Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Hello Menere,

Ek is in die proses om 'n enkelskoot Lyttleton RSA 308 musgrave met 'n Ferlach loop by 'n vriend te koop. Dit was oorspronklik sy pa se geweer wat hy vir skyfskiet gebruik het en die laaste paar jaar het my vriend met die geweer gejag. Die geweer is tans by 'n goeie geweersmit in die Laeveld wat die loop bietjie korter en dunner gemaak (en oor ge-blou) het en die kolf bietjie kleiner gemaak het om die geweer meer vir jag geskik te maak. Sover ek verstaan is die loop nou 20duim lank en 13mm dik. Hoe dink julle sal hierdie veranderinge die performance van die geweer beinvloed? En tweedens, wat sal 'n goeie prys wees om vir die geweer te betaal? Die geweer het 'n Ramrod 4-12x50 scope ook op.

Sien uit om te sien wat julle dink.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by PWV »

Jammer dat daai loop vermink moes word!
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Geurt »

Dant wrote:...... Sover ek verstaan is die loop nou 20duim lank en 13mm dik. Hoe dink julle sal hierdie veranderinge die performance van die geweer beinvloed? En tweedens, wat sal 'n goeie prys wees om vir die geweer te betaal? Die geweer het 'n Ramrod 4-12x50 scope ook op........
Baie eenvoudige antwoord, die geweer is nou opge"moer" sou my eerlike antwoord wees! Al wat nou iets werd is, is die slot aksie by gesê as julle ook nie reeds daaraan ook gaan peuter het nie.
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Dankie vir julle terugvoer. Kan julle asb verduidlik wat die impak op die performance gaan wees as julle se dat die loop nou vermink/opge"moer" is? sal dit graag beter wil verstaan. Ek het al redelik opgelees oor die 308 gewere en baie ouens is van mening dat die 20" loop baie akkuraat is en dat mens baie min/geen spoed verloor.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by wlm »

Jou geweer pas nou goed by die Ramrod teleskoop.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Jakkalsgat »

Dant

Ek is bly jy se jy kan die geweer kry en jy het nie want dant jy nou vir jou 'n kat in die sak gekoop. Die 20" ( oorspronklik 26.5" ongeveer 16cm korter) loop kan mens seker nog by verbykom veral as jy hou van pistool skiet, so ek dink julle moet sommer die kolf afsny sodat hy dan nou soos 'n properse pistool lyk. Weet net nie wat gaan jy met 'n enkelskoot pistool maak nie ;)

Al die bogenoemde kan mens seker nog aanvaar wat vir my bietjie bekommer is dat jy met 7.62mm (.308) kaliber gaan skiet met 'n 13mm loop ??? , as ek reg verstaan los dit jou met 'n wand van ongeveer 2.7mm amper gelykstaande aan "mildsteel" pyp met 'n dikker wand. As dit werk sal jy sekerlik die goedkoopste manier van loopvervanging kan toepas, ek gaan egter eerder van 'n afstand af kyk wat die resultate gaan wees wanneer jy skiet >:D .

Ek vermoed jou spesifikasies is nie reg nie maar as dit is en jy het nog nie gekoop nie, moenie dit doen nie

O, ja en wat die teleskoop aanbetref vermoed ek dis 'n Ram en nie Ramrod nie maar nietemin, jy kan hom darem gebruik om springhase mee dood te slaan ???

Groete
Jaco
Last edited by Jakkalsgat on Fri Sep 06, 2013 5:28 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Pappabeer »

Jakkalsgat wrote:Dant

Ek is bly jy se jy kan die geweer kry en jy het nie want dant jy nou vir jou 'n kat in die sak gekoop. Die 20" loop kan mens seker nog by verbykom veral as jy hou van pistool skiet, so ek dink julle moet sommer die kolf afsny sodat hy dan nou soos 'n properse pistool lyk. Weet net nie wat gaan jy met 'n enkelskoot pistool maak nie ;)

Al die bogenoemde kan mens seker nog aanvaar wat vir my bietjie bekommer is dat jy met 7.62mm (.308) kaliber gaan skiet met 'n 13mm loop ??? , as ek reg verstaan los dit jou met 'n wand van ongeveer 2.7mm amper gelykstaande aan "mildsteel" pyp met 'n dikker wand. As dit werk sal jy sekerlik die goedkoopste manier van loopvervanging kan toepas, ek gaan egter eerder van 'n afstand af kyk wat die resultate gaan wees wanneer jy skiet >:D .

