Quickload S335 en 308 Probleem

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Quickload S335 en 308 Probleem

Post by Smous v.d. Vyver »

Aan al die quickload boffins :

Aangeheg is presies wat ek op my skerm het met my 308 se lading.

Met my vorige lot kruit het,het ek een gat op 100 meter geskiet met 3 skote,ek weet nie presies watter lot dit was nie.My spoed was toe ongeveer so 2796 ft/s,dit is aansienlik kouer as ek soggens gaan skiet (30 grade tot 12 grade afname) maar dit kan nie alleenlik veroorsaak dat die spoed afneem tot en met 2737 ft/s nie.Ek vermoed dit is die huidige lot kruit nl. 699 03 2013 exp 06 022 wat bietjie stadiger is.

My vraag is nou,wat sal die voorstel wees,hoe kalibreer ek quickload om aan te pas by die huidige lot kruit?Watter elemente moet ek verander?

My huidige spoed is 'n getoets deur die val te meet op 450 meter,so ek neem aan dit is relatief akuraat.

Die groepering is tans nie sleg nie ( so duim op 100 meter) maar ek weet 'n 308 is nie te vreeslik vol strooi nie en behoort gemaklik beter te skiet.

Ek sal enige raad of hulp met quickload waardeer sodat ek dit veilig korrek kan kalibreer.

Laastens maak ek die korrekte afleiding indien die een lot vinniger was as die ander een dat ek die lading moet aanpas om weer te kan groepeer?

Dankie Manne,

Corné van der Vyver
308 Quickload Lading (2).jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
KC

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by KC »

Jy moet jou lading aanpas as jy van lotte kruit wissel.

Probeer 1 grein in 0.5 incremente as jou druk dit toelaat hoer en ook laer en jy gaan heel moontlik weer goeie groepe kry.


Groete
Kobus
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by BRNO (Pierre) »

Corne, neem jou nuwe data, kalibreer weer QL daarvolgens, en daarvolgens kan jy sien hoe om jou lading aan te pas, om weer by jou oorspronklike spoed te kom.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by BRNO (Pierre) »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Corne, neem jou nuwe data, kalibreer weer QL daarvolgens, en daarvolgens kan jy sien hoe om jou lading aan te pas, om weer by jou oorspronklike spoed te kom.
Net om verder by jou vraag aan te las. Jou TPL, H2o volume, en looplengte het konstand gebly. Sit nou jou lading in, selekteer S335, en pas die BRF aan sodat by jou nuwe spoed ooreenstem. Dan kan jy die lading hoeveelheid aanpas, totdat dit by die spoed uitkom wat jy oorspronklik geskiet het.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by Smous v.d. Vyver »

Dankie vir die terugvoering,is ek reg as ek sê die aanbeveling sal dus 45.3 grein wees om op node te wees?Dit klink vir my bietjie rof!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by BRNO (Pierre) »

Corne, ek wil graag begin deur te se dat jy op ou waardes van die Somchem kruite werk. Daar was vroeer die jaar nuwe tabelle beskikbaar gestel op die forum onder die QL afdeling. Hier is die waardes van onder andere"heat of explosion", Ratio of specific heats, en Propellent solid density gewysig. Nou moet ek byvoeg en se dat ek hoop nie daar was weer nuwe waardes vir die somchem kruite uit gegee, an ek het dit dalk gemis nie.

Onderstaande is hoe ek jou data in QL gevoer het, en gekalibreer het:
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Corne155SieraKalibreer.jpg

Ek het twee nodes uitgewerk. Die eerste is n lekker vol dop, maar maklik doenbaar met die S335. Die druk is darrem nog binne perke:
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Corne155Sieranode1.jpg

Die volgende is die laer node, wat dan natuurlik teen n laer druk en spoed sal werk:
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Corne155Sieranode2.jpg
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by BRNO (Pierre) »

Gaan kyk by die link vir die nuwe Somchem waarde tabelle, en volg die stappe om dit permanenet in jou QL te stoor: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=16956
Veiligheid eerste manne!
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Quickload S335 en 308 Probleem

Post by Yogi »

Ek kon nooit verstaan hoekom my 308 baie goed groepeer het, ver weg van wat QL voorspel het. Toe ek die nuwe kruit waardes insit van die S335, sien ek dat ek presies op die nodes is. Die nuwe waardes maak beslis 'n baie groot verskil.
Post Reply