phillip de bruyn se jag
-
stan man
phillip de bruyn se jag
en so breek daar nog n lang verwagte jag naweek aan.ek het n naar kol op my maag,dinge is nie wat dit moet wees nie. ek werk donderdag nag amper deur om my regte werk klaar te kry. ek lewer half ses vrydag oggend die sun city golf toernooi se trofees af.en toe is ek op die pad. ek moet gou nog die ander plaas geaan besigtig om te sien of alles reg is. daar is al weer gepoach en ek is redelik gatvol. in die tussen tyd worry ek oor die elande wat in die bos weg kruip. op pad bel phillip my al om te se hulle is al op die plaas by die jag kamp.man alles is deurmekaar.
einde ten laaste is ek darem ook op die plaas.n vinnige groet en my bakkie word afgelaai en die jagters word opgelaai ,en ons is skiet drom toe. die teiken is reg en die manne sit beste voetjie voor en ek is regtig beindruk. die skote loop 'parrasies' daar waar hulle moet wees. elkeen skiet 2 skote en die roere is reg en die skuts ook so.
ons is toe uit veld toe en die manne kry n bietjie beter koud,maar die gemoed is reg en die manne is lus vir skiet.eerste op die jag lys is toe n eland. ons is die kamp in en ek ken nou al die elande, hulle laat hulle nie net skiet nie ek as jy nader as 300m is dan vat hulle die pad. ek roep toe maar n vooorsit skiet en ek en renier gaan sit langs die dam in die hoek van die kamp. die elande is erg senuwee agtig en gee nie baie kans nie. daar stap n mooi jong bul uit die groep uit en die 30-06 raas. dit is n kopskoot en die eerste bok van n lang jag vra mooi om op die bakkie te ry want hy is nou moeg vir n gesuis in sy ore.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1494_zps8ce7cf9b.jpg
ons stoei toe die ou bokkie op die bakkie en ry na die ander slagkamer op die ander plaas ,want die slagter daar werk beter met die groot karkasse. ek besluit toe om op clerkstroom te bly en dan kan die manne sommer daar kyk vir ietsie om op die bakkie te laai. ons was nie eers ver die kamp in nie toe n blesbok begin skoorsoek en jaco dring daarop aan om die bok n les te leer. die skoot is aan op 246m en die 30-06 blaf en die bok protesteer nie eers verder nie. dit is n skoot reg van voor ,mooi in die kuiltjie. ek is baie in my noppies en ons gaan nader vir n ou prentjie en so meer. nadat die bok op die bakkie is hoor ek eers dit was die man se eerste jag. nodeloos om te se,hy was toe so n bietjie gemors en die vooruit skouing,van wat later nog moes kom het hom nou nie baie aan gestaan nie,maar dit was nie my skuld hy het n ooi deskiet nie.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1507_zpsbe5c8bb6.jpg
ons het toe maar weer aanstaltes gemaak en phillip het met die .375 ruger sy geweer se eerste keer op die jagveld laat bloed trek. ek moet se ek was nogal verbaas om te sien hoe min skade daardie roer gemaak het op n skoot reg van voor. daardie bok het nie eers geweet wat het haar getref nie.sy is vinniger lapland toe as wat enige man n heuning whiskey kon drink.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1518_zps49bc25f4.jpg
ons is die aand toe jagkamp toe en die manne het lekker gebraai en gekuier. teen 11uur was die manne se poep flou en is almal stadigaan bed toe.
