Jag fotos vir motivering

Post Reply
VOERE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Fri May 03, 2013 10:10 am

Jag fotos vir motivering

Post by VOERE »

Goeie more
Ek moet n motivering indien vir my lisensie en ek het in die paar keer wat ek al gan jag het nooit fotos geneem nie.Ek besef dit was nogals stupid van my kant af.Weet enige van julle manne van n plaas wat naby aan PTA is waar ek dalk n saterdag oggend kan gaan soek na iets om onder skoot te kry sodat ek n paar fotos kan neem.Enige voorstelle rondom die saak sal waardeer word
Groete
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Jacques van Eeden »

More
Jy kan die permitte / toestemmings briewe / faktuur ens. wat jy gekry het toe jy gaan jag het aangheg. Ek is ook nie groot op foto neem nie maar sal seker moet begin.

Groete
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Jag fotos vir motivering

Post by NEGE3 »

Het jou PM gestuur.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
VOERE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Fri May 03, 2013 10:10 am

Re: Jag fotos vir motivering

Post by VOERE »

Baie dankie vir die raad. Wil graag die lisensie storie agter die rug kry sodat ek kan begin skiet!
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Killzone »

Jacques222 wrote:More
Jy kan die permitte / toestemmings briewe / faktuur ens. wat jy gekry het toe jy gaan jag het aangheg. Ek is ook nie groot op foto neem nie maar sal seker moet begin.

Groete
Goeie advies. Met deesdae se selfone is daar nie meer verskonings om fotos te neem nie :-D grap sommer net. My motivering vir my eerste jag geweer was voooool kiekies , al was daar net 2 met 'n geweer en die ander met 'n boog ! Scrapbooking se gaai ! :-D
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Jag fotos vir motivering

Post by 375fanatic »

ek het nog nie vir een van my aansoeke fotos bygesit nie en al vier die gewere was goed gekeur ek dink die motivering is die belangrikste
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Christo »

Sit fotos by van die tipe bokke wat jy kan jag met die geweer. Dit werk ook mooi om die motivering vollediger te maak.
Jy kry mos eers bestuurslisensie en dan bestuur jy karre?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Jake1 »

Ek sit geen fotos op van diere wat ek geskiet het nie - ek sit fotos op van my diefwering, alarmstelsel, elektriese hek, kluis, elektriese drade op muur- die motivering is ook baie belangrik, ek het sommer ander ouens se motiverings wat goedgekeur was wat op die net is net so gecopy en paste en adresse ens verander- so maklik soos dit.

Jake1
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Jag fotos vir motivering

Post by KalahariKlong »

Ek het die selfde motivering wat ek elke slag gebruik.
Daar is net twee dele wat ek volgens kaliber aanpas.
Elke keer nog goed gekeur, nog nooit fotos aangeheg nie.

Groete
KK
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Andrew Leigh »

Christo wrote:Jy kry mos eers bestuurslisensie en dan bestuur jy karre?
;D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Dawie »

As jy enige iets in jou motivering "claim" sorg dat daar altyd een of ander bewys daarvoor aangeheg is. Moenie goed sê sonder 'n "bewys" nie. Dit hoef nie foto's te wees nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag fotos vir motivering

Post by Eugene »

375fanatic wrote:ek het nog nie vir een van my aansoeke fotos bygesit nie en al vier die gewere was goed gekeur ek dink die motivering is die belangrikste
Manne, elke ou doen die ding op sy eie manier en almal het seker al op hulle eie manier sukses behaal. Ek het al vir minstens 25 aansoeke die motiverings gedoen en het tot op hede nog 'n 100% sukses ratio. Ek het nog nooit enige fotos van enige aard aangeheg nie. Ook nie briewe van plaaseienaars nie. Ek het 2 getuigskrifte van mede jagters aan en dit help as daai ouens Toegewyde status het en hulle relevante nommers bysit.

Ek het verlede jaar met 'n Kaptein gepraat wat redelik hoog is in die "Aanbevelings" afdeling en sy sê hulle verwyder meeste van die onnodige inligting en bylaes tot die aansoek. Daar is sekere inligting wat hulle in jou motivering wil sien en die res is onnodig.

My totale aansoek, SAP 271 van 12 bl ingesluit, is selde meer as 30bl!

Maar, elkeen is geregtig om sy aansoek en motivering op sy manier te doen...
Aim small, miss small
Post Reply