PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse Manne

Vir al n hele paar jaar dreig dreig ek om die kursus te gaan bywoon en uiteindelik het ek besluit hierdie jaar is die jaar en mens kan altyd nog iets leer en wiser word.

1. Wat kan dit vir n mens beteken?
2. Kan daar n toekoms gemaak word uit Ph werk?
3. Wat is die gemiddelde inkomste wat n PH kan verwag(nie vir groot 6 nie)?
4. Is daar werklik baie geleenthede is Suid Afrika en onder Suid Afrikaanse jagters?

Ek is so stelselmatig om my voetwerk reg te kry om n skuif te maak, gedagte is motiverings, wapen en ammunisie verkope en dalk PH werk so tussenin. Kan van die manne met ondervinding dalk n bydrae lewer......In teendeel enige komentaar sal waardeur word.

Groetnis
Kobus
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Mauser_Werke »

Kobus praat met Jerry by NSN hy kan jou baie vertel en nie positief nie ekself kyk na "geweersmid" diteself lyk nag - het jy toe daai Voere se sneller verander? Groete MJ
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by JAGTERSREG-JRM »

MJ

Ek het die sneller laat "polish" by Arms en die outjie is nou so 1.9 pond en skiet lekker reguit met bietjie meer as halfduim groepering.Vroulief geniet kom nou baie meer.....Bly om te sien jy is ook op Jaracal.Is jou .223 se lisensie uitgesort?Het lekker met Jerry gesels maar hy is bietjie lank uit die bedryf uit.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Dawie »

Hallo Kobus

Hoe oud is jy en wil jy dit as loopbaan volg? Wat doen jy tans?

Groete

D
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dawie,

Ek is 34 en my hart was nog altyd ini bos, ek sal nie net van dit afhanklik wees nie maar moet dan bydrae lewer tot n groter prentjie.Eder klomp verkillende dinge doen as slegs een ding.Op die stadium is die idee om dit aan begin so oor naweke te doen

Groete
Kobus
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Dawie »

Kobus

On the downside....

Ek is self nie 'n PH nie het ook nie die kursus gedoen nie, het wel 2 vriende wat dit vir 'n lewe doen wat nie hulle eie grond het nie. En dis al wat hulle doen. Hulle is al altwee al outfitters met hulle eie jagondernemings met konsessies en is internasionaal gekwalifiseer om o.a. in Europa ook te jag, hulle is ook elkeen 'n 3de taal magtig, die een ou Frans en die ander ou Spaans. Hulle het oriaat gedoen tot so 2008 maar nou brand hulle gatte maar (volgens hulle self). 'n Ander ou weer wat ook 'n outfitter is wat sy eie plaas ook gehad het skuld my nou al amper 3 jaar 'n klomp geld.

Die eersgenoemde ouens is 40 en 45 jaar oud ongetroude kuiergatte wat erken dat hulle nie vir 'n vrou sal kan sorg nie en meeste van die tyd weg van die huis sal wees.

Suid Afrikaase jagters wat met PH'e jag is min en dun.

In my beskeie (oningeligde) opinie, dink mooi, veral as jy dit jou enigste brood en botter maak. Mens raak ouer en dan gaan jy een aand by 'n braaivleis vuur staan en jou vriende gaan iets opgebou en gesinne hê en jy sal net 'n paar lekker jag stories kan vertel.

On the upside

Jy ontmoet lekker mense, jy leef jou droom en passie.....

Ek sou ook nie my PH maaitjies as ongelukkig beskou nie (ek weet nie vir hoe lank nie)
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Frederik »

Die kort en lank daarvan daar is 10 000 plus ph in die land en 5000 - 6000 internasionale jagters per jaar !!!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by mariusr »

Kobus as jy goeie kontakte het om in te kom en dis jou liefde sal ek se doen dit maar jy gaan nie ryk word nie maar gewoonlik is verblyf, kos ens ingesluit in die pakket en bly maar eensame lewe! Om self te begin sal ek se nee want daar is te veel outfitters wat die mark beheer en met al die druk op jag veral die groot vyf en met jag wat verbied is nou in baie lande dink ek die bedryf gaan maar swaar trek in die toekoms!As jy op plaas gaan werk is die salaris so tussen R3k-R8k per maand afhangende van jou ondervinding verblyf ens gewoonlik in gesluit! Die beste opsie bly maar om jou eie plaas te koop en jou eie PH te wees!
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Schalk.vdB »

Kobus ek het die kurses gedoen en nogal baie geleer maar jy moet geld hê en baie geleenthede hê om te kan jag. Ek sal nie saam met 'n man gaan wat nie gevaarlike wild gejag het nie, en verwag hy sal my kan beskerm as ding warm word nie.
Soos Dawie sê die manne ontmoet baie mense maar tensy dit jou plaas is gaan jy nie ryk word nie. Om stories te vertel is baie lekker maar dit gaan nie sorg vir 'n gesin nie.
Die lekker is jy lewe jou droom.
Die sleg is dit word net nog 'n werk, want as die een groep uitvlieg na hulle droom jag van 'n leeftyd dan land die volgende groep en hulle soek ook die jag soos die vorige groep.

