Alweer was geluk by my sy

Post Reply
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Alweer was geluk by my sy

Post by Heinf »

Hi Manne

So van die os op die jas ,

Ek beplan nou al van vroeg die jaar my familie jag en wat n vooreg was dit nie. Ek was weer in die bos saam met Pa en my broer wat nou maar net 1 maal n jaar gebeur . Enigste verskil was dat ons hierdie jaar die vrouens saam genooi het.

Die jag is bespreek met die weete dat die wild op die plaas trekwild is en dat harde werk sou wees om iets te kon in die kruishaar kry.

Ons het toe almal donderdag vroeg in die pad geval na die Zeerust omgewing en was sommer dou voor dag al op die plaas .

My fokus was op die twee groentjies, om elkeen n kans te gee om hulle eerste bokke aan die hak te kan laat hang.

Die Donderdag sien ons toe gladnie eers beweging op die plaas nie en besluit toe maar om eerder vroeg saam die vrouens n vleisie op die koole te gaan verkleur.

Toe ek my oe Vrydag oggend oopmaak sien ek al die manne is reeds die veld in , want my klein dogtertjie van 7 maande was bietjie moeilik deur die nag en hulle wou my nie wakker maak om te kom jag nie. Baie ordentlik van die manne !

Binne n uur vandat ek opgestaan het hoor ek twee skote klap en word toe gevra op die twee rigting radios om die bakkie te bring om die bokke te kom laai. Pragtig !!! was dit toe ek sien dat die twee skote wat geklap het altwee die groentjies was wat elkeen hulle eersterooibok ramme gedood het.

Die res van die naweek gaan toe salig verby sonder enige hastle , net soos dit in die bos hoort.

Toe Saterdag middag aanbreek toe kry ek die lus om so entjie te gaan stap met my 30-06 oor die skouer . So gese so gemaak en ek val die veld in . Sien toe gladnie eers n beweging nie en besluit toe om vir so half uurtjie n uiltjie te knip onder boom en daarna die mense op die radios te roep om my te kom haal.

Vind toe n mooi koelte boom en gan sit en die bos om my raak rustig . So rukkie later snork ek myself wakker en toe ek my oe oop maak toe staan die mevrou vir my en loer op so 75m(geskat).

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/007.jpg

Die Koedoe koei was toe te pragtig om voor nee te se en toe nooi ek haar om saam my terug te kom huistoe.

Moet se toe die skoot klap , toe raak die hele bos om my wakker met seker n stuk of 10 koeie en n paar bulle wat ek gladnie eers van geweet het nie.

Dit was n wonderlike voorreg om my vrou en baba saam te he. Ek raai dit aan, die maak die heele ervaring heeltemaal anders
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by Johan Nel »

Welgedaan Hein,

Mag daar nog vele sulke jagte saam met jou familei en gesin wees.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by BLOK »

Heinf wrote:Ek raai dit aan, die maak die heele ervaring heeltemaal anders

Wat raai jy aan sit en slaap dan kom die kudus in. ;) ;D ;D ;D ;D

Newat grap sommer, is tog somtyds lekker om die ander helfdes ook te bederf en saam te vat, ek glo hulle moet weet wat dit is watons as jagters gelukkig maak, en hoe anders hulle wys as saamvat.

Bly julle het dit geniet
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by Polla1983 »

Baie nice...

Klink of jy dit geniet het!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by Gerhard »

Baie geluk met die koei.

Sien wat gebeur as n man stil sit en nie te veel beweeg nie... lol
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by FHM »

Hein kan jou vrou vir ons n audio-opname maak hoe dit klink as jy snork asb en dan plaas jy dit hier sodat ons almal kan hoor en leer hoe om koedoes in-te-snork!

Mooi gedoen ou maat, lekker storetjie en mooi foto met die klein terroris (vorige aand) op die kudu ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by Heinf »

Dankie Baie .

Nou hou in duimvas vir die 18-21ste Julie .

Dan gaan ek die varke in thabas ook prober in snork.

Lol.. Skerp idee daai FHM
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by matewis »

Pragtige foto. As Pa van 2 kleintjies neem ek jou gladnie kwalik dat jy net so halfuurtjie wou slaap voor jy hulle roep om jou te kom haal nie!

Halfuur se slaap VS jagtyd raak 'n moeilike besluit op daardie stadium!! :) :)

Mooi gedoen. Baie lekker as familie te kan deel met jou.

Groete
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by theedge »

Baie geluk mooi koei
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Alweer was geluk by my sy

Post by 2vierniks »

Wel gedaan! Lekker so 'n familiejag!
Post Reply