Slang die tyd van die jaar?

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Slang die tyd van die jaar?

Post by BRNO (Pierre) »

Ouens, ek is baie dom met slange, maar was altyd onder die indruk dat hulle ook maar slaap in die winter, en jy hulle nie sommer te sien sal kry nie. Die slang het my swaer gister op sy plaas onder skoot gekry 10km aan Pta se kant van Warmbad. Die grond is drie weke terug geploeg, dus is dit nie nou net versteur nie. Is dit normaal? Se sommer vir my ook watse slang is dit die asb.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Lenusslang1.jpeg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Lenusslang2.jpeg
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Vlakvark Soldaat »

Dit lyk vir my na n dooie slang...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Wildjagter »

Hallo Pierre

Het ook 5 jaar terug gedurende Junie naby Naboomspruit amper op n pofadder getrap terwyl ek besig was om vlakvark te track. So ja mens sal hul maar kry op tye dink ek. Was vir my ook baie vreemd, want ek was ook onder die indruk hul hiberneer.

Daai lyk vir my soos n MFEZI.......Mosambiekse Spoegkobra.

Bly hy het niemand omkant gevang nie.

Sterkte
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by BRNO (Pierre) »

Wildjagter wrote:Hallo Pierre

Het ook 5 jaar terug gedurende Junie naby Naboomspruit amper op n pofadder getrap terwyl ek besig was om vlakvark te track. So ja mens sal hul maar kry op tye dink ek. Was vir my ook baie vreemd, want ek was ook onder die indruk hul hiberneer.

Daai lyk vir my soos n MFEZI.......Mosambiekse Spoegkobra.

Bly hy het niemand omkant gevang nie.

Sterkte
Dankie WJ. Volgens my swaer was dit vrek naby of hy moes onder die boom gaan sit en rustig asemhaal het.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by vlakvark1 »

Ek kry ook nogsteeds baie pofadders in die veld
Het juis laasnaweek n vlakvark bekruip en wou oor die skietstok skiet maar die stok wil
nie stilstaan nie
Kyk toe onder toe en daar is hy. My skietstok se een voet staan bo-op n pofadder se lyf
Gelukkig was hy klein so 15cm lank en het maar die vark gelos en eers die slang
met klip dood gemaak

Kon darem die vark 500m vêrder weer bekruip
vlakvark en bosvark Bvk
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Johan Nel »

Dis een van die kobras, lyk so vinnig na 'n Mosambiekse spoegkobra, die merke op de keel is egter nie so prominent swart en geel soos ek hulle by ons waarneem nie, kan dus verkeerd wees. Daar is altyd uitsonderings op die reel. In beginsel behoort slange in die winter te hiberneer, maar ek het al verskeie kere slange in die winter raakgeloop. Mens kan met veiligheid se dat slange minder beweeg in die winter, maar mens kry hulle nog steeds te sien.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Wouter Roets »

Pierre

Ek betwyfel sterk of hierdie slang n Mosambiekse spoegkobra is. Mosambiekse spoegkobras word selde oor 1,5m en die kopvorm lyk ook anders. Tensy jou swaer erg vertikaal gestremd is, is hierdie slang in die foto by die 2m. As ek na die kopvorm, lengte, lyfdikte, kleur sowel die area waarin die slang aangetref was kyk sal ek se dit moet n Egiptiese kobra(Snouted cobra) wees.

Groetnis
Wouter
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Hugo »

Ek reken kaapse kobra.
User avatar
Philip De Bruyn(MFWIC)
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Philip De Bruyn(MFWIC) »

Het die foto nounet vir 'n kolege gewys wat 'n kenner is op die gebied en hy beaam dit is we'll 'n mozambiekse spoeg kobra,die man was gelukkig
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Hugo »

Eks geen kenner, maar het n Mfezi nie n donker bandmop die nak nie? Die een het niks.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Hugo »

Hugo wrote:Eks geen kenner, maar het n Mfezi nie n donker bandmop die nak nie? Die een het niks.

Kom ons try weer,


Donker band op die nek.


Ipad....
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het regtig nie n idee nie, maar my swaer se die slang was vrek aggressief, en kon eers na die tweede skoot met n .22 die aftog blaas. Die man in die foto is nie my swaer nie, maar verseker soos hy sy hand daar hou is die slang 2m lank soos Wouter reken.
Veiligheid eerste manne!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Wouter Roets »

Manne

Indien dit n Mosambiekse spoegkobra is kan julle maar vir die rekordhouers bel. Maksimum lengte is 1,6m en n mens kan dalk eksemplare kry wat draai by die 1,8m maar kan gesien word as n absolute rariteit. Phillip vra gerus vir jou kenner kolege of hy my stelling kan beaam.

