Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil bietjie by julle ouens opinies hoor. Ek het klaar my besluit gemaak volgens dit wat ek dink my beter gaan pas.
As jy moes kies tussen n 150gr Barnes TTSX @ 3270fps en n 200gr Accubond @ 2870 fps, wat sal jy kies en hoekom?
Die 150gr skiet platter maar die 200gr skuif minder in die wind. Die pryse is omtrent dieselfde en altwee is skaars
Neem ook in ag dat ek reeds n swaarderige "voorsit" geweer het wat n 120gr GMX teen 3100fps lanseer en presies dieselfde trajek as die 150gr TTSX het met betrekking tot val en windskuif.
Last edited by Arnold on Fri Aug 30, 2013 8:25 am, edited 1 time in total.
Al wat ek met my 300 doen is jag. Wat vir my werk:
180gr Ballistic tip @ min of meer 2950fps, as ek vooraf weet dat ek net kopskote gaan skiet op kleinerige goedjies soos springbok of blesbok met bakkiejag of voorsit. Die koeel breek lekker op en maak mooi skade. Lyk gewoonlik soos weerlig wat die bok tref.
165gr TSX ook @ 2950fps vir koedoe of swartwillebees en veral as ek nie weet hoe die jag gaan wees nie. Maar dan vermy ek 'n kopskoot.
My geweer se twist is 1in11 en die twee werk mooi in hom. Hulle groepeer nie presies op dieselfde plek nie, maar is taamlik naby aan mekaar. (2 clicks links en 4 op)
Ek het gesukkel met groepering. Op 200m groep die 165gr TSX baie beter.
My geweer is vol dinge. Ek laai met Qload en die geweer hou van: 165gr TSX, 168gr CustomComp, 180gr Ballistic Tip, 190gr Berger VLD en puik met 210gr Berger VLD (spoed 2650fps).
Hy hou niks van: 165gr Hornady SST, 165gr Ballistic Tip, 180gr TSX, 150gr GS HV nie.
Ek skiet 168gr Barnes TTSX in my 30-06 teen 2800vps (fabrieks ammo). Moet se dit is n lekker all round lading. Het 18 bokke die jaar geklits, vanaf springbok op 310m in Vrystaat tot Eland op 50m in bos. Koedoes en bwb tussen in. Almal 1 skote. Ek oorweeg om self te begin laai, maar ek is so gelukkig met die fabrieks ammo van barnes. Die 168gr en my CZ verstaan mekaar mooi.
Dis maar n moeilike besluit hang af hoe ver jy wil skiet op 300m is die val minder met die 150gr en windskuif is ook nie soveel meer met 150gr. Ek sal die platter trajek vat.
Smitstertjies wrote:Ek skiet 168gr Barnes TTSX in my 30-06 teen 2800vps (fabrieks ammo). Moet se dit is n lekker all round lading. Het 18 bokke die jaar geklits, vanaf springbok op 310m in Vrystaat tot Eland op 50m in bos. Koedoes en bwb tussen in. Almal 1 skote. Ek oorweeg om self te begin laai, maar ek is so gelukkig met die fabrieks ammo van barnes. Die 168gr en my CZ verstaan mekaar mooi.
Ek oorweeg die ook.
Hoe lyk jou vleis skade as jy op die blad skiet? Die spoed is heelwat hoër as die Remmington.
Ek het hierdie jaar Remington Core Lokt geskiet, 150 en 180gr.
Smitstertjies wrote:Ek skiet 168gr Barnes TTSX in my 30-06 teen 2800vps (fabrieks ammo). Moet se dit is n lekker all round lading. Het 18 bokke die jaar geklits, vanaf springbok op 310m in Vrystaat tot Eland op 50m in bos. Koedoes en bwb tussen in. Almal 1 skote. Ek oorweeg om self te begin laai, maar ek is so gelukkig met die fabrieks ammo van barnes. Die 168gr en my CZ verstaan mekaar mooi.
Ek oorweeg die ook.
Hoe lyk jou vleis skade as jy op die blad skiet? Die spoed is heelwat hoër as die Remmington.
Ek het hierdie jaar Remington Core Lokt geskiet, 150 en 180gr.
