BABA hondjies en vlooie
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
BABA hondjies en vlooie
Ek wou nie graag my teef dip of behandel toe sy dragtig is nie. Nou kom ek agter dat die kleinhondjies vlooie op hulle het wat kan n man gebruik vir die probleem wat nie die hondjies skade gaan gee nie. Hulle is nou net oor n week
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: BABA hondjies en vlooie
Daai maak my bang....as mens die kleintjies met vlooi shampoe was, of iets aansit wat ruik...gaan die teef nie die kleintjies weggooi nie??
Jammer ek het nie oplossing nie, al hoekom ek dit noem, as kind het ons met honde geteel, kleintjies is nag in kamp gebore voor ons gesien het die teef kraam, en vrek toe amper van die koue....ons het hulle in louwarm water gesit om hulle warm te kry, en die teef het hulle toe weggegooi en daar was nie eers seep in die water nie.....

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: BABA hondjies en vlooie
hoe oud is hulle?slaap hulle buite of binne huis?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: BABA hondjies en vlooie
Spuit Fendona in en om die hokke of honde se slaapplek en behandel die ma en ander groot/er honde met Frontline. Frontline het 'n steliliserende uitwerking op flooie en die produk het ongeveer ses weke nawerking. Fendona is veilig vir mens en dier. Bad die kleintjies deeglik. Flooie versuip in water.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: BABA hondjies en vlooie
Hondjie is net oor n week oud en slaap in hondehok wat onderdak (Braaiarea is). Dankie sal bietjie die raad volg en kyk wat gebeur
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: BABA hondjies en vlooie
Ek het so nou en dan 'n werpsel border kollies...ek los hulle net so en altyd buite...daars ook altyd een wat nie sy kant wil bring nie en altyd stadig is om by die speen uittekom...hy ry ook gewoonlik vroeg asblik toe....
Ek was/bad hulle eers hier na 4 weke alvorens hulle verkoop word op 5-6 weke...nog NOOIT 'n cumback gehad nie..
Ek was/bad hulle eers hier na 4 weke alvorens hulle verkoop word op 5-6 weke...nog NOOIT 'n cumback gehad nie..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: BABA hondjies en vlooie
Dankie maat. Ek hou dit ingedagte dankie.Cobus(Cobb) wrote:Ek het so nou en dan 'n werpsel border kollies...ek los hulle net so en altyd buite...daars ook altyd een wat nie sy kant wil bring nie en altyd stadig is om by die speen uittekom...hy ry ook gewoonlik vroeg asblik toe....
Ek was/bad hulle eers hier na 4 weke alvorens hulle verkoop word op 5-6 weke...nog NOOIT 'n cumback gehad nie..
- Jacques van Eeden
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am
Re: BABA hondjies en vlooie
Strooi Carbadust oor hulle en die beddegoed. Ek doen dit met miniatuur dobermans sonder enige probleme. Dit werk lekker op die groot honde ook.
-
Kampies
- Newbie

- Posts: 48
- Joined: Fri Dec 28, 2012 5:13 am
Re: BABA hondjies en vlooie
Naand
Ek het altyd die slaapplek en area om die hok skoongemaak met 'n koppie swembad chloor op 'n emmer water. Dit lyk vir my die chloor mengsel laat die vlooie weghardloop. Spoel die area net met skoon water nadat met chloorwater geskrop is. Die klein hondjies kom dan met niks in aanraking nie en kan verder behandel word as hulle groter is.
Sterkte en Groete
Kampies.
Ek het altyd die slaapplek en area om die hok skoongemaak met 'n koppie swembad chloor op 'n emmer water. Dit lyk vir my die chloor mengsel laat die vlooie weghardloop. Spoel die area net met skoon water nadat met chloorwater geskrop is. Die klein hondjies kom dan met niks in aanraking nie en kan verder behandel word as hulle groter is.
Sterkte en Groete
Kampies.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: BABA hondjies en vlooie
Dankie vir al die raad en wyshede