Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Goed ek het die naweek bietjie kans gehad om daai 250gr Nosler BT op die baan te gaan gooi
Ek het goeie groepe reg deur die bank gekry en dink n ou kan sien dat Nosler se kwaliteits beheer baie goed is
Deon het gehelp destyds en QL reken ek moet 58.6gr se S341 gooi in die Norma doppe met n CCI250 primer om n node te kry op 2432vt/sek (dis natuurlik op die 250gr Accubond se data gewerk)
Ek het toe sommer omdat ek lus was om n paar koeels te gooi begin laai op 57gr en elke 0.5gr opgegaan tot by 60gr
Ek het nou nie al die presiese dat hier by die werk nie maar dit lyk of ek goeie groepe van 3 op 57.5, 58 en 58.5gr geskiet het almal sub-MOA
Die beste was so 0.7" vir die 57.5gr met 3 koeels - die snelheid was to so in die orde van 2410vt/sek as ek reg onthou
Ek gaan verseker die Accubond probeer - moet net eers spaar
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Goed ek het die naweek bietjie kans gehad om daai 250gr Nosler BT op die baan te gaan gooi
Ek het goeie groepe reg deur die bank gekry en dink n ou kan sien dat Nosler se kwaliteits beheer baie goed is
Deon het gehelp destyds en QL reken ek moet 58.6gr se S341 gooi in die Norma doppe met n CCI250 primer om n node te kry op 2432vt/sek (dis natuurlik op die 250gr Accubond se data gewerk)
Ek het toe sommer omdat ek lus was om n paar koeels te gooi begin laai op 57gr en elke 0.5gr opgegaan tot by 60gr
Ek het nou nie al die presiese dat hier by die werk nie maar dit lyk of ek goeie groepe van 3 op 57.5, 58 en 58.5gr geskiet het almal sub-MOA
Die beste was so 0.7" vir die 57.5gr met 3 koeels - die snelheid was to so in die orde van 2410vt/sek as ek reg onthou
Ek gaan verseker die Accubond probeer - moet net eers spaar
Henk
Baie dankie vir die inligting
Ek het so 'n paar Accubond met S335 gelaai, net spoed gekyk nie groepe nie, 58 grain het my so 2525 gegee, sal erens 'n plan moet maak om skietbaan toe te gaan
Ek het met baie moeite en hulp van n pel 250gr Accubonds vanaf Pretoria laat kom en gelaai
Sou Saterdag saam my pa met sy .308 (180gr Ballistic Tips) die dag op die baan spandeer
Toe waai die wind so dat die teiken nie eers wil regop bly nie
Op die einde was n paar plastiek bottels met die haelgeweer en die saloontjie al wat kryt gebrand het
Ai my tyd is so beperk om n skietbaan te kom, maar met die wind saam besluit dis nie die moeite werd om die "duur" koeels te mors nie
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Ek het al baie sukses behaal met die 286gr Rhinos wat ek laai @ 2250 ft/sek met 52gr S335 -CCI200 primers.
In die bos met afstande van 80 - 120m is dit n dodelike lading.
Wat nou gemaak as jy n lang skoot moet vat? Dit gebeur nie aldag nie, maar wat van daardie dag as jy al vir 2 dae hard gejag het en laatmiddag met die son wat ernstig water trek staan daardie koedoe so 250 - 300 m van jou af, en jy weet dit is jou enigte kans om v vleisie huis toe te vat?
n Klompie jare gelde jag ek in Tolwe omgewing. 2 Dae hard gejag - heeldag in die veld - voete is seer en moed hang laag. Laatmiddag met die son wat ernstig begin verdwyn stap ons padlangs kamp toe. Skielik is daar lewe. n Troppie koedoes stap oor die pad - so 300 m van ons af. Skep skielik moed en begin bekruip. n Bul gaan staan stil in die pad en kyk in ons rigting. Nou weet ek - as hulle daar begin hardloop, is dit klaarpraat.
