Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Hallo Mede Forum Gebruikers
Ek het die afgelope naweek twee kalibers saamgevat op n bosveld jagtrip aangesien hulle die jaar so bietjie afgeskeep was. My 7x57 Ackley in fullstock, enkelskoot 20 duim gewaad is seker een van die lekkerste bos geweer/kaliber kombinasies wat daar is. Hierdie geweertjie moes ongelukkig opgeoffer word aan my groot pel wat se 308 eweskielik besluit het om nie meer sy samewerking in die akuraadheids departement te gee nie.
Wel dit het my oorgelos met my 458 Lott wat ek oorspronklik net so vir n dag mee wou stap net om weer selfvertroue in te boesem vir n opkomende buffel trip aan die einde van die jaar. Ons sou nou maar die hele trippie in mekaar se geselskap spandeer en wat n plesier. Ons het nie verskriklik baie geskiet die trip nie vanwee die kouefront wat ons kom toevou het met vleserige wolke en diere wat net gedwee in digte bos gestaan en herkou het. Wild is daar en die gebreek van takke sonder dat jy iets gewaar het het dit bevestig.
n Rooibokooi het haar lewe met n frontale hartskoot op 40m opgeoffer en n pragtige rooibokram het op 170m ook gesneuwel. Laasgenoemde was die verste wat ek nog met die Lott geskiet het en die geweer het my verbaas. Ek het tot dusver nog net geoefen en gejag tot op so 150m en was bietjie bekommerd oor die afstand. Die 450 Barnes TSX teen 2250ft/sek voor S355 het geland daar waar ek gemik het. Die ram is tot vandag toe spyt dat hy die ou dikloop so erg onderskat het om sy naeloop te onderbreuk om plankdwars te gaan staan en terug kyk na daar waar die bos lewend gaan staan en raak het.
Die terugstamp van die ou grote was weereens net te bespeur in die feit dat jy die dier uit die beeld verloor het en nie die volbloed vuishou wat jy elke keer op die baan beleef nie. Die VX6 1-6x24 is ook n droom en op 6 vergroting kan jy nie vir meer vra in die bos nie.
Ek sou nog so graag nog n paar diere wou voorstel aan die ou grote maar die bosdromme het gepraat onder hulle en hulle het geluister daarna. Respek is van hulle kante betoon en ek het weer met verwondering na die praggeweer gekyk. Wat n voorreg om weer onder hierdie pragige Afrika son in God se paradys met die ou grote te kon jag.
Groetnis en mooiloop.
Wouter

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Lekker man Wouter. Die 9.3 is nou nie in die Lott se klas nie maar dit bly maar lekker om met so ietsie groter as normaal te skiet. Ek is versot op die 9.3 met sy magic spoed
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Begin van die jaar my 375 H&H gekry, so bietjie kleiner as die 458 Lott.
Nou die dag kans gekry om swartwildebees en 'n varkie te skiet. Ek geniet hierdie amperse kannon baie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Lekker man.
Ek het gesien ek moet nog bietjie tyd met my Lott spandeer. 175m met 6x is indrukwekkend! My oge kan nie dit doen nie.

- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Vandat die 416 Ruger homself kom tuis maak het in my kluis. Skeep ek my ander roere sleg af.
Moet nou na ietsie groter begin kyk want daar is niks lekkerder as "big bore" jag nie!
Groete H

9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
170m met 458 - Dink ons kan jou dan seker ons big bore long range hunter noem
Lekker man, sit nie sommer in enige man se broek om groot kanon so ver te wil raak skiet mee nie.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Manne ek dink die kanonne word oor die algemeen mis gekyk op die langer afstande. Ek het die een dag sommer 'n 3 skoot groupie met my 9.3 met 'n 4.5x scope op 300m geskiet net om te kyk wat gebeur. Ek was uit die veld geslaan toe dit nog SUB MOA ook was.
Nico Harris het nou die dag 1.1 MOA op 500m met sy 9.3 geskiet!
Ek dink meeste van die groot roere is verbasend meer akkuraat as wat meeste mense dink.
Maar op 300m val hy 'n bok dood met gravitasie
Nico Harris het nou die dag 1.1 MOA op 500m met sy 9.3 geskiet!
Ek dink meeste van die groot roere is verbasend meer akkuraat as wat meeste mense dink.
Maar op 300m val hy 'n bok dood met gravitasie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Deon
Jy is absoluut reg. Die duk en stywe lope waarmee hierdie gewere oor die algemeen kom het baie daarmee te doen. Ek lees in baie artikels van die manne wat tevrede is met n twee duim groep op n 100m met hulle stampers waar die geweer tot soveel meer in staat is. Met die gebruik van QL en die nodeprogram skiet hierdie meneer van my heeldag snyers op n 100m wat vir my ontsaglike vertroue in hom gee. As n mens daaraan dink hoort dit juis so want hierdie is tien teen een n skoot wat jou lewe van afhang. Ek weet die lae vergroting teleskope is baie keer die beperkende faktor maar met n bietjie moeite kan n mens heel verrassende resultate kry op die langer afstande soos julle gewys het.
Groetnis
Wout

