DAGROEP DAGSKIET
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
DAGROEP DAGSKIET
HEIN
Ek het nou maar die brawe stap geneem en begin die dagskiet op film vas le..Ek sou verkies om die kameraman ook as jagter te wil he...as ek kan kies. Ek het vrydag middag my eerste sessie as film direkteur gehad, Ek het 3 platgekry en verfilm sal raag by jou wil kry vir kommentaar en raad. dit gaan ma woes want die kamera man moet net so wakker skuus meer wakker wees as die jagter. Waar is die beste plek om vanaf te verfilm onthou net die vrystaat is partyplekke maar plat .. ek het vrydag n hoop klippe as agtergrond gebruik en as gevolg van die wind, moes ek reguit in die son in skiet / roep die jong reun het eertse ingekom en toe die groot teef en groot reun...met kombinasie distress// ore 44 en ore 55 lag lag ..ons praat weer...

Shoot straight and tell the truth!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: DAGROEP DAGSKIET
Hallo Jacques
Die kamera man moet eintlik agter of skuins agter jou sit. Die ander manier is om die kamera op jou geweer te monteer. Ek werk nou aan 'n dagroepstoel wat ek so wil ontwerp dat die kamera ook gemonteer is vir maklik afneem. Dit is "cool" as die skut en die jakkals saam in dieselfde "frame" is.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Ambessa
Re: DAGROEP DAGSKIET
Hallo Heinrich
Welkom terug. Het begin glo jy het iewers heen verdwyn.
Ambessa
Welkom terug. Het begin glo jy het iewers heen verdwyn.
Ambessa
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: DAGROEP DAGSKIET
yes DR. JAckal
Ek verstaan die ou moet so bietjie agter my sirt, maa waa steek ek die man weg....daar was net die een hoop klippe in die plat plat kamp...die area was einrtl;ik nie geskik vir dagroep nie, maar omdat ek geweet het dit is waar die jakkalse skree en ek hulle nog net in daai kamp geskiet het in die verlede. EN ek moes maar twee tripots aanskaf, een baie laag en die gewone wat op en af kan skuif, die lae een is so 30-40cm , eintlik n tripot wat jy op tafel sit ,, ek kon nie glo die kameraman raak so aan die bewe en opgewonde nie... dalk oet hy daai kalmeer sous neem voor hy weer saamgaan, ma ek het nou vir caller gevra om my kamera te kom neem , en ek sal vir hom kom kameraman speel.. ek dink dit sal mooi werk as n jagter ook agter die kamera staan, vir daai voorgevoel wanneeer die skoot gaan klap en ook waa die ongediertes gaan uitpeul...
sal jou op hoogte hou .. groetnis

ok Manne en Maninne
Hier was n geruime tyd stilte oor die onderwerp...en omdat ek nog in my kinderskoen is oor dagroepe wil ek n paar dinge noem en vra of julle dieselfde ervaring het gehad het en of ek soms NIE LEER Nie en of ek dalk dom dinge doen. Kom ek stel dit diplomaties ek bekom nog ondervinding.
1.Dagroep het net soos nagroep ook sy moeilike tyd.. (wat ek se is ek sukkel ook met dagroep in sekere tye van die jaar).
Wat die redes is kan julle my mee help dalk. (ek het hoofsaaklik die 4nm-7nm tye beproef.)
2.Moet nie dagroep probeer of doen die namiddag spesifiek waar skaap bv in n land aangehou word nie.
ek het jakkals in die land probeer inroep en die roeper in die land gesit sodat ek kon wegkruip op die kante...(klem op PROBEER,-- NOGGIE REGGEKRY NIE)
Ek vermoed die aktiwiteiet en bler van skaap en lammers werk nie lekker saam met jou roeper nie (kos klank)
Hierdie probleem dink ek sal Taffie aanspreek as ROEPPLEK... ek het gevind om so 1 tot 2km weg te skuif werk beter, as jy nie weet van watter rigting die probleem kom nie, kan dit tot 3 dagroepe neem om die ou in te kry. (omdat ek agter bv die rant moet ombeweeg die volgende dag)
3. aanvanklik was my stats beter met dagroep maar na die moeilike tyd wen die nagroep weer (in nagte uit vs dae uit, nie ure geroep nie)
4. ek weet dis nou maar ongeveer 6 maande se stats en beteken nie veel nie,maar dis n begin, dalk verander die getalle soos die jaar vorder.
IS DAAR ENIGE ANDER MANNE WAT DIESELFDE PERDJIE OPGESAAL HET EN KAN INFO DEEL ASB..
Ek weet hein het ook begin vergelyk en hy sal terugvoer gee soos die tyd vorder...
mooi dag
JB

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: DAGROEP DAGSKIET
JB
Wanneer sien ons van jou beeld materiaal?? Jy het nou lank genoeg tyd gehad om te oeffen, sit bietjie iets op om na te kyk.
Mooi loop
Francois

Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: DAGROEP DAGSKIET
Hallo JB
Het woensdag middag n teef geskiet, wat dit interesant maak ek het die roeper uitgesit en nie lank nie toe staan daar seker 20 verse om die roeper. Het gewag maar hul wou nie pad gee nie en toe gooi ek maar vir vlekkie 1, Gehoop hul gee pad maar niks nie. Nie twee min nie toe kom daai teef met n gejuig in, moes haar stop anders het sy onder die bees in gevoeter. Sy was glad nie gepla nie. Haar nes was egter naby en of sy sommer net kwaad was kan ook so wees.
Dagroep werk goed maar jy moet jou huiswerk bitter goed doen, hulle moet daar naby wees anders gaan jou stats nooit goed lyk nie.
Jammer ons kon toe nie vrydag uitgaan nie maar die planne het bietjie verander.
Stuur bietjie van jou videos aan dat ons kan loer asb man.
Geniet dit

Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: DAGROEP DAGSKIET
manne
Het enige van jul manne al katte in die dag ingeroep?

Calldo
- Jr. Member

- Posts: 56
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm
Re: DAGROEP DAGSKIET
FM
Met 'n kursus saam met Hein, November verlede jaar, Victoria-Wes. Groep van so 15 man. Jong kat het 5 meter van ons af verbygesluip oppad na die Foxpro. Helder lig, 5uur die middag.
As ek reg is het Caller ook al 'n kat in dag ingeroep.
Laat weet bietjie.
Groete
Calldo
Met 'n kursus saam met Hein, November verlede jaar, Victoria-Wes. Groep van so 15 man. Jong kat het 5 meter van ons af verbygesluip oppad na die Foxpro. Helder lig, 5uur die middag.
As ek reg is het Caller ook al 'n kat in dag ingeroep.
Laat weet bietjie.
Groete
Calldo
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: DAGROEP DAGSKIET
calldo
baie dankie sal graag van die ander manne ook wil hoor!

Roelo
- Full Member

- Posts: 157
- Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am
Re: DAGROEP DAGSKIET
Manne
Dagroep het ek al n hele paar stelle afgetrap,het so 9 al geskiet waarvan 4 op een plek die meeste was.dinge wat ek sou s? n moet is ,is dat jy wel 2 of meer persone met gewere moet wees want ek het al teveel gekry dat jakkies 10m van my rugkant(bergaf of agter die bos waar ek sit af kom)dan hoor jy hulle asem haal soos n moeg hond voor jy hulle sien en dis te laat want as jy roer is dit verby. By twee afsonderlike gevalle kon die ander persoon my waarsku en kon ons hulle dood kry.
Die meeste sukses is as die boer my bel of die plaasmense en s? ons het hulle vandag in die veld gekry of vanaf die perde gesien dan gaan ek die middag na daardie plek en 99% kry ek hulle. S? tog net dat die perde manne of boer, hulle nie moet jaag nie.Verste jakkie in die dag was 310m en naaste 18m jy skrik jou nogal vrek as hy voor jou staan en hy kyk die roeper 150m verder.

Geweldig man Geweldig
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: DAGROEP DAGSKIET
manne
gebruik jul n healgeweer vir naby hardloop skote of sal julle se dit is " over rated"

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: DAGROEP DAGSKIET
As hy dood is is niks "overrated"Francois B wrote: manne
gebruik jul n healgeweer vir naby hardloop skote of sal julle se dit is " over rated"
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
hagar
Re: DAGROEP DAGSKIET
Dit is nog meer sports as hulle jou van agter af met klippe gooi soos hulle briek!
Ek het eendag n coyote ingeroep naby Phoenix waar ons net met haelgewere kon skiet, dankie tog die perd het van voor gekom anders het hy my onderstebo gehol. Daar was so n laagtetjie/halwe donga aan my linkerkant, en toe ek die knater sien, was hy 10 tree van my af op volle spoed reg op my af. Ek het net tyd gehad om die haelgeweer op te tel en hom basies van my af te skiet. Ander keer het een aan my nek kom ruik, my jagmaat kon hom nie skiet nie, hy was te naby aan my, en ek het my deur n mik geskrik vir die nat neus. Toe ek roer was hy op volle vaart, en hy was die einde van die dag heelwat slimmer as wat hy die oggend was.
My pel roep eendag daar in die berge waar daar bergleeus en bere is, sit met sy rug teen n groot klip. Skielik hoor ek hom gil, en die skote klap. Ek dog n leeu het hom geskraap, tot toe ek die "grey fox" sien weghol, en ek lag my vrek. Die foks het van agter gekom, sy pote op sy skouers gesit en in sy oor gegrom.
Ek het later begin om n Johnny Stewart kasetspeler te gebruik as ek alleen roep, ek het te veel gediertes te naby aan my geroep. Ons het kwaai bulle, takbokke, uile en valke, javelina (klein bedonderde varkies) en tot jackrabbits ingeroep, en party van hulle wou net baklei. Met die speler het ek eendag 2 Rottweilers ingeroep wat amper die ding weggedra het. Ons het elke kat wat ons in die veld raakgeloop het geskiet, maar net honde wat of aggresief was, of heeltemal "feral" was, jy kan die verskil maklik sien tussen iemand se plaashond en n feral hond. Twee keer het ons honde teruggebring wat mense seker maar daar gelos het, een was seker 50km van die naaste menslike bewoning af, en die arme hond was so bly om mense te sien, ons kon hom nie daar los nie en het hom vir n vriend gegee.

Last edited by hagar on Mon Jul 19, 2010 4:49 am, edited 1 time in total.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: DAGROEP DAGSKIET
Lekke lag ek nou vir daai grey fox...hagar wrote: Dit is nog meer sports as hulle jou van agter af met klippe gooi soos hulle briek!
Ek het eendag n coyote ingeroep naby Phoenix waar ons net met haelgewere kon skiet, dankie tog die perd het van voor gekom anders het hy my onderstebo gehol. Daar was so n laagtetjie/halwe donga aan my linkerkant, en toe ek die knater sien, was hy 10 tree van my af op volle spoed reg op my af. Ek het net tyd gehad om die haelgeweer op te tel en hom basies van my af te skiet. Ander keer het een aan my nek kom ruik, my jagmaat kon hom nie skiet nie, hy was te naby aan my, en ek het my deur n mik geskrik vir die nat neus. Toe ek roer was hy op volle vaart, en hy was die einde van die dag heelwat slimmer as wat hy die oggend was.
My pel roep eendag daar in die berge waar daar bergleeus en bere is, sit met sy rug teen n groot klip. Skielik hoor ek hom gil, en die skote klap. Ek dog n leeu het hom geskraap, tot toe ek die "grey fox" sien weghol, en ek lag my vrek. Die foks het van agter gekom, sy pote op sy skouers gesit en in sy oor gegrom.
Ek het later begin om n Johnny Stewart kasetspeler te gebruik as ek alleen roep, ek het te veel gediertes te naby aan my geroep. Ons het kwaai bulle, takbokke, uile en valke, javelina (klein bedonderde varkies) en tot jackrabbits ingeroep, en party van hulle wou net baklei. Met die speler het ek eendag 2 Rottweilers ingeroep wat amper die ding weggedra het. Ons het elke kat wat ons in die veld raakgeloop het geskiet, maar net honde wat of aggresief was, of heeltemal "feral" was, jy kan die verskil maklik sien tussen iemand se plaashond en n feral hond. Twee keer het ons honde teruggebring wat mense seker maar daar gelos het, een was seker 50km van die naaste menslike bewoning af, en die arme hond was so bly om mense te sien, ons kon hom nie daar los nie en het hom vir n vriend gegee.
Vriend van my was een jaar by die Predator Masters se jaarlikse jag.
So sit hy saam met een vd manne en die Jonny Steward speler.
Hulle het die javelina klank gebruik.
So na 'n ruk hier kom 'n Mexican aan gesluip met stuk waterpyp op soek na die javelina, hy sien nie die twee jagters totdat hy so 5 tree van hulle af is nie.
So staan die vriend van my se jag partner op en s? vir die Mexican... "Hey YOU F&^%)* OFF"
Dit was ook die einde van daai jag sessie want hulle moes skoon klere gaan aan trek vir al die gelag om die Mexican se gesig uitdrukking te sien...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
hagar
Re: DAGROEP DAGSKIET
Ons het ook mense ingeroep wat kom soek het vir daai haas met n haelgeweer, gelukkig altyd as my pel besig was om te roep. Ek het meer as een keer n perd deur die scope dopgehou en gewonder wat sy reaksie gaan wees, en of ek hom sal kan klits voor hy my vriend skiet. Hulle skrik hulle moer weg as jy hier voor hulle opstaan in camos en n gesigsmasker en n geweer in die hand.
Ek en die vriend van my gaan jag bere een jaar, ons het na werk in die pad gespring en so 10 uur die aand by die kampeer plek aangekom. Ons slaan ook net tent op en gaan slaap, want ons planne was om 4 uur op te staan en die bere te gaan soek. Soek ook n plek op die berg waar ons dink niemand sal ons kom pla nie, jy moet omtrent n 4X4 en n half he net om daar uit te kom. So wragtig 11 uur die aand kom hier 2 trokke aan, parkeer reg langs ons, en die bliksems besluit hulle wil partytjie hou. Ek is so die moer in ek kan slange vang, my vriend vertel my net vat dit kalm, hy sal hulle uitsorteer. Wel die bliksems het tot 2 uur in die nag gesuip, en teen 2:30 snork hulle dat die biesies bewe. Hy sluip uit die tent uit met sy Tally-Ho fluitjie, en so 70 tree van hulle af begin hy met hierdie onaardse geluid, klink soos n beer en n bergleeu wat mekaar verskeer. Die klomp jafels bestront hulleself toe, loer by hulle tente uit met flitsligte en vra vir mekaar "wattdefugisdat????". Ek speel ook saam, lig met die flits en gooi klippe. Ons slaap toe n bietjie later, maar is op teen so 5:30 en toe is dit ons beurt om lawaai te maak. Ek slaan panne teenmekaar, hy druk die kar se toeter , en ons lag en gesels. Die manne kom ook uit die tente uit en gluur ons aan, maar hulle gee ons nie drama nie want ons loop rond in camos met ons gewere. My vriend vat ook sy kamera en neem fotos van hulle nommerplate, en vertel hulle as ons terugkom en daar is iets weg of beskadig, dat ons hulle persoonlik sal kom besoek waar hulle bly. Dit was ook nie n ydele dreigement nie, hierdie vriend van my was sterk betrokke met kontak karate en hy kon sy kant bring in n ?scrap?. Ons jag toe bere die oggend tot so 1 uur die middag, het heelwat spore en stront gesien maar niks bere nie, kon ook nie een inroep nie. Toe ons terugkom by die kamp, was hierdie menere WEG, en hulle het aan niks van ons goed geraak nie. Seker ook besluit ons lewenstyle pas nie by hulle sin in nie, en ons het die wapens!
Ons kamp ook een naweek, en daar is so 20 ?boy scouts? so n paar 100 tree van ons af. Hy wag ook tot hulle gaan slaap, en gaan kerm op sy fluitjie en maak die kinders goed bang. Kon my ook vreklag vir sy stories.

Last edited by hagar on Thu Aug 05, 2010 8:56 pm, edited 1 time in total.
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: DAGROEP DAGSKIET
Hagar
Ek het lekker gelag vir jou storie. Ek dink jy sal nogal n aand kort maak om n braaivleis vuur.
Groete
Doepie