Bietjie motivering - Nataniel by die gym

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
NICO
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm

Bietjie motivering - Nataniel by die gym

Post by NICO »

Vir die wat al vantevore gesukkel het om te begin met n oefen program!

Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my ' n week by
Virgin Active gekoop. met ' n persoonlike afrigter. Alhoewel ek nog '
n redelike goeie lyf het,van al die jare se swem vir die Universiteit span
18jaar gelede, het ek besluit dit mag ' n goeie id?e wees om te gaan.

Ek het die gym gekontak en ' n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter,
Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ' n spinning instructor en ' n
underwear-model.

Werner was baie beindruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het
my aangemoedig om 'n dagboek te hou van my vordering:

MAANDAG:

My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die
moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is n
Griekse God met blonde hare, smeulende oe, n gespierde lyf en die mooiste
glimlag wat ek nog gesien het!!

Woo Hoo!!

Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd oor
my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede
daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefen klere. Hy het
my aangemoedig teryl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer
van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was. Was baie inspirerend om hom
te sien buk om strek oefeninge te doen!!

Gaan n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!!

DINSDAG:

Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis
verlaat. Steve het my maak op my rug le en n yster paal in die lug hou bo my
gesig. en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie bewerig op
die treadmill, ek het amper n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag
het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK!!
Dit is n nuwe lewe vir my!



WOENSDAG:

Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die
wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee my
tietspiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te
gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets gestop
by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my gegillery
pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te 'perky'
so vroeg in die more. Hy irriteer my!
My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die
"stair monster" Vir wat de hel sal iemand ' n masjien maak wat jou laat dink
jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons hysbakke het.
Steve reken dit sal my help om n sexy lyf te kry en hy het ook ' n klomp
ander goed gese.

DONDERDAG:

Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies
uitgesteek het. Ek kon nie help dat ek ' n halfuur laat was nie, dit is hoe
lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat oefen
met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die mans
toilet.
Vir my straf het hy my op die 'rowing' masjien gesit.ek het gesink!!

VRYDAG:

Ek haat daai  Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit n ander
mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wereld nie.
Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!. As daar n deel van my lyf was
wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee geslaan het. Steve wou
gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie  triceps nie!
En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die barbells gegee het nie.
Of enige iets wat swaerder as n toebroodjie
is nie!

Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.

SATERDAG:

Steve het n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my
oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie.
Toe ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad
nie.
Alles het gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die tv
remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.

SONDAG:

Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te se
dat die week verby is en om te bid dat, Werner vir my '
n beter geskenk sal gee volgende jaar!!
As long as there's lead in the air there are hope
Post Reply