Gisteraand my fout reggemaak?????

Post Reply
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by Martin Marais »

Ek het 2 weke gelede op die buurplaas 'n jakkals mis geskiet. Gisteraand het ek egter in die kerngebied gaan roep. Ek kon hierdie teef skiet en vermoed sy was die een wat ek mis geskiet het. Teef is nie dragtig nie en ek skat ouderdom tussen 3-4 jaar en weeg 7.5 kg.

http://i1070.photobucket.com/albums/u496/martinmarais200161/4b8c2cc1-c40e-4021-9380-e28b035c8d37_zps6d574a46.jpg

http://i1070.photobucket.com/albums/u496/martinmarais200161/420725d5-af7f-4823-934e-d0a228c99952_zps7fd35d65.jpg
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by James Wilson »

Martin, goeie werk! Watse klanke?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by Martin Marais »

James.
Volgens die plaasboer se beskrywing het ek gereken dit is 'n rooikat wat vang. Ek kies toe staanplek naby 'n klein klofie se bo punt teen die hang van 'n berg. Daar is so klein plato,so ek kon darem redelik goeie staanplek kry. Die wind was egter sterk,en verander al die tyd van rigting. Omrede daar vir die laaste 7 nagte elke aand 'n lam op hierdie plek gevang word,het ek besluit om maar die elemente te trotseer en myself orreed om vir ten minste 3 ure hier te sit. Omdat die vermoede so sterk was dat dit 'n rooikat is wat vang het ek aanvanklik met tossels 3 geroep. Later het ek oorgeslaan na Kliphasie. Die hasie roepe is afgewissel met lang stiltes tussenin. My plan was om tot 21h00 op hierdie staanplek te sit. Die wind was regtig teen hierdie tyd sleg,en het kort kort van rigting verander.Teen 20h45 na ongeveer 20 minute van stilte,speel ek weer kliphasie,net vir paar sekondes en skakel af. Die wind draai weer,en ek tel die oog op wat nou saam met die wind inkom na my staanplek.Ek skiet toe hierdie teef ongeveer 120m van die voertuig af.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by Henry 7 »

As dit daai selle een is is dit briljant gedoen!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by James Wilson »

Lekker!!!

Onthou maar net dit kan nogsteeds n kat wees wat die skuldige was
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by Martin Marais »

James,dankie ek hoor jou. Die werkers het een van die lammers wat gevang was na die opstal geneem. Ek kon hierdie lam gisteraand na die jag darem inspekteer. Bytmerke aan die keel/gesig area was duidelik rooijakkals. Daar was 'n klein gaatjie in die vel op die een boud. By nadere ondersoek het ek gesien dat feitlik die hele boud opgevreet is deur hierdie klein gaatjie. Die vel is nie afgeskeur nie,maar netjies skoongevreet aan die binnekant,en daarom reken ek hierdie spesifieke lam was deur 'n jakkals gevang.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by James Wilson »

Goeie nuus
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by Jassie »

Martin

Die oprol van so 'n middeljarige "teeftannie" laat mens altyd goed voel, maar die gevoel is nog beter as die tyd so vêr gestap het en die weer nie regtig saamgespeel het nie. Mooi so!!!

Aanvaar jy't jou fout reg gemaak en laat die boer die sakie verder moniteer. So nie het jy nog werk maar dan is hierdie een mos so 'n ietsie ekstra vir die gatsak. Ek hoop nie jy kry verniet koud nie?

Groete
JAS

Van die os op die JAS: Nog 'n onbesette teef en ek wonder steeds wat hier aan die gang is?
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Gisteraand my fout reggemaak?????

Post by Pieter »

Wys jou, geduld is maar die ding, as jy weet hy's daar. Mooi man.

Groetnis
Post Reply