neste

Post Reply
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

neste

Post by Henry 7 »

Manne help asb.
My werkers sê my 'n buurman se volk weet van neste in hulle veld.Ek het nie neste by my nie en die wetters kom van die buurman af om my te vang-ek mag in sy veld skiet so dit help-sy werkers het laasjaar gaan grou by daai gate en toegepak met klippe.
Nou my vraag-----gaan hulle weer in daardie omgewing neste maak of heeltemal skuif-dis so moeilik om die neste te kry want hulle maak hier ook neste hoog in die kranse.
Henry
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: neste

Post by Cobus(Cobb) »

In Taffie se kurses het hy vertel van gate/neste wat oor en oor gebruik word, so ek sal sê ja...die toepak help nie want jak soek net 'n ander gat in daai omgewing en gaan voort met sy dinge..

Ek sou eerder daar loop wag, die ma, pa en helper roep en skiet en daarna die kleintjies ook skiet...dis maar hoe Heinrich se video ook leer.

Sterkte
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: neste

Post by smitjs »

In my ondervinding is plaaswerkers nie betroubaar wat dit betref nie, en kan mens hulle nie leer om neste uit te los nie. Die nuwe nes wat ek laas week gekry het, het ek die boer van vertel, nie die plaaswerkers nie.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: neste

Post by Henry 7 »

Cobus
Ja ek het gaan kyk en van hulle werk-terrein is baie goed gekies met hope dooie grond. 50m van gate 270º is dooie grond,lang gras en baie besembos-dink dagroep gaan beter werk.Nog geen teken van kleintjies-ek dink eers so oor 'n maand as ons ooie lam.Weet nie of ek vir kleintjietyd moet wag as beskermingsdrang hoog is of nou 'n kans moet vat en fabriek moet probeer sluit nie-terrein is regtig moeilik alhoewel dit maklik bereikbaar is met bakkie.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: neste

Post by smitjs »

Nog nie, gee kans, dink ek. Wat dink die ander manne?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: neste

Post by Cobus(Cobb) »

Ek sou so maak.....
Wag vir kleintjies, volg kurses material en wis ouers uit, vang paar kleintjies (geen idee hoe nie) en gee vir manne soos Taffie, Jason, DawieD vir aanhouding en verdere navorsing...
Volgende jaar is die neste weer bewoon...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply