Eenvoudige Biltong-resep

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Eenvoudige Biltong-resep

Post by wlm »

Ek is een van die ouens wat slegs sout op my braaivleis gooi. Ek weier ook om enige goeie vleis met "gif" soos MSG, sulfaat-"dit" of sulfied-"dat" of onnatuurlike preserveer-middels te bewerk nie.


My resep vir biltong is as volg: 30 gram sout per kg vleis. Klam biltong aan met goeie asyn. Onthou alle asyne word nie van druiwe gemaak nie. Pak laag vir laag en sprinkel asyn en sout op elke laag. Sprinkel ook koljander mildelik tussen laed. Die hoeveelheid is nie kritiek nie. (As daar te veel koljander na jou smaak is, vryf dit net af voor jy die biltong kerf. )
Pak biltong na ses ure om sodat boonste lae onder is en onderste lae bo-op. Hang op na 12 ure.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by mariusr »

Wim niks pepper nie? ><) :):
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by wlm »

Ek het mos gese dis 'n eenvoudige resep. :D Peper, naeltjies en neutmuskaat is alles goeie speserye. Sit maar by soos jy voel.
Die ou mense het in elk geval net peper op gegooi om die vliee en brommers van die vleis af weg te hou solank dit droog word. 8)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by mariusr »

Ek moet met jou saam stem het een jaar net sout peper asyn en koljander gebruik en die biltong was vir my baie lekkerder as die kits speserye wat ou koop! :):
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by Foxcreek »

WLM, watse sout gebruik jy, fyn sout of growwe sout?
Last edited by Foxcreek on Mon Jul 01, 2013 2:06 pm, edited 1 time in total.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by alecjohnson »

Jo diy klink goed gaan dit nou ook my resep maak
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by wlm »

Foxcreek wrote:WLM, watse sout gebruik jy, fyn sout of growwe sout?

Ek hou van die Medium sout. Met die fyn sout gooi ek te streep-streep en die growwe sout wil nie lekker oplos binne 12 uur nie.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by Foxcreek »

Dankie WLM.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by wlm »

Foxcreek wrote:Dankie WLM.

Ek het 'n vriend wat se: "Dis nie te bedanke nie dis te betale". ;D ;D
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by mariusr »

Ja soos Wim se ek hou glad nie van growwe sout nie dit los nie gou op en maak jou biltong glads te sout so moet dit nie gebruik!!mens is geneig om te veel te gooi dan is al jou biltong gaga groot skade!
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by Beer (Christo) »

Ek sal die resep probeer met die volgende lot biltong. Dit lyk maklik genoeg
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by GERT vd M »

Ek gebruik basies dieselfde resep. myne is so 220 gram fyn sout op 10 kg vleis en dan meng ek dit vooraf met wit en swart peper. Het nog een van daai ou koffie meules waarmee ek gereeld koffie bone maal, so ek koop heel koljander en maal dit fyn net voor gebruik (meer geur)
Laat dit ook staan vir so 6 uur, draai dan om en hang dan na 12 ure. Wat vir my baie belangrik is, is om te proe aan die pekel voor ek dit hang. Ek druk my hand tot daar onder in die skottel en lek dan my vingers af. Jy moet sout proe. As jy soet proe het jy te min sout gegooi. So het elke ou maar sy eie ou reseppie
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Eenvoudige Biltong-resep

Post by wlm »

Ek maal my koljander met een van die klein elektriese katoetertjies waarmee mens koffie-pitte fyn maak.
Post Reply