Dinsdag laat kry ek n email van Henk wat vra wat is die skroefdraad wat op die kroon van my .30-06 gesny is vir die terminator. Op my gebrekkige manier meet ek dit, en dit is toevallig dieselfde as wat die ander twee gewere s'n sal wees. Bakgat dink ek, ek kan die hunt buddy nou sommer op die nil kwes ook gebruik. Henk verras my toe met n oproep waarin hy my meedeel dat hy vir my een vir die nil kwes stuur, sodat ek dit vir hom moet toets. Natuurlik voel dit soos kersfees.
Toe ek gister die sakkie by die poskantoor optel, sak my opgewondenheid so effe, want die sakkie is te lig vir twee dempers
Ek wil dit graag net duidelik stel dat hierdie nie n "play off" tussen die terminator en die hunt buddy is nie, maar ek gaan slegs die terminator as my eie verwysings raamwerk gebruik. Henk het ook gese dat in sy opinie die terminator sagter sal wees indie sin dat hy meer klank sal demp as die hunt buddy.
Hier is n foto van die dempers. Heel links is n foto van die terminator. tweede van links die demper vir die nil kwes. Derde van links die demper vir die .243 en .308, en dan regs is die demper wat op my .22 kom. Hy is wel langer as die hunt buddy, maar weeg slegs 120gr.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Knaldempers.jpg

