Ek is nie so seker of die die regte plek op die forum is nie en of ek onder Gesoek/Wanted moet plaas nie, maar hoe ook al. Ek sal graag wil weet wat beskikbaarheid en prys is vir paar gemsbokke lewendig aan te koop vir aanvulling van bestaande paar bokke in die Montagu Barrydale omgewing. Die gemsbokke moet kan aard in die omgewing.
Ons het 'n bestaande troppie van so elf, maar dit wil voorkom asof die kerngetal te min is om die aanslagte te weerstaan en behoorlik te teel.
Hoor graag.

