Betaling per jaar aan bokke

Post Reply
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Betaling per jaar aan bokke

Post by Charles.308 »

Net vir interesant heid wat betaal meeste jagters per jaar aan bokke en dag/verblyf per jaar.Ek nog nie baie hierdie jaar gejag nie,maar staan op so R7000 en nog nie klaar gejag vir die jaar nie.Ek verkoop nie my vleis nie ,ek bewerk dit vir die huis.
Groete
Last edited by Charles.308 on Sat Jun 22, 2013 8:54 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by PWV »

Jy is geseënd, my vriend!!
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Charles.308 »

Oom Pieter ons Suid Afrikaners kan nie sonder vleis nie.Stel nie beland in slaghuis wors nie,maak my eie dan weet ek watter vleis daar in is.
Groete
stan man

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by stan man »

ekself wil nie optel nie. vir die huis al n koedoe koei,vlakvark 3 springbokke en n swart wildebees geskiet.ek is gelukkig genoeg om nie dagfooie te betaal nie. as ek daardie ook nog moes betaal sou ek nie soveel kon skiet nie. ek wil graag nog n rooibok of twee skiet asook n rooihartbees en n takbok. nog n koedoe sal ook aangenaam wees.

as ek egter na my dagfooi kyk wat ek my jagters vra sou ek al amper R2000 aan dit moes afstaan. dan kom daar nog eet en drink en transport by. nou die dag se trippie trompsburg toe het my so R1200 gekos.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by mariusr »

Glo nie ou sal weg kom vir onder R4000 per jag trip as jy al jou kostes in bereking bring dis nou sonder van die groot bokke sal net rooibok of twee insluit ek glo dat meeste jagters gemiddeld tussen 10k en 12k spandeer op een jag trip is maar duur stokperdjie! :): :):
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by 375fanatic »

wat my vrou dink ek spandeer het = R5000

wat ek regtig spandeer het = +- R9500 gadgets en komponente uitgesluit >:D

sy se nou die dag sy soek ook 5k om na a hydro toe te gaan dis mos wat ek op jag spandeer toe se ek dis 100% solank sy net 30kg biltong te minste terug bring.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by henried »

Hierdie is inligting van Peet van der Merwe, dink hy is van die ou Pukke, 2008 se inligting...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Eugene »

Ek begroot die laaste 2 jaar vir so R15 000 per jagseisoen, maar ek kry darem so hier en daar 'n paar bokkies op die huis by kliente!

Dis natuur net biltongjag en geen trofees nie, anders is daai geldtjies net genoeg vir 1 bok...
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by FHM »

Myne werk so 20 K per seisoen uit op standaard jagtrips - wat 3 jagte per seisoen is.
Dus so 7 K per jagtrip.

As jy natuurlik bevriend is met die Jagplaas eienaar en jou dagfooie en verblyf, koelkamer rates en so aan word verniet gegee, kan jy met goedkoper per jag wegkom. Maar dis dan nie n 'standaard jagtrip' nie. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Smirre »

Manne
Dis 'n gevaarlike onderwerp!!!

Vandat my seun en dogter ook jag..en die ma ook saamgaan is daar amper niks vir my oor nie!!!

Die probleem is al die vleis, waar heen met dit, net soveel vriesplek.

Amper voel ek jammer vir myself

Smirre
ps dis 'n absolute voorreg om saam met jou kinders te kan jag!!!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by NicoSmit »

shht... ma weet nie en sy hoef ook nie
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Dries Skiet »

Ek is ook so omtrent op R20k per seisoen, ek gebruik die huis se vleis begroting, het die jaar 120kg braai wors en 20kg maalvleis gemaak, springbok word soos n skaap opgesny dit help baie om die slaghuis rekening af tebring en is baie gesonder.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by FHM »

Smirre wrote:Manne
Dis 'n gevaarlike onderwerp!!!

Vandat my seun en dogter ook jag..en die ma ook saamgaan is daar amper niks vir my oor nie!!!

Die probleem is al die vleis, waar heen met dit, net soveel vriesplek.

Amper voel ek jammer vir myself

Smirre
ps dis 'n absolute voorreg om saam met jou kinders te kan jag!!!

Hehehehe ou Smirre dis goed om jouself so nou en dan te berispe! :laugh:
Aangesien jy nou so klomp jagmaats het - dink jy nie dit raak tyd om nog n vrieskas in die garage met hulle te bespreek nie....?
Ek meen - hulle help immers die wat jy reeds het vol te hou....so dan maak dit mos net sin vir n adissionele een...? ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Smirre »

FHM
Ek gaaan eerder nie se hoeveel ek reeds het nie!

Die probleem is al die vleis!!!

Smirre
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Swys14 »

my een jag die jaar het R5500 uitgewerk. Petrol, Verblyf en Wild.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Frederik »

En as mens daardie syfers van Henried vat is die internasionale mark eintlik nie so groot nie.
5000-6000 Internasional jagters wat gemiddeld $12 000 spaandeer = R720 miljoen
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by Spanner »

My onlangse jag in Botswana het my R18 000 uitgewerk vir die bokke en verblyf, wat direk in die boer se sak gaan. As ek al die klein ekstras soos fooitjies vir die gidse, slagters, skoonmakers ens, ens bysit is dit seker R19 500 wat ek net op die plaas spandeer het. Dit sluit alle brandstof, vleispermitte, Botswana belasting, eet-en-drinkgoed, tolhekke en al die ader klein ekstras uit.
By die huis kos al die vleis verwerking my ook 'n klomp geld, al doen ek alles self, want al die brisketvet (teen R40/kg vir 420kg se maalvleis !), speserye en peperduur-derms, moet nog bykom. As ek moet vinnig skat sal my hele jag rekening my ............."te veel" uitwerk. Ek het gou-gou geleer om nie daai som te maak nie, dit maak my net depresief daarna. Maar hoe jy ook al daarna kyk - jag bly 'n bargain !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Betaling per jaar aan bokke

Post by PWV »

SUG ??? ???
Post Reply