Geluid van 'n luiperd wat roep
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Geluid van 'n luiperd wat roep
Hallo almal,
Wat se geluid maak 'n luiperd as dit iets roep? Die rede vir my vraag is, ek het in die Musina omgewing gejag en 'n geluid gehoor wat klink soos 'n kudu wat bulk maar wat deur 'n luiperd mannetjie gemaak is.
Die rede hoekom ek dink dit kan 'n luiperd wees, want ons het dit in die veld geloop en naby ons gehoor en weer waar ons voorgesit het by 'n watergat. Die luiperd het uit die bosse gekom om water te drink en gesien. Hy het ons glad nie gesien of geruik nie.
Of is ek heeltemal verkeerd dat dit wel kudus was?
Groete,

GREYHOUND
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Weet nie hoe maak luiperd, maar ek weet wat se geluid maak ek as ek hom in die bos raakloop??????
Greyhound
Greyhound
-
Ambessa
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Hallo Greyhound
Ambessa
...gatskoonmaak is seker ook 'n geluid?GREYHOUND wrote:...ek weet wat se geluid maak ek as ek hom in die bos raakloop??????
Ambessa
-
Danie Lombard .243
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Ek het die voorreg gehad om 'n luiperd te hoor "SAAG" in die kalahari gemsbok park.
Dit is 'n geluid wat jou hoenedrvleis gee en jou hare pen oornet laat staan. Jy hoor sommer die dierasie is nukkerig.
Die gluid word saag genoem, dit klink soos 'n vinnige snork-saag geluid uit 'n hees HUH stem met 'n skielike birrr na klank na elke roep. so 'n snork!bir snork!bir snork!bir snork!bir vinnig op mekaar saag geluid, amper soos stomp tande saag op harde hout, vinnige bewegings. Dit is ook hard en duidelik hooprbaar.
Ek dink jy sal hom weet as jy hom hoor.
Jagluiperd klink weer soos 'n skril jonge dame wat se hie hie hie.
Totaal ander as luiperd sin.

Hallo almal
Luister gerus na hartelus - maar draai net die volume eers baie sagter.
Ambessa
http://www.partnersinrhyme.com/soundfx/animals/animals_sounds/BigCats_sounds/lion_leopard_wav.shtml

Last edited by Ambessa on Tue Jul 20, 2010 12:53 pm, edited 1 time in total.
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Kan nie die geluid presies byskryf nie .
As jy nie hoendervleis kry nie was dit nie hy nie.

Knou die gediertes AF.
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Dankie vir die terugvoer, ons het die geluid vir 'n ruk bekruip. Ja, as ons geweet het dat daardie geluid 'n moontlike luiperd kan wees het ons ook "gatskoongemaak".
Dit is nogal snaaks dat hulle daar is, maar nog niemand sover aangeval nie. Jy sien baie spore, maar nie hulle nie.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Ek wonder nou as n mens luiperd en leeu klanke kan opneem veral da wa hulle besig is om te vreet sal dit nie ook jakkalse inbring nie. Het al baie gesien in kalahari dat jakkalse altyd agter leeus loop, en kyk ma hoe vinnig na leeus veral gejag het is jakkals en haina op die toneel.
Blok.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Dit was nie dalk die geluid wat n kudu maak as hy skrik nie? In die geval juis vir die luiperd wat kom water drink nie? Kudu kan nogal jou hare laat regop staan as hy hier langs jou in die bos blaf en jy het hom nie verwag nie.JvB wrote: Wat se geluid maak 'n luiperd as dit iets roep?
Of is ek heeltemal verkeerd dat dit wel kudus was?
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Kudu bul en luiperd het beide diep stemme.
Maar 'n kudu bul blaf een keer hard en is dan stil en sal meeste keer weg beweeg voor hy weer blaf.
Luiperd klink of jy besig is om met hand saag balke te saag ...
Soos reeds gese is dit is 'n baie spesiale geluid en as jy dit eers gehoor het nie sal vergeet nie. As dit in die bosveld gehoor het was jy baie bevoor reg.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Ons het kudus hoor blaf in die veld wat een keer was en hul hoor weg hardloop, maar die roep was 'n hele paar keer gedoen. Die boer het later vasgestel dat daar twee verskillende spore is 'n mannetjie en wyfie. Dit kan moontlik wees dat die mannetjie 'n wyfie geroep het.
Ja, dit is iets wat ek nie sal vergeet nie.
JvB
Ja, dit is iets wat ek nie sal vergeet nie.
JvB
-
Ambessa
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Hallo JvB
Ambessa
Hierdie diere is die "Quintessential" kat. Baie mense sal nooit eens weet hoe naby hulle reeds aan 'n wilde luiperd was nie, agterna moontlik net die spore sien. Hulle val ook nie sommer mense aan nie, tensy hulle vaskeer of siek is soos 'n paar jaar gelede in die Kruger Nasionale Park waar 'n vrou in die personeel se dorpie gedood is.JvB wrote:...as ons geweet het dat daardie geluid 'n moontlike luiperd kan wees het ons ook "gatskoongemaak"... ...Dit is nogal snaaks dat hulle daar is, maar nog niemand sover aangeval nie. Jy sien baie spore, maar nie hulle nie.
Ambessa
Last edited by Ambessa on Sun Jul 25, 2010 11:31 am, edited 1 time in total.
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Hierdie diere is die "Quinticental" kat.
Ambessa
[/quote]
Oom Am
Verduidelik asb die term.
dankie
roies
Ambessa
[/quote]
Oom Am
Verduidelik asb die term.
dankie
roies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Ambessa
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Hallo Rooies
Laat my nou dink, party ouens sal sweer by sy LR en ander sal weer hulle soort lorretjies uitwys as die regte en enigste 4x4xfar...
Ambessa
'n Luiperd is die kat - dit beliggaam alles/essensie wat jy van 'n kat sou verwag - amper soos die eerste en enigste model of verwysingspunt waarop alle ander katte gebou is. Hy het alles wat in 'n kat moet wees - punt.Rooies wrote:...is die "Quinticental" kat...
...Verduidelik asb die term...
Laat my nou dink, party ouens sal sweer by sy LR en ander sal weer hulle soort lorretjies uitwys as die regte en enigste 4x4xfar...
Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Jul 21, 2010 2:18 pm, edited 1 time in total.
-
Danie Lombard .243
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
So as ek my grys huiskat wil meet doen ek dit teenoor die luiperd, hy is die kat.
Dankie oom AM. Nou weet ek/ons mooi wat daai groot woord beteken.

- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Danie 243
Man wil jy nie die stukkie klank soos beskryf vir ons in engels vertaal nie? Ons Engelse vriende jag ook mos .
Biker

In Engels asb.Danie .243 wrote:
Die gluid word saag genoem, dit klink soos 'n vinnige snork-saag geluid uit 'n hees HUH stem met 'n skielike birrr na klank na elke roep. so 'n snork!bir snork!bir snork!bir snork!bir vinnig op mekaar saag geluid, amper soos stomp tande saag op harde hout, vinnige bewegings.
Biker
-
Danie Lombard .243
Re: Geluid van 'n luiperd wat roep
Geee whizz Biker, Are you pulling my socks?
Leopard sounds like nothing you have ever heard before in your life. It whill shiver your timbers and rattle your bones.
My internet connection on the farm is a bit slow, so i could'nt listen to the sound wave oom Am talked about in the topic. Why don't you listen to oom Am's link on the sound file and listen to one of africa's most wonderful wild animals.
In 2002 het ek en Yolandi die kalahari gemsbok park besoek vir die eerste keer. Wat 'n ondervinding. Die mooiste plek op aarde. By die Nossob kamp kry ons die middag so 3uur 'n jakkals mannetjie en sy teef wat 'n jong springbok ooi bekruip en jaag. Lyk of die springbok dalk makeer, moontlik siek. Teen die tyd dat ons op hul afgekom het was die lot al lekker moeg gehol. Die teef le plat en die reun sit op sy gat. Altwee se tonge lekker ver uit uit hyg na hul asems. Die springbokkie staan krom rug, kop om laag en sy asem snel dat die pens so vinnig goter en kleiner word. So 200 meter verder is die Nossob uitkyk hout huis en die water krip suiping. So gaan drink die springbok water en toe is dit die twee jakkals se beurt. Vir een of ander rede het die jakkalse nie die ooitjie gepla toe sy water drink nie. Niemand weet dat daar 'n luiperd onder die hout gebou le in die koelte nie. Toe die twee jakkasle water drink spring daai luiperd soos blits onder die hout gebou uit, oor 'n sand wal en gryp die jakkals, ek vermoed die mannetjie jakkals, so in die hardloop agter die kruis op die rug. Dit het soos blits gebuer. Daai luiperd gee so 'n brul geluid toe hy die jakkals gryp. Wat ek uit daai jakkals se keel gehoor het, het ek nog nooit gehoor nie. Ek wil vir jul se ek het die ou jakkie jammer gekry. Dit is die hardste jakkals gil wat ek ooit gehoor het. ie gil was vinnig opmekaar. So 'n ruk en byt van die luiperd en die jakkals hang leweloos in sy bek. Daar stap die luiperd in 'n oostelike rigting met die dooie jakkals in sy bek en die ander jakkals sit die luiperd agterna. Die ander jakkals, ek vermoed dit was die teef, het al agter die luiperd aan geloop en geraas, gebalf en getjank en gehuil soos wat ek nog nie gehoor het nie. Dit het so aangehou vir 'n lang tyd. Hul was al oor die duin aan die rivier bedding se ooste kant, ons kon hul nie meer sien nie, maar steeds die jakkals se gekerm duidelik hoor en so het die klank al hoe verder en stiller geword.
Sou dit 'n mens gewees het wat daai luiperd bespring het sou die mens geen kans gehad het nie. Dit het blit vinnig gebeur. Manne, daai kat is vinnig. Ek wil nie met hom te doen kry na hy weggeterk het nie. Jy is in jou moer in.
So het ons gou geleer met ons opvolg besoeke hoe om luiperd te kry. Hul is maar skaam en skugter bedags en le lui in die bome en slaap. Mens sien hul baie moeilik. Ek is seker dat baie mense al by 'n luiperd verby gestap het en dit nie eers geweet het nie. MAAR as 'n luiperd in 'n boom is kan jy maar loer, daar is 80% van die tyd 'n kraai bo in die boom wat rond spring en lawaai. Ons het dit ook vele kere gesien waar leeus onder die bome le en slaap. Dit is so asof die kraai vir almal in die omgewing wil vertel hier is groot gevaar by die boom. Ons het ook vele kere jakkals onder die boom sien sit en rondstaan terwyl hul loer na bo in die boom en kort-kort blaf. Eenjaar kry ons weer 'n jakkals wat so onder 'n boom sit en blaf. Hy blaf met alle mag soveel so dat met elke blaf hy sy voor bene van die grond af lig en vir 'n oomblik net op die agterbene balanseer so sit-sit. Daar was ook 'n luiperd in daai boom.