Maar dit beteken nie dit kan nie werk nie jy moet net die beste wees soos met alles in die lewe. 8) 8)
SR = M
Solid rest is equal to meat
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Dawie »

O ja die eerste twee ouens wat ek van gepraat het wat outfitters is het altwee honeurs grade, een was besig met sy meesters graad toe hy begin PH het. Die jonger ou het al gesê hy sal hy's al redelik keelvol van mense op jagte vat en sal more ophou jag. Hy weet nog net nie wat hy andersins gaan doen nie. Nie een van hulle besit 'n huis nie.

Net 'n ander ding. Ek het self al baie mense op jagte gevat en as iemand my vandag vra om iemand op 'n jag te vat of selfs op my plaas wil kom jag wil ek letterlik naar raak. Die ou wat die klient is, wat sy geldjie in een of ander manier verdien behou sy liefde vir die sport en bou aan 'n toekoms. OK almal is nie dieselfde nie, maar ek dink nie jy hoef 'n PH te word om jag te geniet nie. Ek geniet nog my jaggie op 'n bok so nou en dan, maar natuurlik jakkalsjag bly koning.

Het vannaand met 'n ou gepraat wat ook PH as extra joppie wat ook reken dis nie die moeite werd nie.

Ek kraak nie die beroep af nie. Ek sal ook nie iemand aanraai om Bv. sy geld nou in landbou in te steek nie.

Julle kan gerus met my verskil....ek sal nie in die gesig gevat voel nie

Liefde Groete
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Frederik »

Ek was lank genoeg in die game 200 dae weg van die huis af elke jaar ek het minder geskiet oor 5 jaar as wat ek laasjaar deur die jaar self geskiet het. Het darem baie van Afrika gesien.
Ek is nou by die huis elke aand wat ek huur btw as jy ernsitg is oor PH moet jy jou eie plaas he of begin as jy jonk is en dit jou passie maak. As jy familie het wil jy as man natuurlik na jou beste van jou vermoe na hulle kyk en as jy nie onder die tafel te werk gaan nie gaan jy sukkel om geld te maak. Ek het opgehou waar ons 50 kliente per jaar gehad het nie omdat ek moes nie dit was net 'n besluit om my lewe om te swaai en by die huis te wees. En nou moet ek weer van voor af begin.

Daar is woorde wat rondloop en dit is waar om 'n fortuin te maak in Outfitting en PH moet jy met 'n baie groter fortuin begin.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Pappabeer »

Kobus,

Ek kan die kursus ten sterkste aanbeveel. Dit is bitter lekker, jy leer baie en daar is great vriendskappe wat daaruit vorm. Om dit as n werk te doen weet ek nie so lekker van nie.

As jy op n plaas werk kompeteer jy ongelukkig met ouens wat net skool verlaat het en bereid is om vir n appel en n ei te werk. Ek geniet tans om deeltyds n bietjie PH werk te doen, maar dit is nie my hoof bron van inkomste nie. In fact dit kos my meer. Dis egter n lekker diversifikasie van die daaglikse werk en n manier om n lekker stokpertjie uit te leef. Die dag wat ek keelvol gejag is hou ek net daar op. ek dink dit het die potensiaal om, soos in baie ander gevalle, die stokpertjie keel af te sny en baie genot daaruit te vat as dit werk word.

As ek moes n keuse maak sal ek eerder n jaar gap vat en in n ander afrika land gaan jag en dan terugkom, as wat ek stuk stuk in SA se jagbedryf n voet in die deur probeer hou.

Maar doen verseker die kursus, dit is vrek lekker
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by 375fanatic »

Frederik wrote:Ek was lank genoeg in die game 200 dae weg van die huis af elke jaar ek het minder geskiet oor 5 jaar as wat ek laasjaar deur die jaar self geskiet het. Het darem baie van Afrika gesien.
Ek is nou by die huis elke aand wat ek huur btw as jy ernsitg is oor PH moet jy jou eie plaas he of begin as jy jonk is en dit jou passie maak. As jy familie het wil jy as man natuurlik na jou beste van jou vermoe na hulle kyk en as jy nie onder die tafel te werk gaan nie gaan jy sukkel om geld te maak. Ek het opgehou waar ons 50 kliente per jaar gehad het nie omdat ek moes nie dit was net 'n besluit om my lewe om te swaai en by die huis te wees. En nou moet ek weer van voor af begin.

Daar is woorde wat rondloop en dit is waar om 'n fortuin te maak in Outfitting en PH moet jy met 'n baie groter fortuin begin.
dis hoekom ek net deeltyds gejag het en dis maar n ondankbare werk n paar manne kom met wrede verwagtinge as hulle eers n lys met duime uithaal wou ek in my broek bol . as ph kan jy so tussen R500 - R800per dag verdien hang af vir wie jy jag dan gebruik jy nog jou eie voertuig ook.

ek dink nie eers jy maak geld op jou eie grond nie (maar net my opinie)
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dankie vir al die opinies, die kursus gaan ek definitief doen vir myself. Ek het die gedagte gekry rakende die ph werk slegs om so nou en dan manne uit te neem en so my kennis te verbreed. Ek sal definitief nooit net van die inkomstetjie afhanklik wees nie, ek het my voet in die deur met verskeie goete maar grotendeels in die wapen bedryf (sal nie se ek gaan ryk word daaruit nie maar doen gladnie sleg nie).My hoofgedagte was dat die PH werk dalk n aanvulling kan wees en dit my dalk help om so een keur n maand in die veld te laat kom.....

Kobus
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Dawie »

375fanatic wrote:ek dink nie eers jy maak geld op jou eie grond nie (maar net my opinie)
Bietjie van die topic af maar...

Ek is geneig om met jou saam te stem.

Het al met baie eienaars en gewese eienaars te doen gekry. Gewoonlik kos so 'n wild besigheid manne geld. Een ou het my gesê hy sou baie beter (nie verlies nie) gedoen het as hy liewer met vee geboer het.

Ander moeilikheid van wild is dat baie van die ouens wat wildplase besit, self nie boere is nie, veld nie ken nie en in die proses sensetiewe veld verwoes agv oorbewyding en omdat hulle nie wisselwyding toepas nie. Of verkeerde spesies vir veldtipe aanhou.

Die snaakste diere word ook angehou, soos bv. ou langs my het o.a. kammeelperde.... :P

(maar net my opinie)
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by At308 »

Kobus,

Jy kan rondkyk vir "freelance" werk. Die pryse wissel van so R500 (plains game)tot R1500 (Groot 5) per dag wat die ouens van jou dienste gebruik maak. Jou enigeste probleem is dat die mark bietjie oorvol is met "freelance" PH's. Jy kan ook nie dadelik na die kurses Groot 5 doen nie. In die dorpe rondom die bosveld is daar volop manne wat vir R500 'n dag "freelance" selfs vir Groot 5 jagte. Hulle het nie brandstof uitgawes om vanaf die stad in te ry soos ons nie, so vir hom is dit die moeite werd al is dit net 2 of 3 dae se werk per maand.

My grootste (persoonlike) probleem is dat ek nie 'n ander man met 'n gelaaide roer wat agter my loop vertrou nie, daar het iemand langs my voete verby geskiet toe hy onder 'n tak deurkruip en in my rigiting geskiet op 'n kwesbok wat aan die hardloop was. Dis versker nie vir almal nie. Ek gaan help nog so van tyd tot tyd, maar verkies dan om met die boog jag uit te help of die Cruiser te dryf en/of die kliente wat nie wil gaan soek nie se kwesbokke alleen te gaan soek sodat hulle kan verder jag (ja dit gebeur BAIE) Sodoende bly ek uit die "spervuur" uit, en spandeer nog gereeld tyd in die veld.

Sterkte met die nuwe pad wat jy gaan stap, ek hoop jy geniet dit baie!

Attie
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by ROBBIE1 »

Wat Frederik se is so waar! As jy jou eie ding wil doen, begin dit by bemarking. As jy nie kliente het om uit te vat nie, kan jy nie geld maak nie, en ek praat van BEMARKING! Ek het 6 vriende wat PH's is, maar net 2 maak dit werklik, omdat hulle gelukkig die kapitaal het om die kliente te gaan soek! As jou besigheid eers aan die gang is, sal hy loop, maar vir die eerste jaar plus, gaan dit swaartrek wees.

As jy by n outfitter kan inkom, wat ook genoeg jagte n jaar het, is jou kop deur, maar daar praat almal die selfde taal, die mark is vol, so jy sal moet uitstyg bo die res, sodat die outfitters in effek oor jou moet bakly!!

Die kursus doen? Ek sal se ja doen dit, al gaan jy dit net vir jouself gebruik eendag, gaan jy baie leer daarby!

Sterkte.
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: PH OPLEIDING so paer vrae/stellings

Post by Mauser_Werke »

JAGTERS REG MOTIVERING wrote:MJ

Ek het die sneller laat "polish" by Arms en die outjie is nou so 1.9 pond en skiet lekker reguit met bietjie meer as halfduim groepering.Vroulief geniet kom nou baie meer.....Bly om te sien jy is ook op Jaracal.Is jou .223 se lisensie uitgesort?Het lekker met Jerry gesels maar hy is bietjie lank uit die bedryf uit.
Mooi man - hier is n ding wat dalk kan werk maar dis nie jag nie dis moord. n Ou daar in Harrismith is n helse skut met my Sweedse 6 mil - maar ek meen hy kan baie goed skiet. Wat hy doen daar hy koop by die boer die hele trop bokke of dan se 20 of so blesbokke dan verwerk hy alles tot polonies / droe wors en biltong asook die velle en even die bene Laasjaar het hy gese hy maak so R50 n bok skoon na alle kostes - wel hy skiet hel baie bokke - net n idee - baie boere raak ook gatvol vir biltong jagters.

Ja man daai .223 se SMS gister gekry! is in Sept terug sterkstaan
Post Reply