Hoe gemaak met bene?
-
janjakkals
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Thu Jan 31, 2013 1:46 pm
Hoe gemaak met bene?
Dagse,
Graag wil ek uitvind wat om met my oortollige bene te maak. Het goed gedink om die Blesbok en rooibok se bene op te kook om dan maar 'n paar pasteie mee te maak. Die biltonge hang klaar so nou sit ek met die klomp bene. Wil graag uitvind hoe om te werk te gaan. Kook 'n ou eers net die vleis af sonder speserye of gooi 'n ou jou speserye by. Ek sal dankbaar wees vir enige raad of voorstelle. Groetnis...

- "Beproef alles en behou die goeie" -
*** 30-06 Musgrave k98-aksie ***
*** 30-06 Musgrave k98-aksie ***
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Ek kook gewoonlik die bene in die stoom pot gaan lekker vinning dan maak ek ook pastei van die lekker af kook stukke maak mooi fyn en braai uie en gooi dan eers alles in die res en bene gee ek maar vir die brakke!
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Ons spesery die bene en kook dit dan af.Daarna sny ons die vleis lekker fyn en maak dan pasteie.
-
janjakkals
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Thu Jan 31, 2013 1:46 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Dankie kerels, sal dit op die proef stel. Glo my brakke gaan nie weet wat hulle getref het nie.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Ek gooi Gemengde speserye, Tiemie speserye, 'n naeldjie of twee, paar peper korrels, knoffel, spek, en klein bietjei asysn by.
Die spek maak die vleis nie so droog nie.
Kook alles totdat dit van die been afval (so 3-4 ure). Sny fyn. Sit in bak. Gooi nog bietjie knoffel oor, en aangemaakte bees stert soppoeier. Sit deeg oor en bak tot gaar

jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Kook die bene saam met water, 'n koppie bruin asyn, gemaalde naeltjies, gemaalde koljander, neutmiskaat en 2-3 blokkies "mutton" ekstrak blokkies af, haal laaste klein beentjies uit en vries in 2 kg pakke.
Om die reuk te keer, gooi peper op die deksel van jou pot.
Ek gebruik 'n groot "jam" pot.
Wanneer ek gereed is om die pasteie te maak, ontdooi ek die vleis, sit weer speserye hierbo in, maar gebruik die keer minder water, geen asyn, sit ook seldery sout, gerasperde uie, gerasperde aartappel en gerasperde wortel by - gebruik uitroldeeg en maak klein vinger pasteie - heerlik.
Verpak my pasteie in pakke van 12 en verhit in mikrogolf as vrinne kom kuier.

- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Ek gee deesdae die bene vir mense wat minderbevooregd as ek is, hier in Bloemfontein sommer vir Oranje selfhelp maar as ek die dag besluit om dit af te kook, kook ek dit fyn met so min as moontlik speserye en vries die eindproduk in sakkies vir 'n vinnige aandete of pastei.
Groete
Jaco
Groete
Jaco
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Ek doen ook so Jaco. Lekker om die blydskap op daai gesigte te sien. My eland se bene gaan egter pasteivleis word.Jakkalsgat wrote:Ek gee deesdae die bene vir mense wat minderbevooregd as ek is, hier in Bloemfontein sommer vir Oranje selfhelp maar as ek die dag besluit om dit af te kook, kook ek dit fyn met so min as moontlik speserye en vries die eindproduk in sakkies vir 'n vinnige aandete of pastei.
Groete
Jaco
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Robertsons se Italian Spices werk vir my nogal baie lekker saam met wild! Ek gooi sommer die spices saam emt die water in as ek die bene afkook.
Aim small, miss small
-
janjakkals
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Thu Jan 31, 2013 1:46 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Jakkalsgat wrote:Ek gee deesdae die bene vir mense wat minderbevooregd as ek is, hier in Bloemfontein sommer vir Oranje selfhelp maar as ek die dag besluit om dit af te kook, kook ek dit fyn met so min as moontlik speserye en vries die eindproduk in sakkies vir 'n vinnige aandete of pastei.
Groete
Jaco
Het ook altyd so in die verlede gemaak. Maar met deesdae se pryse probeer 'n man soveel moontlik uit die bok gekry. Was maar redelik lui met die opsny en biltong sny so daar is darem nog redelik vleis aan daardie beetjies.
- "Beproef alles en behou die goeie" -
*** 30-06 Musgrave k98-aksie ***
*** 30-06 Musgrave k98-aksie ***
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Ek sit sommer daai bene op 'n oondpan en bak dit in die oond, dan eet ek daai murg saam met lekker mieliepap! Koningskos, maar passop vir te veel....mariusr wrote:Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Aim small, miss small
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Manne hou nou net op asb!!!! Dis nie goed vir my gesondheid nie!!!!!!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Jo! Wat praat jy nou. Ek kook sommer vanaand sop! Die kleiner bokke se bene verpak ek in kleiner sakkies, en bere in aparte vrieskas. Die bediende weet dit is haar vleis, en wanneer dit klaar is, is dit klaar. Hier word geen ander vleis gebere, om sodoende "verwarring" te voorkom.mariusr wrote:Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Veiligheid eerste manne!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
Ek werk hom ook so in die oond sommer ou Kanneman, maar dan pak en en meisiekind daai murg in hompe op toast met vars gesnyde uie-skyfies, sy vat net bietjie sout-peper en dad tobasco nog ook - en nou-ja...dan is dit naby die buitehuise beweeg heeldag...Eugene wrote:Ek sit sommer daai bene op 'n oondpan en bak dit in die oond, dan eet ek daai murg saam met lekker mieliepap! Koningskos, maar passop vir te veel....mariusr wrote:Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Julle wil nie op hou nie ! So een jaar kameelperd bene net so in kole gegooi toe kap die oop met byl saam met pappie en botter sout en peper en suurlemoen sap ek skiet nou sommer
'n lang nek!!
'n lang nek!!
-
stan man
Re: Hoe gemaak met bene?
snaakse ding van kameelperd been is dat jy nie nodig het om die ''outhouse''naby te hou die volgende dag nie. die ander bene gee n man se knypers redelik baie oefening.
haal daardie murg uit die pype en bak dit in n oondpan met n bietjie knoffel en uie. saam met swart peper en growwe sout. sit dit dan op n sny roosterbrood met botter en avo. en gooi vir jou n lang glas vars tietsap.
haal daardie murg uit die pype en bak dit in n oondpan met n bietjie knoffel en uie. saam met swart peper en growwe sout. sit dit dan op n sny roosterbrood met botter en avo. en gooi vir jou n lang glas vars tietsap.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Hoe gemaak met bene?
stan man wrote:snaakse ding van kameelperd been is dat jy nie nodig het om die ''outhouse''naby te hou die volgende dag nie. die ander bene gee n man se knypers redelik baie oefening.
haal daardie murg uit die pype en bak dit in n oondpan met n bietjie knoffel en uie. saam met swart peper en growwe sout. sit dit dan op n sny roosterbrood met botter en avo. en gooi vir jou n lang glas vars tietsap.
Ai Frans..
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoe gemaak met bene?
Watwou hier is baie langnekke by ons ! Die tiete sap kan ons nou oor gesels vir my is dit lekker wit wyn cheni blanck net nie soet wyn saam met lang nek bene!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Hoe gemaak met bene?
ek gooi altyd bietjie murgbene by my bene vleis of ek maak n pot met n pakkie oxtail by die familie wat nie wild eet nie dink dan dis oxtail en eet hulle vingers af
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm