Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Bushkey
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Jan 29, 2013 3:38 pm

Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Bushkey »

Wat is julle gevoel? Ek het so 10ha avos op die grond afgesny en is besig om Macedamias daar te plant. Ons gemidelde reenval 'n jaar in Tzaneen is so 1200mm/p/jaar. Ek slash permanent om te keer dat die gras hoer as die nuwe bome raak. Nou wonder ek. Dit gaan seker maklik 6jaar wees voor die bome groot genoeg gaan wees om met hul skaduwee die gras te begin smoor. In tussen kan bok se kind mos lekker eet. Paar dinge waaroor ek wonder.
1. Is dit te nat vir 'n Blesbok?
2. Sal 'n Nyala slegs gras vreet?
3. Ek het nie wildsheining nodig vir 'n Blesbok of Nyala nie, hulle is mos nie groot springers nie of is ek verkeerd?
4. Sal enige van die ouens my bome eet?
5. 'n Macedamia blaar is maar 'n harde doringrige ding, tog sien ek eet Bosbok en Duiker die nuwe flash plek-plek en dis eintlik vreemd.
6. Waar koop 'n mens Blesbokke of Nyalas aan behalwe vir veilings en is dit maklik om hulle te vervoer?

Dankie
Bossie
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Tarzan »

Bossie,
Blesbok is goed want hy eet net gras en sal nie uitkom nie, maar hy kan dalk jou boompies vertrap. Weet nie hoe groot hulle is nie. Njala sal knibbel en kan onderdeur kruip en kan ook maar spring. Het een amper raak gery toe sy deur wildsheining in pad in gespring het. Het hoog genoeg gespring om oor 1,4m heining te gaan. Wat ook al jy besluit om in te sit, sit net mak bokkies in, wat nie sal hardloop as jy daar wil werk nie.

Sterkte
Danie
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Tarzan »

NS Ek sou Swartwitpense insit as jy kon
Bushkey
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Jan 29, 2013 3:38 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Bushkey »

Tarzan wrote:Bossie,
Blesbok is goed want hy eet net gras en sal nie uitkom nie, maar hy kan dalk jou boompies vertrap. Weet nie hoe groot hulle is nie. Njala sal knibbel en kan onderdeur kruip en kan ook maar spring. Het een amper raak gery toe sy deur wildsheining in pad in gespring het. Het hoog genoeg gespring om oor 1,4m heining te gaan. Wat ook al jy besluit om in te sit, sit net mak bokkies in, wat nie sal hardloop as jy daar wil werk nie.

Sterkte
Danie
Dankie Danie. My probleem is net om mak bokke te kry ;D en my boompies is maar nog klein 'n Blesbok sal hom kas toe hardloop. Hier was nou die dag 'n Nyala bul wat op die plass rond gehardloop het. Moes maar erens ontsnap het.
Bushkey
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Jan 29, 2013 3:38 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Bushkey »

Tarzan wrote:NS Ek sou Swartwitpense insit as jy kon
Verseker, maar met hul huidige prys :o en as jy een moet verloor. Dit kan 'n man ruïneer.
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Spekboom »

Skape of vlakvarke gaan die ding doen.
Bushkey
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Jan 29, 2013 3:38 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Bushkey »

Spekboom wrote:Skape of vlakvarke gaan die ding doen.
Te nat vir beide. Hier is baie Bosvarke, maar gin niks behalwe 'n serious muur hou hulle in nie.
johank
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Tue Mar 19, 2013 7:42 am

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by johank »

Tarzan wrote:Bossie,
Blesbok is goed want hy eet net gras en sal nie uitkom nie, maar hy kan dalk jou boompies vertrap. Weet nie hoe groot hulle is nie. Njala sal knibbel en kan onderdeur kruip en kan ook maar spring. Het een amper raak gery toe sy deur wildsheining in pad in gespring het. Het hoog genoeg gespring om oor 1,4m heining te gaan. Wat ook al jy besluit om in te sit, sit net mak bokkies in, wat nie sal hardloop as jy daar wil werk nie.

Sterkte
Danie
Hi Bossie

Ek stem saam met Danie. Ons het Nyalas op die plaas en moes al die tuine toe maak met draad om maar die bulle spring steeds gerieflik oor drade wat hoër is as die normale kampdrade. Die ander problem wat ons ook ondervind met die bulle en dit sal waarskynlik by jou ook gebeur, is dat hul lief is daarvoor om hul horings te skuur teen die bome so hul breek maklik n' klein boompie se takke af en dan gaan daai bul mooier lyk deur die teleskoop...

Vriendelike groete

Johan
Last edited by johank on Fri Jul 26, 2013 2:22 pm, edited 1 time in total.
Bushkey
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Jan 29, 2013 3:38 pm

Re: Blessbok of Nyala tussen Macedamia

Post by Bushkey »

Dankie Johan.
Post Reply