Die kleur van die slang op die foto is ook heel in lyn met die van n Egiptiese kobra. Kan een van julle my dalk verduidelik hoekom dit nie n Egiptiese kobra is nie? As n mens al die informasie tot ons beskikking vat is dit die enigste van die kobra spesies wat aan alles voldoen.

Groetnis
Wouter
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Geno »

Soos Wouter sê: Bosveldkapel/ Snouted cobra/ Egyptian cobra

http://www.biodiversityexplorer.org/rep ... lifera.htm
Goed, beter, 6millimeter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by PWV »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Ouens, ek is baie dom met slange, maar was altyd onder die indruk dat hulle ook maar slaap in die winter, en jy hulle nie sommer te sien sal kry nie.

Slange slaap nie in die winter nie. Hulle is net minder aktief a.g.v. stadiger metabolisme. Is ektoterme (koudbloedige) diere.
Groetnis
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by vlakvark1 »

Het ook al baie mosambiekse spoegkobras van kant gemaak wat 2m lank was
Selfde met swartmamba. Hulle sê die goed word nie lank nie maar het al een geskiet van 2.4m
vlakvark en bosvark Bvk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Wouter Roets »

Vlakvark

Swart mambas se maksimum lengte is in die omgewing van 4,5m, so 2,4m is maar nog n baie jong slang. Doen jouself die guns en vat n slangboek soos die een van Johan Marias en tel die skubbe op die kop en die keel soos in die boek geilustreer word en jy sal dalk heel verras wees om te sien jou 2 meter lange Mosambiekse spoegkobra is dalk net n Egiptiese kobra. ;) Hierdie is die enigste onbetwuste metode van slan indentifikasie want om op kleure ens te gaan lei gewoonlik tot verkeerde identifikasie. Wanneer dit kom by slangbyte is hierdie van kardinale belang met toediening van slangserum. Vlakkie ek se geensins jy is verkeerd nie maar ek kan jou waarborg dat hierdie slange bitter selde oor die 1,8m drempel gaan kuier.

Ek is vrek bang vir slange maar een ding wat hulle doen is om my te fassineer, veral die giftige spesies. Ek verslind alle leesstof en informasie wat ek in die hande kan kry.

Groetnis
Wouter
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by ou Bles - Gert »

PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by PWV »

Mooi foto Bles.
Last edited by PWV on Wed Jun 26, 2013 1:35 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Geno »

Hugo wrote:Ek reken kaapse kobra.
Ek het nog nooit geelslange om Warmbad gesien nie...
Goed, beter, 6millimeter!
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by junglejulian »

http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/073_73.jpg

Die swart mamba was so 2.8m.het hom wintertyd oppad plaas toe in die pad gekry.Het hom sommer met die rewolwer geskiet.
Langste een was 3.8m en so dik soos my voorarm.Ek het regop bo op n trekker gestaan en die ding het nogsteeds half meter op die grond gele

http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC13779.jpg
Last edited by junglejulian on Wed Jun 26, 2013 2:57 pm, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Wouter Roets »

Bles

Gaan kyk op daai einste link van jou wat die maksimum lengte van die Kaapse kobra is. Kyk ook na sy verpreidings gebied.

Groetnis
Wouter
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Hugo »

Geno wrote:
Hugo wrote:Ek reken kaapse kobra.
Ek het nog nooit geelslange om Warmbad gesien nie...

Ek moes raai.

Het een by my pa met n bossie kapper gemoer wat net so oor 1,5m was.

Eks nie n slang kenner nie.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Chevvy SS »

junglejulian wrote:http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/073_73.jpg

Die swart mamba was so 2.8m.het hom wintertyd oppad plaas toe in die pad gekry.Het hom sommer met die rewolwer geskiet.
Langste een was 3.8m en so dik soos my voorarm.Ek het regop bo op n trekker gestaan en die ding het nogsteeds half meter op die grond gele

http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC13779.jpg

Heilige hart, dis grotes!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by tripodmvr »

Het eendag rubriek op TV gekyk oor die Rinkhals in die Suikerbosrand reservaat gekyk. Moniteringsapparaat is ingeplant en het getoon dat hulle daagliks uit die gat kom om in die son te lê om hul batterye te laai. Dit is net op bewolkte dae wat hulle nie uitkom nie. Het hulle self al hier in die winter naby hul gate gekry. Vereeniging is nie vêr van Suikerbos af nie. Ek neem aan ander slange reguleer ook so hul liggaamstemperatuur en moet dus in die son gaan lê.
Post Reply