Musgrave 243
- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Musgrave 243
Hi manne
kan iemanand dalk help. My neef stel belang in n 243, dit is soos hy verduidelik n musgrave 243 met n P14 aksie.
Ek so bietjie probeer oplees, maar kry nie veel data oor die twee saam nie. of altans dan Musgrave n geweer met n P14 gebou het maar dat dit eerde n "custom" is
wat ek wel sien is die p14 was n 303 aksie.
as iemand my dalk meer inligting kan gee sal dit waardeer word.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave 243
Jakkie
Musgrave het destyds in Bloemfontein die Musgrave-lope op 'n verskeidenheid aksies gesit. Ek het 'n pel met 'n Enfield geweer (Enfield-aksie) met 'n Musgrave 308-loop. Die vorige eienaar het met die geweer Bisley geskiet. Dit is nogal 'n lekker dik loop.
Jy kon destyds jou geweer vir hulle vat en dan het hulle vir jou 'n Musgrave loop opgesit. Baie ouens met uitgeskiete 303 lope het dit gedoen, want dit was darem goedkoper as 'n nuwe geweer. So, ja. Musgrave het die verandering op aanvraag laat doen en nie self die P14-aksies in hulle produksielyn gebruik nie.
Die P-14 aksies is deur Remington en twee ander maatskappye in die VSA gemaak vir die Britse Enfields gedurende die Eerste Wêreldoorlog. Dit is 'n sterk aksie - wat selfs vir magnum-tipe kalibers gebruik kan word. Mits natuurlik in 'n goeie toestand.
http://en.wikipedia.org/wiki/Pattern_1914_Enfield
As dit 'n tweedehandse 243 is, dan is dit raadsaam dat hy eers na die loop laat kyk voor hy koop. Die kaliber is maar taamlik "overbore"...
Mooiloop!
Hein M

mm
ok so die geweer is nie noodwendig deur Musgrave gebou nie maar net n musgrave loop.
Ja die geweer is 2dehands.
ok so die geweer is nie noodwendig deur Musgrave gebou nie maar net n musgrave loop.
Ja die geweer is 2dehands.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave 243
Musgrave kon wel die geweer gebou het. Het onlangs 'n 375 op 'n P14 aksie gesien wat deur Musgrave gebou is. Vra ons Musgrave kenner.
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Musgrave 243
Baie ouens het die ou standaard 303 by Musgrave laat verander in 'n 6mm en mense verwar die 6mm en 243, maak eers seker wat staan op die loop- gebruik die wapen standard 243 ammo of 303 wat afgenek is na 6mm - my 2c
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Musgrave 243
n vriend van my het presies so 243gehad-P14 aksie met 26" musgrave loop.Daar staan Musgrave en seuns op die loop.Die geweer het altyd baie goed geskiet tot die loop laas jaar gegroet het na meer as 4000 skote.Hy is in die proses om die geweer te herloop.Ek dink enige wapen wat deur Musgrave vervaardig is is n goeie koop.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave 243
Stem saam. Die 243 se dopdeursnee is kleiner as die 303 met sy rand. As dit wel 'n 243 is moes hulle die slotkop gewysig het om die dop te kan vashou. My 7x64 is op 'n P14 aksie gebou en het sweiswerk benodig.jamalley wrote:Baie ouens het die ou standaard 303 by Musgrave laat verander in 'n 6mm en mense verwar die 6mm en 243, maak eers seker wat staan op die loop- gebruik die wapen standard 243 ammo of 303 wat afgenek is na 6mm - my 2c
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Musgrave 243
Ek sien daar is toevallig n artikel in die SAJagter tydskrif i.v.m. die 6mm Musgrave die maand wat deur oom Kassie geskryf is. Het nog nie self daardeur gelees nie.
Veiligheid eerste manne!
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Musgrave 243
Ek het n Custom P14 wat Musgrave n .243 van gemaak het. Het hierdie jaar op Huntex n 8mm groep geskiet met hul fabrieks ammunisie. Aksie se 'lock time' en sy sneller is ietwat van n drawback. Natuurlik die beste aksie om vir jou te wys as jou sneller trek en deurvolg nie 'on par' is nie 
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave 243
Stem saam
As dit wel 'n 6mmMusgrave is, dan sal daar 6mmMus op die loop staan en indien 'n 243 sal daar 243Win staan. Daan Els sal wel kan sê of dit 'n gepasmaakte geweer is. Volgens my inligting is dit wel een. Musgrave het op 'n verskeidenheid aksies van hulle lope gesit. Om die waarheid te sê - hulle het baiekeer ook die lope met of sonder aksies ingevoer en net hulle naam daarop gesit.
Hein M
As dit wel 'n 6mmMusgrave is, dan sal daar 6mmMus op die loop staan en indien 'n 243 sal daar 243Win staan. Daan Els sal wel kan sê of dit 'n gepasmaakte geweer is. Volgens my inligting is dit wel een. Musgrave het op 'n verskeidenheid aksies van hulle lope gesit. Om die waarheid te sê - hulle het baiekeer ook die lope met of sonder aksies ingevoer en net hulle naam daarop gesit.
Hein M
- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: Musgrave 243
Ek gaan by my neef hoor . Sal terug voor dalk kan hy fotos aanvra.