- Dries Skiet
- Hero Member

- Posts: 1093
- Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
My 404Jeff sit ook 3 bymekaar op 100m, ek raak nie aan die 1.5-5 Leupold nie, 4jaar en zero het nog nooit geskyf nie. Vriend het n 416Ruger en daai roer maak my .243 skrik met spoed en groepe.
As jy hulle kan hanteer is kanonne baie lekker.

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Hallo Wouter
Man, jy KAN 'n storie mooi vertel, so amper asof ek saam met jou in die jagveld was.
Wat die skootafstand aanbetref, dink ek baie ouens is geneig om te dink dat die groot goed nie kan ver skiet nie. Gravitasie op daai swaar koeël is presies dieselfde as op 'n .22 s'n, die verskil is egter die momentum wat maak dat daai projektiel nogal indrukwekkend "plat" skiet.
Sien uit om jou weer te sien by die herlaaikursus.
Groete

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Dit is baie waar. As ek in die bos gaan jag, dan ry my 416 Rigby maar saam. Daai geweer skiet ongelooflik lekker. En soos Wouter sê, jy voel nie eers daai recoil in die veld nie.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Miskien moet ons eendag bietjie die groot kanonne (375 en groter) op die langer afstande gaan uitprobeer. Ek dink ons is in vir 'n moewiese surprise oor die goed se vermoë.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Oom Jean, julle 375 manne kan maar lekker diskrimineer.....Jean Marais wrote:Miskien moet ons eendag bietjie die groot kanonne (375 en groter) op die langer afstande gaan uitprobeer. Ek dink ons is in vir 'n moewiese surprise oor die goed se vermoë.
Ek weet wat my 9.3 op 300m doen en nou die dag gesien wat 'n vriend sin op 500m doen
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Hallo Deon
Ek het self nou die dag vir die eerste keer met 'n 9.3 geskiet, en moet sê dat ek nogals aangenaam verras was met recoil ens. Jy's welkom om op so 'n dag saam te kom. Ek hoop net ons kan so-iets gereël kry.
Groete
Ek het self nou die dag vir die eerste keer met 'n 9.3 geskiet, en moet sê dat ek nogals aangenaam verras was met recoil ens. Jy's welkom om op so 'n dag saam te kom. Ek hoop net ons kan so-iets gereël kry.
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Wat my bekommer is Wout s'n kan ook nie !!!!!!Beer wrote:Lekker man.
Ek het gesien ek moet nog bietjie tyd met my Lott spandeer. 175m met 6x is indrukwekkend! My oge kan nie dit doen nie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Jongman
Ek weet waar jy bly en werk!
Ek weet waar jy bly en werk!
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Wout ek sien baie uit om my kanon volgende naweek daar op jou plaas te kom inwei op 'n blouwilliedoodbees! Weet net nie hoe ek die tyd gan verbykry tot volgende donderdag aanbreek nie, ek wil alreeds van my kop af gaan....
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Lou wys bietjie die manne hoe skiet daai ding op papier!
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Hier is hy nou, moes net eers gou die foto van die selfoon na die komper stuur...
458WM met 500gr Hornady Interlock @ 2100.
http://i1188.photobucket.com/albums/z408/rooijakkals/458WM500grInterlock.jpg
458WM met 500gr Hornady Interlock @ 2100.
http://i1188.photobucket.com/albums/z408/rooijakkals/458WM500grInterlock.jpg
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Goeie werk Lourens!
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Sjoe Lourens, dis impressive!!!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Lou
Die simple jongman het die naweek al met daai pragtige groepering van jou gespog. Dit is werklik prentjie mooi!
Groetnis
Wout
Die simple jongman het die naweek al met daai pragtige groepering van jou gespog. Dit is werklik prentjie mooi!
Groetnis
Wout
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Baie mooi Lourens! Wragtig pragtig!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Skiet bietjie weer vir n slag julle kannonne!
Ek het Saterdag vir die eerste keer die SAJWV se big bore tabel geskiet. Dit het maar beroerd gegaan, die 3 skote in 12 sekondes is vinnig verby. ....mar dit bly lekker.....