Ek my seun en sy verloofde het toe die pad aangepak na Oubaas Hattingh se konsessie teen Botswana se grens, net anderkant VanZylsrus op 21 Julie. Lekker lang pad die 728km van Pretoria af. Agtermiddag daar gearriveer en sommer dadelik die gewere ingeskiet. Manne maar toe daai son sak met daai windtjie toe weet ons, ons is in die Kalahari. Oubaas het soos die gebruik maar is, ons verwelkom om die vuur en al die moets en moenies uitgelig en ook gevra wat ons kwotas was. Lekker verder gebraai en kooi toe in die tenthuise.
Volgende oggend het ons voor agt die veld ingevaar agter op Oubaas se bakkie en eers vir Gert gaan aflaai by die "skietstoel" vanwaar hy hy sou jag. Hans, Hannes en ek toe agterop gesit en vries terwyl Oubaas oor die duine begin ry het opsoek na Springbokke en Gemsbokke vir ons. Nie lank nie of ons kry die eerste troppie Springbokke, dit was uit die staanspoor duidelik dat hierdie bokke papiere het wat wegvlieg met 'n stofstreep as hulle die bakkie gewaar en dan uitdagend op 400m plus gaan staan net om weer op die loop te neem en dan totaal te verdwyn.
So het ons aangegaan vir die hele oggend. Op 'n stadium toe besluit ons maar ons sal die heilige afstand oorskry in die sterke wind en hoop op 'n gelukkie, dit was ons nie beskore nie. Ons drie het van die rotering stelsel gebruik gemaak, so elkeen het 'n gelyke kans op skote gehad. So het ons mis geskiet, JA, en dit was voorwaar onlekker, maar soos ons vertel was, welkom in die Kalahari.
Hans was die eerste wat bloed getrek het met sy benchrest 243 met Perigrine koeëls, mooi skoot op die knoppe. So die ys was gebreek.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013005_zpscc6971b5.jpg
Hannes het daarna 'n mooi ooi geskiet en ek het darem ook my kaart geopen.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013008_zpse0234942.jpg
Ons het toe by Gert gaan draai en hy het drie op sy kerfstok gehad.
Laat middag is ons weer uit. Toe word daar ernstig na bokke gesoek met groot spoed oor die duine en deur die strate. Nou hier moet jy kan sit of staan en mooi kan vashou. Wat 'n ervaring. Darem nog springbokke gekry maar geen Gemsbokke nie.
Die volgende oggend is ons met seer lywe weer op die bakkie. Sommer oor die tweede duin kry ek 'n mooi ram.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013015_zpsb025ba38.jpg
Ons sien die Gemsbokke oor die duin hardloop en Oubaas besluit dis sulke tyd. Hans kry sy skoot in met die 243 en ons sien hoe knak die bok. Die ander word gejaag en ek kry my skoot in. Hans gee toe maar genadeskoot met die 243, instede van my 338.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013013_zps988f0d61.jpg
Laat middag ry net ek en Hannes weer saam deur die verste kamp. Oubaas sien 'n vlakvark en vra dat ek hom moet laat bakkie ry.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013017_zps5e76c6c9.jpg
Ten einde laaste kry ons Hannes se Gemsbokbul wat hy skiet op 265m (gerange). Die bok is taai en hy laat die stert reguit trek soos hy hardloop, weer hou vir al wat dit werd is soos ons agter hom aan is. Oubaas en Hannes klim af en kry hom tussen die bosse, hy breek weg en word op die knoppe geskiet. Weer maak hy draai en word onder die oog geskiet, laaste skoot laat hom val. Word gelaai met die tipiese :spin" die wiel in die sand in metode.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013019_zps59b106af.jpg
Laaste oggend gaan skiet ons kelkiewyne op die voorsit metode. Wat 'n pragtige mooi voeël is dit nie.
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/KalaharijagJul2013022_zps280abb16.jpg
Ons het ook die geleentheid gehad om die Witkruisarende en hul jongeling te besoek.
Mens kan net dankie sê vir die voorreg om in so 'n mooi deel van ons land te kon jag.
Groete
Arie
Kalahari jag
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Kalahari jag
Geluk Smiley.
Lyk my dit was 'n lekker en suksesvolle ekskursie.
Mooi wêreld daardie! Ek kan ure daar in die duine sit en net kyk.
Groetnis
Lyk my dit was 'n lekker en suksesvolle ekskursie.
Mooi wêreld daardie! Ek kan ure daar in die duine sit en net kyk.
Groetnis
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Kalahari jag
Baie geluk met julle jag Smiley.
Klink sommer lekker man en dankie vir die fotos deel.
Ek het in my tienerjare in daai Kalahari geleer jag - pa se 303 en duine / strate stap dat jou go doer le naderhand.
Dis waar ek ook geleer het om die duine en gras bo op as cover te gebruik en Springbokke en Gemsies te bekruip onder die wind. n' Plek wat altyd in my hart sal wees daai.
Klink sommer lekker man en dankie vir die fotos deel.
Ek het in my tienerjare in daai Kalahari geleer jag - pa se 303 en duine / strate stap dat jou go doer le naderhand.
Dis waar ek ook geleer het om die duine en gras bo op as cover te gebruik en Springbokke en Gemsies te bekruip onder die wind. n' Plek wat altyd in my hart sal wees daai.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Kalahari jag
Dit is jag op sy lekkerste!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Kalahari jag
Baie mooi springbok ram wat jy daar geskiet het Smiley, geluk. Dit is duidelik dat julle 'n lekker jag gehad het 
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Kalahari jag
Dankie Manne dit was wraggies lekker iets wat ek weer sal doen.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Kalahari jag
Geluk Smiley, mooi gemaak! Mens kan sommer hoor julle het dit geniet.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Kalahari jag
Baie geluk, dis nou "time well spent" soos die souties sal sê. Mens kan nie altyd alles prys nie 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
