Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
More almal, hierdie meneer het gister 16h20 (RSA tyd) koets geklim tydens 'n dagroepsessie. Het op "springboklam" van Hein Funk se "gevorderde kursus" CD ingekom na 20 min se roep. Het 7.5 kg geweeg, was 85cm lank(lyflengte), en stert was 35 cm lank. Pensinhoud: hare en klein beentjies, oorsprong onbekend. Tande soos jul kan sien, "ou" man, seker ouer as 6 jaar. Taffie/ Freddie en ander pro's, help asb!!! Die enetjie was ook so brandsiekerig soos die een op my vorige "post" waarna Louis gereken het dit was dalk 'n "valetjie". Enigste verskil is dat die twee 14 km van mekaar geskiet is, lyk my definitief na 'n tipe brandsiek. Pro's, help ook hier asb. Kyk ook asb na die "uitwendige "ghoene". So, ons vriend en leermeester, Johan van Wyk se teorie dat reun jakkalse se teelballe slegs gedurende die teeltyd buite sigbaar is, het ook nou gesneuwel hier in Duitswes. Alle reuns wat ek vanaf Februarie 2010 tot nou hier in my omgewing geskiet het, was "buite". Hierdie ook vir almal se kennisname en kommentaar asb. Duitswes groete- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
Top werk! En ek gaan jou nie weer spot oor die vinnige valetjie nie, behalwe om te s? dat dit ongelooflik is hoe vinnig hy 14 km afgel? het.
Nee wat Oom Frikkie, lyk my jy is die dagroep koning. Ek dink jy is te konserwatief met jou 6 jaar, ek sou reken hierdie jakkals stap al 'n bietjie verder aan in jare, maak dit 8jr uit my leke oogpunt.
Dankie Louis en Izak, net 'n korreksie, die "teelbal" kenner se van het ek verkeerd gespelle, dit is vriend Johan van Schalkwyk, nie Van Wyk nie!!!! Jammer manne . Het maar forum kom sit en lees, die bokke se kohesie teen Australia is beroerd. Hoop hul vaar later beter . Post later weer as ek nie aan die drink raak agv toetsrugby nie!!!! Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
Greyhound, bikini wax is seker 'n opsie, maar wat wil jy nou eintlik beter sien, dit was dan 'n reun? Freddie en Christo, ja die slagting van die bokke daar doer "down under" sal seker baie oorsake moet kry maar feit is, lyk my die "coach" se planne begin nou opraak. Hy was mos gelukkig om die bokspan op 'n "high" oor te vat, een of ander tyd sou dit mos gebeur dat die momentum wat hy ge-erf het begin opraak, nou sal ons sien wat rerig in hom steek. Mooi naweek verder-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
Geluk met daai ou hond.
Christo het ook eenslag een geskiet wat omtrent nie tande het nie maar was nie so grys nie.
Die jakkie was al te slim vir die nag jagters.
Naand Andre en Biker, dankie, nee teef was nie gesien nie, het nog so 2 ure geroep nadat die ou ingekom het, geen verdere reaksie. Mooi week manne-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
Dagse almal, nog 'n dagskiet gelukkie . My beskeie bydare tot OTA 3, 'n jong rooikatwyfie wat ek vandag so 15h40(nam tyd) oppad raakgeloop het. Wat ek graag wil oordra is haar ouderdom, seker so 2-3 mnde en dat ek haar met my 357 magnum (Colt Python 6dm loop) op 53m met die 3de skoot agter die koppie geklap het soos sy weggedraf het!!! . Voorwaar 'n gelukskootjie!!! Geniet naweek, voorspoed met OPS MANNE-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.