Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

skyfire

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by skyfire »

Jis manne!

Net gou n waarskuwing: MOENIE DAT MEER VIR DIE HELIKOPTER BETAAL AS WAT JULLE MOET NIE! R3800 PER UUR VOOR BELASTING IS DIE RATE!!!!!!!!!

Die ouens wat daar vlieg is Cobus Crous van mossel baai.

Die helikopter vlieg vir R3800 per uur voor belasting.  Die ferry tyd van waar die helikopter moet vlieg tot by die boer se plaas word op gedeel in hoeveel bere op hul plase wil laat skiet.  Die skut vra nie per jakkals nie, maar wel n daaglikse fooi van R1000-R1500 afhangende by hoeveel plase geskiet word.  My voorstel is om 2ure in die oggend te vlieg en dan 2ure in die na middag.  Die jakkies hardloop oral rond en dit is moeilik om te se waar hulle wanner sal wees, maar ek het gevind dat dit die beste tyd is om te vlieg.  Die jakkalse raak egter nie so gou "slim" soos almal se nie, julle is soos enige ander dier as dit kom by reaksie. Hulle is wel moeilik om te sien as hulle stil staan.

Skietpermitte is ook belangrik, natuurbewaring moet die metode goedkeur voor daar op die plaas geskiet word.
Verblyf aan die pilot en skut sal verkieslik voorsien word deur die boer indien moontlik.

Daarsy....

Ek het n helikopter en pilot beskikbaar as enige iemand belang stel.

roedolf
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Geno »

Roedolf,
Het jy vir Barney in die hande gekry?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
skyfire

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by skyfire »

Hi,

Ek het hom op geoek so ek sal hom n lui gee. 

Baie dankie vir jou moeite!

Roedolf
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

NAAND Roedolf
Van waar is jy? Ek wil die dinge by die boerevereniging biekie aanraak en kyk hoe lyk die belangsteling.
Die boere in my omgewing het gepraat of dink daar aan om n chopper te lat kom.
Ek is van dewetsdorp distrik Vrystaat.
Groete
Rudie
skyfire

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by skyfire »

More!

Man dit is goed om te hoor, ek deel graag met jou die inligting. 
Ons is in Port Elizabeth en die vliegtyd na daardie distrik sal ongeveer 2.5ure wees. (dit is redelik ver) Ek kan moontlik boere in Middelburg area reel om te skiet wat dan die ferry tyd goedkoper sal maak!  Die ferry tyd is nou die tyd wat dit neem om die helikopter van PE to dewetsdorp te vlieg, due word hierdie vliegtyd verdeel tussen al die boere asook die tyd wat die boer op sy plaas wil vlieg bv, die invoice sal n 0.2 of 0.3 ure ferry tyd wees wat beteken dat as die boer n uur op sy plaas wil vlieg gaan dit n totaal van 1.3 ure wees waarvoor hy moet betaal. Hoe meer boere hoe goedkooper die ferry tyd....

Ons is enige tyd beskikbaar so julle kan net se sodra julle reg is.  Dan is daar ook die skut se kostes ongeveer R1000 - R1500 per dag, en verblyf sal ons moet verkry van die boere aangesien ons te veel rond trek! AVGAS sal ons verskaf maar sal wel nodig he dat die boere ons moet help met vervoer aangesien ons pilot nie die helikopter en n bakkie met avgas gan rond ry terselfde tyd nie!

Ons moet plan maak met die Jakkalse, hulle raak reeds te veel!

Bel my gerus met vrae, 072 0211550

Groete!!!!!!

Roedolf
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by sakkievanheerden »

SKIFIRE
Jy en Dawie de Klerk was as ek dit nou reg het some time verlede jaar 1 Saterdagoggend hier by ons in Tarkastad om my te kom help met n jakkals wat ek nie met die bakkie geskiet kon kry.Julle was by Greg Harvey,jy se julle vlieg 2 ure in oggend en dan weer in middag.Ek wil dan net weet hoekom het julle eers 11uur daai oggend by my aangekom en vertel diso lekker dag kom ons vlieg gou na jy en Dawie die vorige dag gese het julle is 7uur die Saterdagoggend hier????Dawie het nog die vliegwerk gedoen en jy sou geskiet het en dit met vaste koel geweer ook as ek dit so kan noem terwyl julle haelgeweer langs my by agterste sitplekke in chopper gele het toe ek saam met julle gevlieg het.Julle was met rooi R44 Robenson chopper hier.Ek sien jy het op tyd genoem dat jy na TarkastadKursus toe wil kom die 28ste Augustus.dalk sal dit goed wees.
Groete
Sakkie van Heerden
skyfire

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by skyfire »

Sakkie, hoop dit gan goed daar in Tarka!