saterdag het gou gekom en ons was net na sonop in die veld. in die tussentyd het jaco white n vriend van my opgedaag om te kom help met buk en bekruip. ek en renier en jaco is toe agter die rooibokke aan te voet ,maar hulle het ons ore aan gesit. ek is toe terug bakkie toe ,en het besluit om te gaan kyk vir n gemsbok bul. maar die natuur is wispelturig en gee n man onverwagse verrassings. die rooibokke wat nog die hele tyd in die bos wegkruuip staan toe ewe skielik reg voor ons. oom cas is nie bang of bygelowig nie en hy sien n mooi ram op 174m .daar is nie eers tyd om ogies te knip nie toe blaf die.375 h&h. reg agter die blad en die ram besluit toe om in die koelte van n kameel doring te rus.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1527_zps968605a0.jpg
ons het die bok gelaai en toe die buk en bekruipers. ons is toe vort agter die springbokke aan.
oom cas het n springbo geskiet ,maar ons moes so n bietjie wer om hom te kry,daardie skoot het net sy handrem los gemaak en n vleis skoot deur die hoe voorbeen sien jy nie maklik in lang gras nie.toe ons hom kry na n hele ruk het ons nie eers n foto geneem nie.
ons is toe dadelik weg om n paar blesbokke te gaan lift gee. die goed hardloop so en raak dan op n stadium bitter moeg. renier het toe van die geleentheid gebruik gemaak en binne n japtrap was daar n paar aan die hak.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1537_zpsf2d5b6d3.jpg
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1542_zpsa947d54f.jpg
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1550_zps4a3e180f.jpg
jaco het toe vir oom cas uit gevat om n eland n eland te gaan soek. ek het in die tussentyd die karkasse skoon gemaak,en was net klaar toe ek n skoot hoor loop. oom cas het neland koei geskiet ,maar my kamera was in my sak en die manne het toe maar die bok gelaai en daar is nie n foto geneem nie. ek het egter n troosprys foto om te wys.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1555_zps378062bc.jpg
ons het toe die karkasse na die ander koelkamer toe gevat en die slagter het vir ons die velle af getrek. dit was so in die omgewing van 3uur en ons is weer in veld toe. renier wou nog blesbokke skiet ,en was besig om aan te le toe jaco ,vark roep. renier kon nie eers sy roer skuif nie toe klap die skoot en daar val n varkie om die mat het vuiligheid in sy slipperator gekry en geweier om verder asem te haal.nood gedwonge moes hy toe ook maar bakkie ry.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1562_zpsf19ce374.jpg
ek en phillip is toe verder om n gemsbok te gaan soek. ons was gelukkig om so laat in die middag die gemsies vinnig te kry. ons het n lekker buk en bekriup deur gebewe en phillip het n pragtige bladskoot ingekry op 150m. dit was sy eerste gemsie ,en die man het gestaal van trots.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1571_zps6a2d5164.jpg
ek was nogal deindruk met die barnes tsx 270gr wat hy gebruik het op die bok.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1580_zpsfe1e75b6.jpg
dankie aan n puik groep.dankie dat julle gehoor en geluister het.ons maak beslis wer so. dankie vir die Vader se seen oor ons naweek.
dankie vir n forum wat soveel spog jagters al op my pad gesit het.
dankie jaco white. jy was n staatmaker in die veld.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: phillip de bruyn se jag
Jis Frans, dit is darrem wraggies lekker om vandag weer een van jou stories te lees. Soos jy se, die Here seen jou jagonderneming. Ek weet dit is nie noodwendig maklik nie, maar dit lyk wraggies asof jy week in, en week uit jou kwota vol maak, en dit dan nog saam met n klomp oordentlike manne.
Baie geluk ook met die afgelope naweek se werk wat verby is.

