Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post Reply
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Johan Reyneke »

Ek het die 5 Junie aansoek gedoen vir 223 Howa lisensie. Ek skakel inbel sentrum vanoggend om te hoor waar in die proses dit is. Word meegedeel dat dit van die 8ste by consideration is.

Wou net bevestig dat die kaliber en als reg is.

Groot was my skok dat ek volgens die stelsel aansoek gedoen het vir 303 Howa. Howa maak nie eers 'n 303 nie.

Die inbel sentrum gee my 2 nommers om te bel, nodeloos om te se maar vir meer as 2 ureis daar geen antwoord by enige een van die twee nie.

Ek was ook sommer na die DFO toe, wat my aansoek gaan trek, Alles wat in die leer is verwys na 223, self die uitdruk wat hul maak na die aansoek ingesleutel is.

Nou wonder waar die 223 skielik 303 kon word.

Ek stuur to sommer dadelik vir Kol van der Walt 'n ou emailtjie, ek verduidelik die situasie. Hoop dit kan opgelos word voor die aansoek gefinaliseer word.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by uitenwaj »

sterkte Johan

Hoop dit word sommer vinnig uit gesorteer. verstaan nie hoe hulle sulke voute kan maak nie. Maar nou ja dis die nuwe suid afrika so enige iets is seker moontlik
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by cassie_calvinia »

dit is soos my vrou se aansoek vir bevoegtheid vir 'n geweer, toe kry sy bevoegtheid vir 'n muzzlleloader
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Johan Reyneke »

Ek het vandag sms gekry my aansoek is ge"finalise". Weet nou net nie watter kaliber is hy nou op uitgereik nie, so ek sal nou maar moet wag en kyk as die kaartjie kom, of probeer om 'n uitdruk te kry en sien wat dit aandui. Ek het nie reaksie gekry van Kol van Walt nie, so ek hoop maar dat hy my email kon aan aandag gee.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by PWV »

Johan
Ek het 'n soortgelyke ondervinding gehad. My Bren het 'n Brno geword.
Dit het net mooi 'n jaar en ses maande geneem om dit reggestel te kry. Moes twee keer sertifikate van 'n wapensmid indien wat my elke keer geld gekos het. En dit was nie eers my skuld nie!
Sterkte hiermee, ou maat. Hoop nie dit gaan met jou so nie.
(Sal graag later wil hoor)

Groetnis
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Dawie »

Ek sit met 'n 9 mm Short op die lisensie, maar 9mm Para. in my kluis. Het dit genoem in die aansoek van die lisensie dat dit 'n 9mm Para. is en nie 'n 9mm Short soos op sisteem gewys het vir vorige eienaar nie.

Nodeloos om te sê lisensie kom toe as 9mm Short.

Ek het nie krag gehad om dit reg te maak nie so nou moet dit maar so bly. Het dit mos genoem.

As iemand van die CFR die post lees gee my 'n lui.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Nickvn »

Ek het ook al n soortgelyke probleem gehad. Daar is n form SAPS 521(g) wat jy kan gebruik om die regstelling te doen. Col vd Walt is die regte persoon as jy hom in die hande kan kry. Sy epos word ook nie beantwoord nie.

My advies is dat jy aanhou bel tot jy hom in die hande kry. Vertel hom die storie en stuur die vorm na hom toe om vir jou die regstelling te maak. Hy is baie behulpsaam as jy hom in die hande kry.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Johan Reyneke »

Het so uur terug by polisie stasie gewees en gevra vir uitdruk van vuurwapens wat op my naam is.

Wonder bo wonder het die 303 terug verander na 223. Ek is baie verlig dat ek nie nodig het om nou deur al die drama te gaan om kaliber reg te maak nie.

Ek moet ook se dat die Vanderbijlpark wapen kantoor dames is baie meer behulpsaam as die Sasolburg kantoor. Hulle het sommer papier werk gegee en gese as die handelaar wil kan ek die wapen gaan haal met die uitdrukke. Die 223'tjie staan in die kluis.

Nou gou scope opsit, lading doen en inskiet en dan begin die lekker speel
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Pvdw »

[quoteHulle het sommer papier werk gegee en gese as die handelaar wil kan ek die wapen gaan haal met die uitdrukke][/quote]

Bly als het mooi geloop Johan.

Watse winkel het jy by gekoop??

Camdix weier volstrek om jou wapen vir jou te gee met daai uitdruk. Ek moes wag tot ek die kaartjie in die hand het voor hulle wapen oorhandig het.

Peet
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Foutiewe Kaliber Aansoek vs Stelsel

Post by Johan Reyneke »

Peet

Hunting en Outdoor Vanderbijlpark
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Post Reply