Ek vermoed jou spesifikasies is nie reg nie maar as dit is en jy het nog nie gekoop nie, moenie dit doen nie

O, ja en wat die teleskoop aanbetref vermoed ek dis 'n Ram en nie Ramrod nie maar nietemin, jy kan hom darem gebruik om springhase mee dood te slaan ???

Groete
Jaco
Moet nou nie so wees nie Jaco. Wys n bietjie respek.

N Springhaas verdien meer respek as dit...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by PWV »

Dant
Daar het Jakkalsgat nou 'n klomp waarhede kwytgeraak. 'n 20" loop kan baie akkuraat wees, maar hoe langer die loop, hoe meer spoed kan jy kry. Weet nie waar jy gelees het dat 'n korter loop sy spoed behou nie.
Verder dink ek daardie dun lopie sal wapper soos 'n lap in die wind as jy skiet.
Met die kostes aan al die veranderinge en sy koopprys, glo ek jy kan 'n "smart" nuwe geweer koop.
Groetnis
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Ek het bietjie verder op die internet gaan kyk en 'n studie gekry wat 'n ou vir sy honeurs graag gedoen het waarin hy die impak van 'n korter loop op 'n 7.62x54 toets. Hier is 'n link na die artikel. http://honors.usf.edu/documents/Thesis/U82488180.pdf. Sy bevinding is dat die spoed met ongeveer 50fps afneem vir elke twee korter. Die geweer wat hulle toets skiet 'n 148 grein punt teen 2750 met 'n 26 duim, so 2700 met 'n 24 duim, 2650 met 'n 22 en 2600fps met 'n 20" loop. so 150 fps verskil tussen 'n 20" 26".

Op die ballistic charts wat ek vir 'n 308 trek op 'n 155gr patroon val die patroon 1.38 duim (3.5cm) meer oor 250m in as ek 2600fps met 2750fps vergelyk.

Die plan is om die geweer vir bosveld jag te gebruik. Is 'n akkurate 308 wat teen 2600fps met 148gr punt skiet die verkeerde keuse?

ek stry nie dat die scope nie 'n rolls royce is nie maar die kan gelukkig maklik vervang word...
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Jan Nel »

Ek dink jou "vriend" hou nie baie van jou as hy die loop 13mm dun laat sny nie......
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Jakkalsgat »

Dant wrote:
Die plan is om die geweer vir bosveld jag te gebruik. Is 'n akkurate 308 wat teen 2600fps met 148gr punt skiet die verkeerde keuse?
Maak net seker dat daai 13mm loop net nie aan 'n bos vashaak nie want hy kan dalk buig en dant jy 'n probleem.
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Ek is seker dat die inligting wat ou wat in die geweer winkel werk gegee het oor die loop dikte is nie reg is nie..sal dit net double check. Anders sal en aan my bekruip skills werk en die bok net met die loop verwurg
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by PWV »

Dante
Uit verskeie oorde het jy nou antwoorde op jou vraag gekry.
Daar het jy mos nou die korrekte antwoord op die vermindering van spoed met afname in looplengte.
Maar 'n 13 mm loopdikte????
So 'n geweer wil ek nie persent he nie, of nee, ek sal hom neem net vir die aksie.
As jy die geweer wil koop, is dit jou probleem.
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Kyk ek is redelik nuut in hierdie wêreld so probeer dit maak uitfigure. Wat is die standaard dikte vir 'n 308 jag en skyfskiet geweer?
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Pappabeer »

Dant, in die skiet game is bitter min goed standaard. Die doel van die gewere was om die maksimum potensiaal uit n .308 te kry vir skyfskiet (bisley) doeleindes.