Veiligheid eerste manne!
-
stan man
Re: phillip de bruyn se jag
dankie maat.
ja dit is harde werk ,maar dit is n voorreg.
en n jag groep se sukses hang baie van hulle self af.
phillip sal nog besonderhede kom gee vasn karkas gewigte.

- Hannes stof trapper
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Wed Jun 26, 2013 4:58 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Baie mooi storie
Dankie vir dit en dankie vir die deel dis altyd lekker om sulke ding te lees

Skiet mooi Maak mooi
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Stan man
Dit is lekker as jy so lees en jy kom agter hierdie man agter die hele operasie weet wat hy doen in die veld.
As die kliënte nie die kruishaar stil op die regte plek kan hou nie en die sneller nie versigtig kan laat werk nie, glo ek dit is nie jou skuld nie.
Groetnis

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: phillip de bruyn se jag
Baie mooi gedoen
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Lekker storie Stan Man- baie lekker vertel.
Geluk aan al die jagters met sulke netjiese bokke!

- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Ja nee,dit was 'n wonderlikke naweek onder puik bestuur van ons eie SUPER jagvasiliteerder FRANS STANDER,sommer met die aankomslag was oor wat ONS wou he en hy het gesorg dat ons kry wat ons verlang.
Op die storie kan ek nie veel verbeter nie behalwe om te se dat ons nie so goed sou gevaar het as dit nie vir frans en Jaco was nie.
Die gewigte wat ek sover het is die Rooibok ram 38.5kg,my blesbok ooi 40kg,my swaer Jaco se blesbok ooi 34kg,springbok rammetjie 19.5kg,my Gemsbok bul 110kg,my broer Renier se 3 blesbokke was almal hier om en by 36kg.
Die vark en die Elande hang nog so sal laat weet wanneer ons hulle weeg,kan net vir julle se dat ek nog nie in my lewe so 'n vet vark gesien het nie,groter ja,mar nie vetter nie.
Julle manne kan gerus vir Frans kontak vir 'n uitstekende ondervinding in die veld.
Groete
Philip De Bruyn

- Sniper66
- Full Member

- Posts: 208
- Joined: Sun Sep 11, 2011 3:54 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Baie mooi!
- Johan22
- Hero Member

- Posts: 524
- Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am
Re: phillip de bruyn se jag
Ja manne Frans is 'n yster in die veld ek het al 'n klein voorsmaak gehad en dit was te lekker.
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield)
.357 (S/Weston)
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
.303 (Lee Enfield)
.357 (S/Weston)
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Het nounet die vark geweeg,36kg na 5dae se hang en spekvet
- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Het 'n paar samples geproe hier by my pa hulle toe gee ek hom in by familie slaghuis in sasolburg,sal sien hoe gan dit
-
stan man
Re: phillip de bruyn se jag
man solank daai vleisie net loop soos stroop,is alles reg.ek lag nou nog as ek dink aan renier wat n blesbok probeer skiet en die volgende oomblik blaf jou roer en die vark val en jy sien net blesbokke hardloop. jou boet se gesig het redelik gehang. maar jou gesig het geblom.
dit is wat jag so lekker maak.
dit is wat jag so lekker maak.
- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Ja wat,you snooz you lose he he he
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: phillip de bruyn se jag
Mooi storie soos altyd, lekker om te lees, sal bietjie moet kom kuiers as die seisoen verby is. Philip julle manne het die lood lekker laat loop hoor!!
- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: phillip de bruyn se jag
Ja nee die lood het geloop soos 'n voetpad,maar ek dnk dit was nou eers genoeg vi 'n hele rukkie,van my kant af in elkgeval,ek moet eers al hierdie vleis klaar kry he he he
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: phillip de bruyn se jag
Daars n oplossing Philip, deel maar bietjie uit vir die pelle man, dan word die kas gou leeg, en het jy verskoning vir nog n trippie! 
-
stan man
Re: phillip de bruyn se jag
robbie ,praat maar net mater. ek het sulke gawe forum manne hierdie jaar raak gekuier,dit sal n skande wees as dit moet ophou oor die jag seisoen nou amper op n einde is.
- Philip De Bruyn(MFWIC)
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm
Re: phillip de bruyn se jag
More Frans of moet ek se boetietjie he he
My pa het laat weet mammie het gister vir hom die springbok blad gaargemaak(soos net 'n nooi uit Suid Wes kan) en dit was uit die boonste rakke,so weereens word jy bedaank so tussen die happies deur.
Lekker dag