Wat se kos verkies jakes

Post Reply
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Wat se kos verkies jakes

Post by hebron »

Miskien weet iemand meer: ek het n paar jakkalse in n voer-kampie; hulle het nog nooit uit n sak kos gekry nie, nog altyd hase en dasse geskiet want ek gebruik hul mis. Nou ewe skielik wil hulle nie meer die haas eet nie, hulle verkies eerder n das of kolgans. Die hase sal le en vrot maar hulle eet nie daaraan nie al gee ek ook niks anders om te vreet vir n week nie. Ek het gedink hase is hul stapelvoedsel (natuurlike prooi); het hulle nie ook voorkeur oor wat hulle watter maande eet, soos party mense se daar is net sekere maande wat n mens tarentale skiet ens.?

Nog iets waaroor ek dan wonder: party boere se die jakkalse loop by hulle maar vang nie, en as jy weer hoor dan vreet die jakkalse hulle op (veral nou tot Des). Is dit maar dieselfde lot wat n maand terug daar so vredeliewend gebly het of het n meer dominante span daar ingetrek?

Sal graag hoor wat die ander mense ondervinding is!!

NS. Vir my is elke jakkals wat n spoor kan trap n potensiele gevaar vir my lammers!

Hoor graag
Willem
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Wat se kos verkies jakes

Post by Jakkie 321 »

Willem

Sit n lewendige lam of haas in die hok.

Groette
Jakkie 321
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Post Reply