goeie naand aan al my mede forum lede.
dit is met trots en met dank dat ek vanaand hierdie skrywe opsit.
johan skakel my uit bloemfontein so n rukkie terug met n jag versoek. sy boet kom kuier uit lime acres en hulle wil bitter graag saam gaan jag. dit sal vir hulle n eerste keer n jag saam wees.
saterdag oggend kom ons op die plaas aan.dit is vir my n nuwe jagplaas en ek weet nie wat om te verwag nie. wat n welkome ontvangs!! ons kry n lekker vars koppie boere troos,en ons word soos familie hanteer en ek sien hier gaan dit lekker word.
so ry ons die nuwe plaas in en voor ons nog by die skietbaan kom begroet die mooiste trop swart witpense ons. nou is ek vrede en sien ek gaan van hierdie plaas nog baie gebruik maak.eerste dinge eerste en ons gaan neem plaas op n mooi skietbaan met afstande wat gaan tot op 200m. die boer lig ons in dat ons maar op 100m kan inskiet want die diere is nie verskrik nie.
ek deel die jagreels met die manne na die inskiet en kry toe n groot oog of twee. die rede hiervoor is die boer laat net jag toe van die voet af. ons ry toe die jagkamp in en sowat n km in die kamp in sien ek n troppie rooibok ramme en ek en oom boetman is van die bakkie af. die bokke is n bietjie slimmer as ons en ons verloor hulle.
ons besluit toe maar ek en barries gaan buk en bekruip ,en die ander 3 manne gaan in die natuurlike hides op die plaas sit. die wildskamp is 1000ha en jy kan veilig voel as sommige manne in die hides is en jy buk en bekruip.
ons het sommer gou op die spoor van n mooi troppie gekom,en ons het onsself miltsteek geloop om op hulle spoor te bly.die plaas is erg bebos en jy kry nie n maklike skoot,sonder om kanse te vat nie. barries is gelukkig n kalm jagter en hy jaag niks af nie.al wat hy die heel tyd gese het was,hulle sal nog n fout maak. ons was op die mees oostelike kant van die plaas,toe ons n ram sien wat eenkant staan .barries het op sit hurke gaan sit om onder deur die bome te kon skiet. die ram het reguit na ons toe gekyk maar ,het ons nie gesien nie.daardie blink .243win super short magnum het geblaf,en daardie klein koeeltjie met dit groot spoed het daardie bok in die kuiltjie getref.die bok het weg gevlieg met die spoed van lig ,maar na so 20tree was sy petrol klaar en die voete se koordinasie heeltemal deurmekaar. daardie bok het gerol in die sand dat die stof dwarrel.dit was n skoot op so 220m. dit was n voorreg om saam met n mede vrystaat jagter n goeie jag te kon doen.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1729_zps0eb6df75.jpg
ons het met die radio vervoer ontbied en n n rukkie het hulle ons kom laai en is die bok slagkamer toe. ons is terug na die res van die jagters en ek en oom boetman was aan die beurt vir nog n rondte miltsteek. daardie sand maak jou klaar as die afstande begin groot raak. nie te min ons is vol moed die bos in en het die keer meer na die suide van die plaas gewerk. na sowat n halfuur se stap kom ons op n trop rooibokke af en die wind was in ons guns en die bokke was redelik rustig. hulle het egter aanhou beweeg en ons moes mooi werk om op hulle spoot te bly sonder om hulle n skrik te gee.oom boetman het nog nooit n rooibok geskiet nie ,en ek wou nie sy kans verbrou nie. einde ten laaste na n redelike stappie het die rooies besluit om so n bietjie stil te staan en het hulle lekker aan die blaartjies en geite begin peusel. daar het n jong ram uit gestap en oom boetman vra toe of hy maar die bok mag skiet. ek het hom vertel dit is n jong bok en die horings het nog nie eers begin oopmaak nie.die oomblik was egter vir hom groot,en hy het gese horing eet,maak sy tande pyn. die bok het n mooi karkas gehad en die keuse was syne . hy het aan gele en met n perfekte hart skoot met sy musgrave . het hy die bok op so 100m in sy spore neer gesit. dit was vir hom n groot oomblik . ek het egter gesien dat die bokke net so 150m verder op die rand van die bos gaan staan het. ons het hulle weer bekruip ,en daar het n monster ram reg voor ons gestaan. dit was egter n bitter moeilike skoot en al spasie wat die bok gegee het was n kopskoot .oom boetman het aan gele op die bok, en die sneller gedruk. maar in die groot oomblik het hy vergeet sy geweer is gestel om op 100m 1,75 duim hoog te skiet.die koeel het tussen daardie 2 kolosale horing deur gevlieg en die bokke was weg. ek het toe maar die bakkie ontbied om ons te kom haal want daar was nog 2 manne wat moes skiet en dit was nou al in die omgewing van 12uur.http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1734_zpse3c18bbb.jpg
die bakkie het ons kom haal en ek en jaco is toe vort om vir hom n bok te gaan soek.hy het ook nog nie n rooibok geskiet nie en ons moes hard werk. hierdie keer het ons rotering so gewerk dat ons meer in n wes kant van die plaas sou beweeg. ons het n redelike stappie deur gebewe en uit eindelik op n mooi troppie ramme afgekom. die bosse het dit egter bitter moeilik gemaak en na n stewige buk en bekruip was die skoot aan. daar was egter n lastige tak in die pad wat jaco nie gesien het nie en die pragtige netskoot was toe n mis skoot. die man se moed was in sy skoene maar ons moes aangaan. na sowat nkm se stap kry ons toe n groot trop en is ons agter hulle aan. hulle was egter heel jukkerig en ons het gesukkel.n paar keer het ons tot so 10om van hulle af gekom maar ons kon geen veilige skoot kry op n mooi ram nie. en toe gebeur die onvermeidelike, toe ons n goeie skoot kry besluit n hadida om amok te maak en is die hele trop met n vaart daar weg. ons kon hulle nie weer inhaal nie.ons besluit toe om terug te werk na die rivier se kant toe. op n stadium nader na die rivier toe maak die bos plek vir n vloedvlaktetjie, toe ons op die rand van die bos kom staan daar toe twee mooi ramme. die snaaksigheid was net altwee het n skewe horing gehad. die een se horings was altwee nog vol lengte,maar die ander een se een horing was kort. die 2 vermoed toe onraad en draf weg na die bos toe aan die oorkant.die een gaanstaan toe ongemaklik agter n wagnbietjie bos maar die ander een gaanstaan plankdwars op so 170m van ons af .die maat le aan en die skoot word gedruk. die bok het ewe skielik verlamming in die agterlyf en toe woy die ''front suspension '' ook nie meer saamwerk nie. dit was ook n mooi skoot. bietjie agter die blad maar nogsteeds n pragtige long skoot. ons het die bok n kans gegee om rustig heen te gaan en toe is ons nader.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1736_zpsdace0836.jpg
weer is die bakkie ontbied en het ons op vervoer gewag en is ons toe vort. in die tussentyd het johan en barries ook n bok op gespoor en het johan ook n mooi 20duim ram geskiet.
hy moet maar sy storie met julle deel en n foto opsit. ek het nog nie sy fotos van hom af gekry nie. ons is toe terug na die jagtershut en het ons n wel verdiende glasie tee gaan nuttig.
nou gaan ek hierdie plaasing afsluit ,maar lees egter die vervolg.
johan 22 se jag
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: johan 22 se jag
Mooi gedoen en mooi saamgevat - lyk of dit heerlik was - mooi stel horings op die 1ste bok hierbo
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: johan 22 se jag
Baie netjies