Ek kan nie prisies onthou hoe die gebeurtenis hom af gespeel het nie, het ons die jakkals toe gekry by jou?  Ek vlieg by baie boere so dis moeilik om 'n spesifieke jakkals te onthou.  Ek het weg gese dat ek voor stel om 2ure in die oggend te vlieg en dan 2ure in die na middag, maar dit kan gebeur dat die weeromstandighede goed was vir daardie dag dat ons besluit het om tot later te vlieg.  Baie keer gebeur dit dat ons die jakkalse reg deur die dag skiet. 

Dit is soos jy se 'n probleem as daar 'n tyd vas gemaak is en ons nie daar was nie.  Ek het ook genoem dat ek as pilot hulp moet verleen van die boere of skut (in jou geval Dawie) om die AVGAS rond te ry wat my dus afhanklik maak van die persoon.  Ek is seker daar moes iets gebeur het wat buite my beheer was wat gemaak het dat ons laat was.  So 'n voorbeeld sal daar met die boer gepraat word en dan n besluit geneem word.  Ek wil grag saam met 'n betroubare grondspan werk!!!

Om terug te kom na Dawie wat vlieg en ek wat skiet...Nee, dit mag dalk lekker wees om uit die helikopter te skiet, maar ek dink nie ek sal die grootste prys betaal daarvoor nie, jammer!

Groete,

Roedolf
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by JACQUES BOTHA »

rudi
Praat bietjie met koos meyring oor die chopper ....0832626618
groeynis
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

JB
Wat moet mens doen om Koos Meiring op di forum te kry?
Intresante man daai!
Groete Rudie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by JACQUES BOTHA »

RUDI
Hy spandeer ogal n pennie of drie op die jakkalse en rooikatte.
Hy gesels ook met dr jaracal en hy het sy eie metodes wat dalk vir hom  werk
Hy en Doreen ry nogal n paar km per jaar agter die diere aan.
Ek het hom al verskeie kere genader om sy se te se oor jakkalse ne honde en gif en slagysters en helikopters ens.
Dalk as sy seun plaas toe kom gaan hy meer tyd agter die rekenaar spandeer dan kan hy sy stories vertel.
Daar is egter n boer daar naby hom wat julle maar liewer moet uitreken  as julle die chopper kry...Hy betaal niks en Cois weet ook van hom.
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Skolla »

Manne

Ek het vrydag (25/2) en saterdag (26/2) my hart koud geskiet op jakkalse. Ek en my maat met die chopper het n wild telling gaan doen op n 21 000 ha plaas (in die suidweste van Namibia) en dan ook met die doel om die jakkalse minder te maak. Daar was nog geen beheer toegepas wat ek van weet nie.

Ons het in 8 ure 37 jakkalse geskiet. Die eerste 20 het ons opgetel, maar dit het toe te veel tyd gevat en het ons toestemming gekry om hulle te los. Die eerste 20 was 7 x reuns en 13 x tewe, waarvan die helfte jonges was en die ander ouer as twee jaar. Twee van hulle het omtrent nie meer tande gehad nie.

Wat egter baie onstellend was is die feit dat alle kleinwild omtrent uitgeroei was. Ons het op die hele plaas net 10 steenbokke gekry, een haas, geen groukatte, geen meerkatte of erdmanne en omtrent net 10 springbok lammers (en by ons is dit nou lamtyd), en daar is oor die 800 springbokke (waarvan die helfte omtrent ramme is) en dit is ook die getal vir die laaste tien jaar.

Ek hoop egter dat die plaas darem redelik skoon is omdat die eienaars ons eksta tyd gegee het om dele oor te vlieg nog te soek, en dit het ons ook kans gegee om te leer wat die jakkalse doen as jy hulle begin rondjaag met die chopper.

Skolla
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Geno »

Skolla,
Mooi man!
Roer die rooibrakke!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Raven »

Skolla,

Mooi man, dit moes 'n lekker trip gewees het  ;)
Met wat het julle jakke gelooi...haelgewere??

R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Metode nr 6 - Helikopters/vliegtuie

Post by Skolla »

Raven

Ja, 12 Boor, vat so drie patrone in die magasyn en dan nog een in die loop.
Post Reply