Horingmates: linker- 42" basis 9.5" Regterhoring 41.25" basis 9.2" TIP TO TIP 18.5"
Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Ek sit die onder trofee kamer want dit is min dat 'n trofee Swartwitpensbul deur 'n mens se vingers gaan. 'n Vriend van my vra om 'n bul vir hom te skuif. Ek sê; ja ons kan dit gou doen. Hy sê weer; Wat, gougou? Ons stop op die plaas en kry die hulp en maak alles reg om die bul te gaan pyl. Ek merk die bul met die verkyker op lê 20 meter van die pad in lang dekgras. Ek ry met die bakkie tot teen die draad en stop 30 meter van hom af en druk die geweer se loop deur die draad en die bul staan op. Hy staan eerste met sy voorbene op en toe volg die agterlyf en die pyl tref hom in die linkerblad om 16H18. Hy vlieg daar weg en probeer om met sy linkerhoring die dart uit sy blad te krap en kannie nou verstaan watse groot steekvlieg het hom nou gesteek nie. Die induksie begin om 16H21 en ek ry om die kamp by die hek in. Kom daar en hier lê hy mooi op sy borskas. Ons laai hom en ry sowat 3 kilometer met hom na sy nuwe kamp waar daar sewe verse vir hom wag. Hom afgelaai, gou gemeet en die nodige goed gespuit en wakker gemaak. Hy staan presies om 16H38 weer op en stap die veld in. Nou kan ek ook sê: ek het ook 'n trofee Swartwitpens geskiet
. Al verskil is, is dat hy nie dood is nie want ek persoonlik sal nie so 'n mooi dier kan skiet nie.
Horingmates: linker- 42" basis 9.5" Regterhoring 41.25" basis 9.2" TIP TO TIP 18.5"
Horingmates: linker- 42" basis 9.5" Regterhoring 41.25" basis 9.2" TIP TO TIP 18.5"
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Johan243
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Sat Feb 16, 2013 12:59 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Ian
Dis darem mooi,die ou gaan hom gate uit geniet in sy nuwe kamp
Johan
Dis darem mooi,die ou gaan hom gate uit geniet in sy nuwe kamp
Johan
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Wow!!!
ek dink weer "gate in "
Groete
Douw
ek dink weer "gate in "
Groete
Douw
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Wow dis n Monster daai !!!
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Wragtag pragtag!
Jis hy is baie mooi. Ek moet gou plan maak om te gaan kuier dat ek ook kan bokke kyk.
Jis hy is baie mooi. Ek moet gou plan maak om te gaan kuier dat ek ook kan bokke kyk.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Dit bly darem een van die mooistes.
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Baie Mooi. Ek hou van die laaste foto. Nie besef hulle is eintlik so groot nie!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Baie mooi!
Wat weeg daai bok omtrent?
Wat weeg daai bok omtrent?
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Henried
Die boeke sê 200 tot 250kg lewendige gewig vir 'n bul. Ek self het nog nooit een geweeg nie so ons moet maar die ouens vra wat die diere al gejag het.
Mooi bly
Die boeke sê 200 tot 250kg lewendige gewig vir 'n bul. Ek self het nog nooit een geweeg nie so ons moet maar die ouens vra wat die diere al gejag het.
Mooi bly
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Nog 'n dag in Afrika met 'n monster Swarwitpensbul
Hi Ian
Wat n voorreg om by so pragtige dier te kan wees terwyl hy nog lewe so in die veld
Mooi foto en storie soos altyd
Groete
Wat n voorreg om by so pragtige dier te kan wees terwyl hy nog lewe so in die veld
Mooi foto en storie soos altyd
Groete