Springbokjag Prieska/Vosburg
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Springbokjag Prieska/Vosburg
Ek wil nie verwaand wees om sommer op forum te adverteer, maar jagters het by my gekanselleer en het nou so 50 springbokke en 'n paar blesbokke en gemsbokke om te skiet by my vir hierdie jaar.
As iemand op die forum sou belang stel kan hulle maar vir my sê. ek kan so 8 tot 15 man hanteer.
Groete

- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Springbokjag Prieska/Vosburg
Kleinpiet.
Gooi asb volledige details.
pryse op wild
dag fooie en wat dit insluit
het jy koel geriewe
wat kos die voertuig per dag
ens,ens,ens
Sodra al die inligting beskikbaar is kan ons dienooreenkomstig besluit.
Groete
Gooi asb volledige details.
pryse op wild
dag fooie en wat dit insluit
het jy koel geriewe
wat kos die voertuig per dag
ens,ens,ens
Sodra al die inligting beskikbaar is kan ons dienooreenkomstig besluit.
Groete
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Springbokjag Prieska/Vosburg
More
Kan ek gou jou email adres kry dan stuur ek alles vir jou

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Springbokjag Prieska/Vosburg
Kleinpiet, stuur diekant ook frederik@blulog.co.za
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 890
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
-
groblerlo
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Thu Jun 06, 2013 11:05 am
-
stan man
Re: Springbokjag Prieska/Vosburg
ek sien die manne wat my gekontak het ,het darem ook die post gesien.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Springbokjag Prieska/Vosburg
Kleinpiet
Nou hoor ons niks van jou nie?
Nou hoor ons niks van jou nie?
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Springbokjag Prieska/Vosburg
Naand.
Hier is die mail wat Kleinpiet gestuur het oor die plaas en die wild.
Dis dan miskien makliker vir julle om die inligting te kry.
INLIGTING WIELPAN JAGPLAAS
Ons jaghuis het drie kamers met 5, 5 en 6 beddens in, elke kamer het sy eie badkamer. 'n Lapa met eetvertrek en binne braai is waar die manne saans sit en kuier.
Ons eet soggens so sewe uur se kant ontbyt en daarna word die jagters uit gevat veld toe. 'n Paar skietstoele is beskikbaar, omdat bokke op die voorsitjag manier gejag word. Teen middagete se kant word daar vir die jagters kospakkies afgesit en teen 16h00 se kant word al die jagters opgetel. Aandete word bedien, wat dan bestaan uit of braaivleis, potjiekos of 'n bord boerekos. En al wat julle hoef te doen is om agter oor te sit en te ontspan na 'n lang dag in die veld.
Ons verblyf tariewe is R600 per nag per persoon, alle etes ingesluit behalwe drinkgoed.
Hierdie pryse is vir ‘n groep van 8 jagters en meer (kinders uitgesluit). Indien ‘n groep minder as 8 jagters is is die prys R800 per persoon per nag.
Al wat julle hoef saam te bring is drinkgoed, gewere, ammunisie en handdoeke, verder is hier alles beskikbaar.Julle hoef geen beddegoed, eetgerei of glase te bring nie.
Hier is slaggeriewe en 'n koelkamer, en hier is Eskom krag op die plaas. Hier is ook 'n skietbaan beskikbaar vir die inskiet van gewere. Alle geriewe is by bogenoemde prys ingesluit, behalwe die afslag van bokke
U kan ook u eie biltong en droëwors hier maak, sodat u dit net by die huis kan gaan ophang. Worsstopper en ander toerusting is beskikbaar. Indien ons dit vir u moet doen sal dit u R15.00 per kg (afgeslagte karkas van bok) kos. Dit sluit die speserye, derms en maak van droëwors en biltong in, sodat u dit net by die huis kan gaan ophang. Die persie vleis wat ons bywerk vir die wors is teen R45.00 per kg ekstra.
Hier is ook 'n landdingstrook vir ligte vliegtuie.
Wildpryse is soos volg:
Springbokke (geweeg vel en karkas): R26/kg
Swart Springbokke: R1000/bok
Blesbokke: R800/bok
Volstruise: R800/voël
Gemsbokke: R3500/bok
Let wel alle pryse is BTW uitgesluit
Hier is ook slagskaap en persies beskikbaar. Die jagters reël gewoontlik so 2 weke voor die tyd die hoeveelhede. Die pryse hang af van die mark teen daardie tyd.
Ons vra 'n deposito van R600 per persoon. U plek kan slegs finaal bevestig word indien die deposito vir nie minder as 8 jagters of betaal is nie. Faks asb inbetaalstrokie deur na 086 582 9802
U sal dan ‘n bevestigingsbrief ontvang om datum en betaling te bevestig.
Ons sien uit daarna om weer van julle te hoor.
Kontak ons gerus vir verdere navrae: 0828779396 of stuur vir ons 'n e-pos.
Lekker dag verder.
Groete
Tanya en Pieter Vos

Baie dankie vir die inligting, maar ek dink jy gaan my mis.