Vleisskade was heel aanvaarbaar, eintlik baie goed. Ek en my vriend het selfde dag binne 2 minute vanaf mekaar BWB geskiet vanaf die bakkie, albei ongeveer 120m. My vriend skiet 30-06 met 180gr PMP . Albei was bladskote op die knoppe. Ons moes die een hele blad wegggooi wat met die PMP gejag is. Met die barnes het ek omtrent 1kg vleis weggesny. Uit al 18 bokke kon ek net 1 koeel herwin, en dit was uit die eland. Die res was als dwarsdeur. Ek sal probeer om foto van die koeel te plaas. 100% gewigsretensie met baie mooi mushroom. Enigste nadeel is dalk die feit dat hy so goed penetreer. Ek het in vrystaat foutjie begaan en 2 blessies met een skoot geskiet op 320m. Koeel is dwarsdeur albei bokke.
200gr teen 2870 enige dag van die week daai swaar punt doen dit net. ken jou trajek hulle slaan net harder op langer afstande en die vleis skade is minder . kyk maar die snipers vandag skiet ook swaar punte 170gr in die 308
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Arnold, jy sê nie waaruit jy die 2 gewigte wil skiet nie?
Ek het 'n besluit gemaak 'n rukkie gelede:
Groter wild skiet ek met my 300WM met 180g koeëls- het 'n plat trajek en goeie doodmaakvermoë.
Springbok skiet ek met my 7x64 met 'n maksimum van 140g- plat trajek.- goeie doodmaakvermoë.
Dus skiet albei plat, waarna ek ook streef, en het genoeg woema.
Chevvy, dit maak mos nie saak waaruit ek dit skiet nie. Ek gee om die rede die spoed sodat mens dit sinvol kan vergelyk (hieruit sal jy kan sie dat dit 'n 300 magnum is, 26" loop 300 WM spesifiek).
Hierdie sal my enigste jaggeweer wees en daarom hou ek van die platter trajek van die 150gr. Dopvulling is ook baie beter en behoort voordelig te wees vir akkuraatheid.
Ek kon nou 150gr GMXe koop vir goedkoper as 200gr Accubonds, tog hou ek van die beter BC van die Accubond as ek dalk langer skote sou vat.
Arnold,
Ek gebruik Hornady se Superformance Interbond 180gr in my 300WM en is baie gelukkig, bietjie duur dalk, maar kwaliteit het sy prys in my boek. Fabrieks ammo netso uit die pakkie en akkuraat op alle afstande tot 350m (ek het die afgelope naweek weer my Swarovski se Ballistic turret op die proef gestel en die ballistics van die Swarovski App. op my iPad se databasis klop 100% met die skootplasing op die skietbaan op 'n verskeidenheid afstande) Die patrone het my ook nog nooit laat sukkel op enige jagtog nie, groter wild kry heeltemal seer genoeg (ruk gelede gemsbok op die knoppe net daar laat val en feitlik 90-95% van die punt uitgehaal, blad natuurlik effens stukkend maar op 300m was dit vir my die veilige plek net voor donker vroegaand). Laasweek 'n Rooibok mooi agter die blad met minimum vleisskade ook gekry, ander een met 'n nekskoot ook nie regtig stukkend nie - ek sou sê dis goed genoeg vir 'n swaar kaliber punt op kleiner wild op 200-250m.
Die ammo groepeer baie mooi en ek kan getuig dat ek genoeg kopskote kan "claim" om te sê dat dit ook in die jagveld "groepeer". As jy wil lang skote op groter wild soos Sebra vat, sal jy ook tevrede wees - ek het 'n Hartmann so ruk gelede met 'n nekskoot op 311m net daar laat lê (die ballistic turret het weer sy werk gedoen en dit was sonder bevestiging op die skietbaan, die App gebruik Hornady se ballistics en jy stel jou BT daarvolgens, as dit werk sê dit vir my die ammo is reg!)
Elke ou skiet maar seker waarmee hy wil, ek het egter genoeg rede om my keuse te vertrou - so dit was my opinie!
Ek kan byvoeg dat ek met my 30-06 die 165gr van dieselfde ammo gebruik en die verhaal is soortgelyk, uit die aard van die saak net bietjie minder spoed. Die Superformance gee egter 100-200vps ekstra en ek kan nogal byvoeg dat my ballistics met 30-06 verbeter het.
As ek iets negatiefs kan byvoeg uit my eie ervaring, ek het Hornady se SST eenmaal "per ongeluk" (moenie vra hoe nie) in die 30-06 gebruik en die gevolge was amper rampspoedig! Die geweer wou nie groepeer op die skietbaan nie en die Swartwildebeeste het ons laat bontstaan. Ek gebruik dit nie meer nie....ook nooit weer nie!