Ek neem toe lêhouding aan daar in die pad. Dis dêm ver vir die 9.3 met die 286 greine. Ek mik toe maar so op die hare op die skof. Skoot klap, koedoes hardloop. Die gids sê dis mis en ons begin die afstand aftree. Dit was so 270 m tot by die plek waar die koedoe gestaan het. Gids raak opgewonde - daar is bloed! Ons kry toe die koedoe so 40m van waar hy getref is. Die skoot is deur die hart met n ingangs wond en uitgangs wond dieselfde groote. Met die afslag was dit ook duidelik. Die ou 286 greiner het het nie oopgemaak nie.
Nou laai ek die 230 gr GS Custom teen 2650 ft/sek - 58gr S335. Ek zero op 200m en weet op 100 m is hy so 2" hoog - maar vir n langer skoot hoef ek nie soveel te kompenseer nie.
Dankie dis weer nuwe manier van kyk na die ou stryd os
Ek sukkel tans om te besluit of ek dalk na 250gr Nosler Accubond moet oorskakel - daai is presies my redenasie tans vir die 250gr
Maar kon nog nie een klagte gee oor my 286gr Claw nie
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Ek het nog geen slegte woord gehoor van die Claw nie - die wat hom gebruik, praat met lof van hom.
As jy nou op die 250gr Accubonds besluit het, toets hom en laat weet hoe loop hy. Ek het nou juis n pakkie 250gr Barnes TSX hier wat ek graag wil toets. Sal hom maar eers op papier moet toets. Die jag vir die jaar is nou eers verby vir my.
Dit lyk sommer Naas
Wat beplan jy om met die solids rond te jaag? Gaan jy buffel jag?
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Mens weet nooit wat kom op die nege drie se pad nie! Miskien seekoei of so iets! He he! Ek het ook brass solids maar die brenneke punt was net vir my mooi ! Moet se sal nie twee keer dink om ollie aan te vat met die solids dink hy gaan bollie!!!
My dag was gemaak toe ek gister die lesensie gekry het en my nuwe geweer kon gaan haal het. Nou will graag bietjie hulp vra rondom die herlaai van die 9.3 x62. Ek laai wel vir my ander kalibers maar het geen ondervinding vir die een nie. Ek kon Hornady interlock 286gr en Barnes TSX 250gr koeels sover in die hande kry. Soos wat ek op die forum al gelees het lyk dit of S355 beter is vir die 286gr interlock en S335 beter is vir die Barnes 250gr?
Sal 'n aanduiding van begin en max ladings wardeer as iemand dit het?
Ook vir watse spoed grense moet ek kyk?
Die Somchem data vir die Barnes 250gr is 2086-2354 f/s maar dit is vir S341. Hoe gaan dit vergelyk vir S335?
Ek het 'n Tikka hunter geweer en die loop lengte is 22 7/16.
Baie geluk met daai aankoop
Dis n lieflike kaliber en ek ruil myne vir niks nie
Ek laai tans 58.6gr S341 agter 286gr Claw met Norma doppe en CCI250 primers
Ek kry so in die orde van 2250vt/sek en myne groepeer maklik sub-MOA tot op 150m
Soos Marius noem S341 is meer beskikbaar en goedkoper, gebruik dit ook in my 303 en pa se 308 sonder moeilikheid
Last edited by Hilux01 on Mon Nov 11, 2013 8:17 am, edited 1 time in total.
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Baie geluk met daai aankoop
Dis n lieflike kaliber en ek ruil myne vir niks nie
Ek laai tans 48.6gr S341 agter 286gr [/b]Claw met Norma doppe en CCI250 primers
Ek kry so in die orde van 2250vt/sek en myne groepeer maklik sub-MOA tot op 150m
Soos Marius noem S341 is meer beskikbaar en goedkoper, gebruik dit ook in my 303 en pa se 308 sonder moeilikheid
mariusr wrote:Ek laai 58gr S341 vir 286grein punt vir die 9,3x62 loop mooi, spoed is so 2300 vt/ sec.Is ook goedkoper as die ander kruit!
Daar kan nie 50 fps verskil met 10 grein dryfmiddel nie?
Nee dis n tik fout gewees
Het dit reggemaak, hoop dit maak meer sin Dewald
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Die 341 laai vir my maklikker, en is meer vergewend met 0,1 gr op of af. Dit alles gevat met die gedagte dat ek oopvisier jag, so ek jaag nie lang afstand akkuraatheid of spoed na nie..
As jy teen 55gr S341 begin en opwerk sal jy baie veilig wees