Dus, as jy aan so n loop foeter, verloor jy baie potensiële spoed en meer belangrik akkuraadheid. Onthou net dat die sg. Tesis wat jy aanhaal oor die switserse 7,62x54, net looplengte as veranderlikke gebruik. Deur bv. Met jou dryfmiddel te speel in die langer loop kan jy baie meer spoed kry as in die 20" een waar jy nie gevorseer is om vinnig brandende kruit te gebruik nie.

Indien jy nie omgee nie, laat ons weet wat die persoon soek vir die wapen, hier is baie manne wat vir jou sal kan sê of dit die moeite werd is aldan nie.

Groete,

Dewald
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Hi Pappabeer, dankie dit maak sin. Die ou wil die geweer vir R5.500 verkoop. Ek voel dat dit darem nie 'n plaas se prys is nie so miskien die moeite werd om die kans te vat. Wie weet... Miskien is dit 'n great kort afstand bosveld geweer. As alles nie 100% is nie is ek seker ek sal die geweer weer vir naby aan die koop prys kan verkoop.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Fanta300 »

Nog 'n faktor is die "twist" My Ferlach op my Musgrave Plank het 'n 1:14 twist. Die slim ouens kan vir ons sê of dit sal werk in 'n 20" loop.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Dant
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Dant »

Dankie Fanta 300. Jou geweer se afmetings kan dalk goed wees om hierdie een mee te vergelyk. Hoe lank en dik is die loop op jou geweer? Ek neem aan die een wat ek na kyk se oorspronklike afmetings sal dieselfde gewees het voor die veranderinge. Weet jy hoeveel fps jou geweer skiet.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Fanta300 »

Loop is 27.5 duim. Sal dikte meet as ek weer by die huis kom. Het nog net Bisley geskiet met standaard PMP's 143gr FMJ. Nooit spoed gemeet nie. Akkuraatste geweer in my kluis.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by PWV »

Dant

Niemand gaan baat daarby om jou uit hierdie kopie uit te praat nie. Soos ek die forum-lede ken, is hulle almal eerlik in hul siening.
As ek nou my eerlike opinie mag gee, sal ek jou eerder aanraai om 'n nuwe .308 Howa te koop. Net R2000.00 meer en jy het 'n uiters betroubare en akkurate geweer.
As daardie geweer nie vir jou werk nie, en jy wil hom weer verkoop, sal jy moet eerlik wees en verduidelik waarom jy hom nie meer wil he nie.
Sommige van ons ouens se koppe is nie verniet so grys nie - daar le so hier en daar 'n bietjie ondervinding ook opgesluit.
Groetnis
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by douw »

Jakkalsgat wrote:
Dant wrote:
Die plan is om die geweer vir bosveld jag te gebruik. Is 'n akkurate 308 wat teen 2600fps met 148gr punt skiet die verkeerde keuse?
Maak net seker dat daai 13mm loop net nie aan 'n bos vashaak nie want hy kan dalk buig en dant jy 'n probleem.
Dit is nie noodwendig 'n slegte ding nie, dan kan hy darem om die bos ook skiet ;D ;D
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Sporting Enkelskoot 308 - performance en waarde?

Post by Armand Steenkamp »

Ek kan nie die punt sien om n bos geweer van n RSA te maak nie! Ek besit self 2 van die roere. Jy gan hom nooit lig kry in die eerste plek nie , die aksie is gemaak vir akkuraathyd so hy is swaar! Om jou loop op 20 af te sny is nou die eerste moeilikgeit maar sover ek dit het soek jy in die bos vir n swaar stadige koel. Dink die daai 1in 14 groefdraai gaan sommer iets swaarder as 150gr stabiliseer nie. As ek jy was sou ek gan seker maak by die geweersmid wat aan die roer werk wat die loop spesifikasies is. Ek sou nogsteeds die roer gekoop het... maar net omdat dit n RSA is.

Groetnis
Post Reply