werk!

Ek lei nog so bietjie aan bomskok, maar as ek kyk hoe Dries101 se kolf begin uitkom dan begin ek al hoe meer dink dis nie so sleg idee nie :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Marc »

www.absa.co.za

Kom nouou maat, in hoeveel moeilikheid kan mens kom vir R20k se lening? hulle kan nie jou vrou of kinders of huis of kar daarvoor wegvat nie.

Jammer as ek jou nou in die versoeking lei
Ek verwys jou graag na n vorige post, ek sal nie kwaad wees as jy die link ook wil gebruik nie, ek deel graag met vriende >:D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Beer (Christo) »

Marc wrote:
www.absa.co.za

Kom nouou maat, in hoeveel moeilikheid kan mens kom vir R20k se lening? hulle kan nie jou vrou of kinders of huis of kar daarvoor wegvat nie.

Jammer as ek jou nou in die versoeking lei
Ek verwys jou graag na n vorige post, ek sal nie kwaad wees as jy die link ook wil gebruik nie, ek deel graag met vriende >:D
Eina!! :o
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Pappabeer »

Hahaha... Dit is histeries...

Deon, daai arbeit klink vir my bietjie rof vir die kolf. Die ander opsie dan is om die blank te koop, of om hom selfs te laat inlet, maar nie afwerk nie, en dan n man soos oom Gert Odendaal se kennis en advies inspan om hom self te kry tot op die punt waar hy n spog hardwerk geweer is.

Die bonu daarvan is dat die genot van daai mooi geweer soveel meer is as jy weet jy het n hand darin gehad.

Groete, en sterkte met die besluit.

Ns. Ek weet hoe jy voel, ek het drie jaar terug al die komponente vir n pasmaak .404 gekoop en toe weer kop uitgetrek en verkoop. Dat was bitter swaar en teleurstellend, maar die vrede wat ek gekry het is dat daar erens daarbuite n vintage Mauser met my naam op lê wat meer in my kraal is. En nou geniet ek die soek na hom gate uit...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Hehehehe Marc ou maat. Dis juis oor ek so goeie verhoudibg of is dit nou rekord met hulle het ; D

Dit gaan vir my meer oor die idee van die prys as die geld.
Voel maar erg baie.

Dewald, daai Mauser gaan jou meer as ñ custom kos!
Vriend van my het 2 wat hy soos gou oppas. Hy het die egte WJ Jeffer 404 ook ;)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by Pappabeer »

Deon, eendag gaan ek by n ou tannie op n plaas aankom en sy gaan sê haar ou man wat jare terug oorlede is se geweer lê nog in die solder en ek moet hom maar vat... Of iets soos dit...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by JAGTERSREG-JRM »

Deon,

Net soos n man n bakkie ry wat vir hom mooi is of n vrou trou wat mooi is.So moet die keuse van n pasmaak geweer ook wees.......my raad sal as volg wees.Vat jou tyd en verander hom so met die tyd tot hy geskaaf is vir jou, kos dit n paar rand meer dan is dit so (dit beteken definitief nie dan iemand jou ruk met prys en jy net hoes nie).

Sinteties kan werk tot jou kolf jou pas soos n handskoen maar sal definitief vir hout gaan

Groetnis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Dankie manne.
Wens baie keer ek kon net ñ 2dehandse classic kolf kry en hom opsit vir tyd en wyl.

Die kostes is nie grappies nie.
En mens wil mos nooit te lank wag nie ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
immelmanw

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by immelmanw »

DWB wrote:Hehehehe Marc ou maat. Dis juis oor ek so goeie verhoudibg of is dit nou rekord met hulle het ; D

Dit gaan vir my meer oor die idee van die prys as die geld.
Voel maar erg baie.

Dewald, daai Mauser gaan jou meer as ñ custom kos!
Vriend van my het 2 wat hy soos gou oppas. Hy het die egte WJ Jeffer 404 ook ;)
For sale: original 404 Jeff. Sal oor twee weke hier wees uit Engeland R80000.00
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pasmaak 404 Jeff kopkrapper

Post by DWB »

Willem, jy kon nou onlanks een hier in SA gekry het vir R25000
Sy kolf was net nie reg nie.

Ek dog ek gaan nou goeie raad kry toe ek sien jy reply hier ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply