Opvolg van wild
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Opvolg van wild
Ek wonder al lank hieroor,so ek hoop ek kan vandag my antwoord kry.
Hoekom volg geweerjagters dadelik hulle bok se spoor as hy geskiet is en dan hardloop,maar boogjagters gee 30min tyd?
Verloor ons as geweerjagters nie wild omdat ons te vinnig spoor vat nie?
Die rede hoekom ek vra is,ek het laasjaar n BWB net agter die blad geskiet.Die bees het dadelik weggespring en gelukkig was die wereld redelik oop en ek kon hom dophou,hy het so 100m gehardloop en toe gaan le,die gids het dadelik opgevolg en toe ons so 50m weg is toe sien hy ons en spring weer op,hy het toe weer so 40m gegaan,toe weer gaan le,dis gids wou weer opvolg maar ek het vir hom gese om stil te staan.N paar sekondes later het die bees sy laaste asem uitgeblaas.
My gevoel is as ons die eerste keer net n paar minute gewag het sou hy gevrek het waar hy die eerste keer gele het,maar toe hy ons sien het sy adrenalien weer ingeskop.
Nou in die bosveld,gaan le hy dalk 20m verder agter n bos,maar sy adrenalien hou hom aan die lewe aangesien die jagter die heeltyd op sy spoor is.
Sal dit nie beter wees om net ook n paar minute te wag nie?

-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Opvolg van wild
Ek steek altyd my pyp eers op nadat ek geskiet het of dit nou 'n kopskoot was of nie .As ek klaar gerook het hetsy 5 of 10 min dan sal ek na die dier toe stap en kyk of hy dood is.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Opvolg van wild
Andries,ek dink selfs die 5-10min gaan alklaar n baie groot verskil maak.ANDRIES wrote:Ek steek altyd my pyp eers op nadat ek geskiet het of dit nou 'n kopskoot was of nie .As ek klaar gerook het hetsy 5 of 10 min dan sal ek na die dier toe stap en kyk of hy dood is.
So ek dink dit kan net n goeie ding wees om net n paar min te wag.
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Opvolg van wild
Andries
Lyk my ek gaan moet begin pyp rook
Ek probeer ook altyd so paar minute wag, maar moet se ander kere sukkel ek om te wag
Lyk my ek gaan moet begin pyp rook
Ek probeer ook altyd so paar minute wag, maar moet se ander kere sukkel ek om te wag
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Opvolg van wild
Ek klim nie uit die hide voor die bakkie nie kom nie, daai half uur
is die lankste half uur in die wereld!! Ek probeer ook met die geweer
nou so rukkie wag as ek nie die bok sien val nie, maar dit gaan ook maar
moeilik.
is die lankste half uur in die wereld!! Ek probeer ook met die geweer
nou so rukkie wag as ek nie die bok sien val nie, maar dit gaan ook maar
moeilik.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Opvolg van wild
Ja wat julle se is waar, dis die beste om so bietjie te wag, maar dam moeilik, veral in die bos. Eks ook geneig om dadelik op te volg, vir my is die bloed net makliker om te sien as dit nog vars is. As dit 30min gele het en droog is, sukkel ek met dit.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Opvolg van wild
Adrenalien kan 'n bok nog ver laat hardloop, self al het hy 'n goeie skoot gekry. Met die boog, wag ek 30 min vir 'n goeie skoot, 60 min vir 'n onseker skoot en 90 min vir 'n besliste pensskoot. Die bok raak rustig en gaan staan of lê nie ver van waar jy geskiet het nie en die opvolg is makliker. Was gelukkig om nog al my boog kills te sien val, maar almal maak op een af ander stadium 'n oordeelsfout... Ek wag met geweer ook maar so 20 min of 2 sigarette!
Aim small, miss small
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Opvolg van wild
Ek stem saam dat n mens n bietjie moet wag.Dan is daar weer die storie van die bloed wat droog word en n mens sukkel om spoor te vat.Die manne met die hond op die bakkie of wat ook al kom dan in werking daai hond tel daai spoor vinnig op en siedaar daar is jou bok.Ek persoonlik dink dit is n baie goeie manier om spoor te vat
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Opvolg van wild
Ek dink darem nie met n geweer moet n mens 30min wag nie,in my opinie sal 10min voldoende wees.
My pa het laasjaar n rooibok geskiet wat so 60m van die pad af gestaan het,ons was oppad terug kamp toe.Die bok het net daar geval,maar kon nog sy kop regop hou.Die boer het uitgeklim en nader begin stap en almal het gevolg,ek het gese ons moet net eers wag of my pa moet hom nog n skoot gee maar die boer wou niks weet nie.Toe ons so 20m van die bok is toe spring hy op en ons kon hom na 4ure nie kry nie.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Opvolg van wild
Moet se, die wag ding het ek ook hier op Jaracal by die boog jagters gelees van, en het die jaar op twee verskillende geleendhede gesien watse verskil dit maak.
Die eerste was n blesbok in Boshof. Baie goeie skoot, maar die rammetjie is weg saam die trop. Ons het almel gestop en afgeklim, bietjie draaie geloop, en toe het ek die bakkie gese om aan te ry, ek sal soek. 10m van daar het die bok onder n bos gele. Hy het wel opgespring, maar ek kon hom dood. Ek dink as ek 5 min langer gewag het, sou hy daar gevrek het.
Ander keer was twee weke terug in Douglas. Voorsit jag, en bietjie verder as aanbeveel. Ek kon dadelik die skoot sien tref. Die dier het net daar gaan le, met sy kop omhoog. Heeltyd die wereld beloer. Ek kon hom vir tien minute dophou, en sie hoe hy uit eindelik net daar sy kop neerle en vrek.
Moet wel se. Dit was albei maar gedwonge selfbeheersing. Dit is iets wat ek nog sal moet aanleer, wat ie maklik gaan wees nie.

Veiligheid eerste manne!
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Opvolg van wild
Ja ek skiet ook boog soos die manne al gese het daai wag is die heel belangrikste, met die boog wag ek 30 min vir goeie skoot, met die geweer wag ek 10 min.
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Opvolg van wild
Ek was vir myself ook al kwaad oor hierdie. Ek het so tydjie terug my verloofde gevat om haar eerste bok te skiet, alles het goed gegaan en sy het die blesbok mooi tussen die oë geskiet, hy het net daar geval en ons het dadelik nader beweeg, toe ons daaraan kom het die bok nog so skop of twee gegee oor alles wat saam trek! Ek verstaan en is al gewoont aan dit maar dit was nie n mooi prentjie vir haar nie! As ek kon tyd terug draai sou ek ook maar eerder net so 5 gegee het en dan nader beweeg het!
Groete
Groete
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Opvolg van wild
Die wag is maar 'n moeilike ding, ons ouens is mos nie gebou om te wag nie. Ek het op die harde manier geleer om te wag met die boog, die gids was amper uit die hide nog voordat die pyl getref het... Ek dink dis 'n baie goeie idee om dit ook toe te pas met geweerjag.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Opvolg van wild
Ek dink die opvolg kom ook maar met ondervinding. As die jagter twyfel oor sy skootplasing sal sy eerste reaksie maar wees om so gou as moontlik die bok weer in sig te kry om te probeer klaarmaak. Ek stem egter saam selfbeheersing is 'n ding wat met tyd en ondervinding kom. Ek het maar oor die jare geleer as jy nie DOOD seker is van die skoot nie los liewer. Daar is gewoonlik drade om die plek gespan en die kans dat jy weer 'n geleenthied gaan kry is goed.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Opvolg van wild
Stem ten volle saam dat 'n mens maar 10 tot 15 minute kan wag. Ek het self ook al ondervinding gehad van 'n rooibok wat deur die punte van die longe geskiet was en dadelik opgevolg was, nie ten min na 'n helse gerondhardlopery agter die bok aan en 'n doodskoot deur die kop, sou die bok in elk geval gevrek het as ons net 'n bietjie tyd gegee het. Die gewaggery is maar moeilik maar mens moet dit net aanleer.
- hencohugo
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm
Re: Opvolg van wild
ANDRIES wrote:Ek steek altyd my pyp eers op nadat ek geskiet het of dit nou 'n kopskoot was of nie .As ek klaar gerook het hetsy 5 of 10 min dan sal ek na die dier toe stap en kyk of hy dood is.
Julle het my nou so lus gemaak, ek gaan ook nou eers rook voor ek verder forum.Eugene wrote:Adrenalien kan 'n bok nog ver laat hardloop, self al het hy 'n goeie skoot gekry. Met die boog, wag ek 30 min vir 'n goeie skoot, 60 min vir 'n onseker skoot en 90 min vir 'n besliste pensskoot. Die bok raak rustig en gaan staan of lê nie ver van waar jy geskiet het nie en die opvolg is makliker. Was gelukkig om nog al my boog kills te sien val, maar almal maak op een af ander stadium 'n oordeelsfout... Ek wag met geweer ook maar so 20 min of 2 sigarette!
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Opvolg van wild
Sako, I think those that follow-up as soon as possible feel that the sooner they get started the sooner they can put the animal out of it's misery. I also take Robbie's point about the blood drying up.sako 30-06 wrote:Ek wonder al lank hieroor,so ek hoop ek kan vandag my antwoord kry.
Hoekom volg geweerjagters dadelik hulle bok se spoor as hy geskiet is en dan hardloop,maar boogjagters gee 30min tyd?
Verloor ons as geweerjagters nie wild omdat ons te vinnig spoor vat nie?
Die rede hoekom ek vra is,ek het laasjaar n BWB net agter die blad geskiet.Die bees het dadelik weggespring en gelukkig was die wereld redelik oop en ek kon hom dophou,hy het so 100m gehardloop en toe gaan le,die gids het dadelik opgevolg en toe ons so 50m weg is toe sien hy ons en spring weer op,hy het toe weer so 40m gegaan,toe weer gaan le,dis gids wou weer opvolg maar ek het vir hom gese om stil te staan.N paar sekondes later het die bees sy laaste asem uitgeblaas.
My gevoel is as ons die eerste keer net n paar minute gewag het sou hy gevrek het waar hy die eerste keer gele het,maar toe hy ons sien het sy adrenalien weer ingeskop.
Nou in die bosveld,gaan le hy dalk 20m verder agter n bos,maar sy adrenalien hou hom aan die lewe aangesien die jagter die heeltyd op sy spoor is.
Sal dit nie beter wees om net ook n paar minute te wag nie?
I believe the following:
- It is generally a good idea to wait 15 mins or so (longer with bow) before you follow up. If you follow-up immediately, and the animal sees you, it will have an adrenalin surge which will often allow it to go much further than if it was given time before following up.
- If the animal saw you before/after the shot then it makes the connection about what it is running from, where the danger lies and it affects the direction and distance the animal will run. You should wait longer under such circumstances.
- Conversely, if the animal did not see you then it is unsure what it is running from and it will not go as far as when it has seen you (all else being equal). So again, it makes sense to wait before showing yourself and following up.
- Gut shots and other non-fatal shots require a longer wait as described by Eugene
- When the animal is in a herd it is important to wait longer and, during your follow up, take every precaution that the herd does not spot you. If you are following up and the herd spots you and runs off, the wounded animal lying somewhere in the grass will often get up and run with the herd (non-fatal shot). It has happened to me twice in my life - once with a blesbuck and once with a springbuck. I am convinced that if we had waited longer the herd would have moved off slowly but that the wounded animal would have been too stiff/sore to follow and it would not have had an adrenalin surge to help it get up like when it sees a hunter or when it sees the herd panic and run off. That being said, wounded animals often break away from the herd or even get chased out of the herd.