Naand manne
Ek skiet tans met 25-o6 jakkies en probleemdiere en oes ook met een, het toe besluit om vir my n peashooter te kry vir die nagskiet en oes ens
Die ding is nou dat ek glad nie vermoeid is met die kettie se ladings ens nie en sal dit waardeer as die kenners vir my n goeie "BEGIN" resep kan voorskryf van die ladings ens, wil hom nie te warm skiet nie maar hy moet darm bikki woema he
Die geweer is die Ruger MK II Varminter met n 26" loop en laminated kolf
Vir die prys kon ek die geweertjie nie los nie @ R 9 000 uit die boks nie
Het dit oorweeg om eers n 223 te koop maar kom toe op die gelukkie af en toe se my kop vir my dat as die 2 gewere identies lyk ens sal die 22-250 als mos net bikki harder kan stamp as die 223, Lope uitskiet ook vinniger maar dis maar die enogste opofffering waaraan ek kon dink toe ek die besluit gemaak het, dis waarom ek die kenners se raad vra?????
Ek sien uit om van julle te hoor
Groete
Foxhound
22-250 Raad
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
22-250 Raad
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 866
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: 22-250 Raad
Foxie
Ek laai 37.5gr, S341 met 55gr Nosler ballistic tip voor. Winchester doppe en primers.
My tpl het ook verskil tussen Hornady en Nosler punte. Ek hou meer van die Nosler as die Hornady.
Ek laai 37.5gr, S341 met 55gr Nosler ballistic tip voor. Winchester doppe en primers.
My tpl het ook verskil tussen Hornady en Nosler punte. Ek hou meer van die Nosler as die Hornady.
Geroer-nie geskud nie
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: 22-250 Raad
Hallo FoxhoundFoxhound wrote: Die geweer is die Ruger MK II Varminter met n 26" loop en laminated kolf
Ek skiet ook met so een, daai roer het 'n 1 in 14" twistrate, hy hou van ligte puntjies. Ek skiet 40gr V-max met 40gr S355, maak die doppie lekker vol. Dit behoort jou 4250fps te gee, zero op 230m. Ek sal nie sommer wild daarmee skiet nie, maar vir kat/jak werk hy lekker en jy gaan nie sommer platter trajek kry nie. Ek gaan oorslaan na die 40gr ballistic tip hulle BC is .238 vs die V-max se .200
Ps. Sou jy die lading wil probeer, werk maar eers op na 40gr toe en hou tekens van druk dop, ek wil nie gesue word nie.
Cheers
Kojak
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 22-250 Raad
Foxie
Ek skiet ook een vi Springbok oes, ou loop het gelaaik van 33.6 gr S335 op 50gr V-max, PMP doppe met CCI200 slagdop. Nuwe loop is 1-10 twist, lyk my hy hou van 33.8gr S335, PMP doppe en CCI 200 slagdoppe, het oor my Chrony 3910ft/sec gemeet.
Laaitie se Howa het 1-13.5 twist loop,52gr Sierra MK, nuwe PMP doppe, CCI 200 slagdoppe, 33.8/34.0 S335, het nog nie vir spoed getoets nie.
Hoop dit help n bietjie.
Mooi loop
Francois
Ek skiet ook een vi Springbok oes, ou loop het gelaaik van 33.6 gr S335 op 50gr V-max, PMP doppe met CCI200 slagdop. Nuwe loop is 1-10 twist, lyk my hy hou van 33.8gr S335, PMP doppe en CCI 200 slagdoppe, het oor my Chrony 3910ft/sec gemeet.
Laaitie se Howa het 1-13.5 twist loop,52gr Sierra MK, nuwe PMP doppe, CCI 200 slagdoppe, 33.8/34.0 S335, het nog nie vir spoed getoets nie.
Hoop dit help n bietjie.
Mooi loop
Francois
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: 22-250 Raad
dankie manne
Ek gaan hom maar sommer van die staanspoor af self laai,en al die inligting en raad is vir my goud werd
Lisensie darm al in vir oorweging in pta so begoort net n kwessie van tyd te wees dan kan ek begin plat en vinnig skiet
Nogmaals dankie vir julle onbaatsugtige raad,word opreg waardeer
Groete
Foxie
Ek gaan hom maar sommer van die staanspoor af self laai,en al die inligting en raad is vir my goud werd
Lisensie darm al in vir oorweging in pta so begoort net n kwessie van tyd te wees dan kan ek begin plat en vinnig skiet
Nogmaals dankie vir julle onbaatsugtige raad,word opreg waardeer
Groete
Foxie
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: 22-250 Raad
Fox,
Ek het die beste raad!
Koop vir jou n 243, dam verlos ek jou van die Ruger. Klink dit nie goeie plan nie?
Groete
Hein
Ek het die beste raad!
Koop vir jou n 243, dam verlos ek jou van die Ruger. Klink dit nie goeie plan nie?
Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: 22-250 Raad
hallo hein
Jong die 2 2 250 skiet dam bikki goedkoper as die 243, maar as di huidige loop van my 25 klaar is gaan hy 'n 243 loop kry,het n vriend genaamd terminator wat my so oortuig het
Groete
Das
Jong die 2 2 250 skiet dam bikki goedkoper as die 243, maar as di huidige loop van my 25 klaar is gaan hy 'n 243 loop kry,het n vriend genaamd terminator wat my so oortuig het
Groete
Das
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: 22-250 Raad
Das,
Ek sal dit nooit aan n 22 250 eienaar doen nie. Ek geniet myne te veel.
My volgende roer sal n 260 r
Remington wees.
Ek was ook eens op n tyd n eienaar van n 25 gewees. Het hom ook baie geniet. Hy was maar net vreeslik vol twak met die komponente en ek was maar nog aan die begin gewees met die herlaai.
Hein
Ek sal dit nooit aan n 22 250 eienaar doen nie. Ek geniet myne te veel.
My volgende roer sal n 260 r
Remington wees.
Ek was ook eens op n tyd n eienaar van n 25 gewees. Het hom ook baie geniet. Hy was maar net vreeslik vol twak met die komponente en ek was maar nog aan die begin gewees met die herlaai.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Rudie Combrinck(9mm)
- Full Member

- Posts: 114
- Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am
Re: 22-250 Raad
Dassie
Waar is daai beloofde klanke waarmee jy so spog ou maat?
Hoop nie jy wil dit stuur eers as jou nuwe gun se liksens kom nie!
Ten daai tyd het ou jakkie al van ouderdom omgekom
Waar is daai beloofde klanke waarmee jy so spog ou maat?
Hoop nie jy wil dit stuur eers as jou nuwe gun se liksens kom nie!
Ten daai tyd het ou jakkie al van ouderdom omgekom
-
hagar
Re: 22-250 Raad
Jy moet bietjie die swaarder kogels probeer, my 22/250 het die 64 grein Winchester Power Points (gelaai met 38 grein 4350) geskiet dat die byle huil, selfs met die 1 in 14 twist. Het baie beter op coyotes gewerk as die 55 greiners, ek het te veel coyotes gewond met die ligter punte, die goed ontplof en doen baie skade op die vel, maar penetreer nie diep genoeg om die daad te doen nie. Ek het tot takbokke en wilde varkies met die 64 PP gejag, en hulle het fantasties gewerk, perfekte mushrooms en penetrasie.