Jakkals wat homself byt

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Jakkals wat homself byt

Post by Geno »

Het enigiemand dit al gesien? Ek't die jakkals met 'n .338 in die pens geskiet, en hy het homself begin byt. Toe hy dood was het sy tande nog net so in hom gebly.
Image
Last edited by Geno on Mon Apr 26, 2010 4:01 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
tafjak

Re: Jakkals wat homself byt

Post by tafjak »

Geno

Probeer hom volgende keer met 12,7 skiet, hy sal homself nie weer byt nie. :D

Die jakkals byt homself nie regtig nie, maar die "ding" wat hom so seer maak.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Geno »

Maak so Oom Taffie,
Moes eintlik net 'n 243 AI gebruik het, of hoe? Dan sou ek hom seker in die coconut kon skiet en nie die pens nie hehe  ;D

Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Wed Jul 07, 2010 4:53 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Robert »

Wys jou: 338 not enouth gun. Try 'n 308 in die toekoms :D ;)
Oorwining deur opleiding
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Louis102 »

Robert wrote: ...Wys jou: 338 not enouth gun. Try 'n 308 in die toekoms :D ;)...
Robert

As ek mag vra, wat help dit jy het genoeg "gun", maar jy kan die jakkals nie raak skiet nie?  Ten minste is daai een dood!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Robert »

Louis

Met 'n 308 hoef 'n jakkie homself nie dood te byt nie .Hy is klaar dood  :D lol

Ek kraak nie die man se roer af nie. Dis maar 'n gesegte hier tussen ons. Man gee mos nooit die skut die skuld nie ;), dit sal kwaai vrindskap veroorsaak.

Robert
Last edited by Robert on Wed Jul 07, 2010 6:31 pm, edited 1 time in total.
Oorwining deur opleiding
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Geno »

Dit was definitief die 338 se skop wat my so sleg laat skiet het ;)
Daai ding stamp jou stopsels los!

My 308 nou weer, hy loop soos 'n remote met crocs!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Jakkals wat homself byt

Post by KSV »

Nou wa kan ek met my 375 n paar jakkies kom klop? 338 se ?lie ja? Op die oomblik is my 375 die ligste roer in my kluis. Man maar hy skiet lekker.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Danie Lombard .243

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Danie Lombard .243 »

Hi Geno.

Ja jong, die woef byt daar waar die patroon hom gebyt het. Hy dink hy moet die seermaak ding wat hom so byt terug byt. En dan byt hy so. Caller sal jou mooi kan vertel van die byt besigheid.

'n .338 is darem 'n interenate kaliber vir jakkie jag. Toe my .243 in was vir herloop en nitro proof het ek so 'n rukkie met die .300 jakkies gejag. Niks lekker nie jong. Hy moer sommer lekker. Jy vat nie tyd met jou .338 nie.

Skiet hom.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Robert »

Geno

Daai 338 w mag is 'n puik wapen maar soos jy se, klap die ding soos 'n sprits meid  :'( :-\ . Die ou al oor die tafel en uit die vuis geskiet. Wil nie meer as 3 skote op 'n slag skiet nie dan raak die skouer lam.

Die 375 skiet baie "sagter" op die skouer en ore.
Geniet hom

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Geno »

Ja Robert, die ding het nog so papier-dun lopie ook gehad, klient se geweer. Selfs die muzzle brake het nie veel gehelp nie, net jou ore amper laat bloei. Ek vat enige dag eerder 'n 375 bo 'n 338!
Hier's die 338
Image

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Robert »

Eugene

Daai is 'n koto wat jy met groot vrymoedigheid kan vergroot en blok daar in jou sitkamer of herlaai vertrek ophang. Puik foto.

Ek sien daai roer is lekker vir dra maar minder lekker vir baie skiet. Daai ding is 'n tandarts se droom. Elke week nuwe stopsels :'( :'(

Wat se fabrikaat is daai 338. 'n muzzelbrake wil ek nie op my werf he nie. verskriklik mens onvriendelik. self my gehoor in my linker oor na m@er geskiet met 'n 300 win mag. Klieent trek die skoot af langs my kop. Wou hom dood Dinges maar dit was te seer en ek was heel doof vir 'n uur .

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by MEERKAT »

Geno

Partykeer gaan so jakkals nog aan die skrou, en dit is verbasend om te sien waar dop al die toeskouers uit om te kyk wat het nou met maatjie gebeur.(Slegs van toepassing op meerkat gewere nie 338)

Sulke skote gebeur natuurlik per ongeluk.
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Geno »

Robert, baie dankie! As ek reg onthou was dit 'n Winchester Featherweight of so iets. Klient het my ook al deurmekaar geskiet met muzzle brake langs my oor, gladnie lekker nie. Meerkat, as jakkie so skree, noem mens dit dan 'n Jackalpro FX-223? Groete, Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Jakkals wat homself byt

Post by Caller »

Geno

Die manne is reg oor die pyn. Het dit nou al 'n paar maal gesien veral as die rug afgeskiet is. Het selfs video materiaal waar ek 'n jakkie se rug afgeskiet het (hy was darrem op volspoed en in 'n uigeryde wielspoor/gedurende dagroep) en waar die man sy eie poot met mening beetkry. Ook maar gelukkig dat ek nou jius met 'n 22-250 skiet, anders het hy natuurlik onder die koel uitgehardloop.

Ek is gladnie trots op daai materiaal nie, maar net vir die interresantheid. Daai jakkie het selfs die hare van sy poot afgebyt dat dit lyk of 'n sker dit geknip het.

Ek glo ook maar die jakkie kan nie wegkom nie weens verlamming, dink dat iets hom beet het en probeer die gedierte byt om homself te bevry en van die pyn ontslae te raak. Nou byt hy maar enigiets wat voorkom, al is dit sy eie poot.

Het selfs al 'n paar maal gesien dat leeus dieselfde doen. By leeus gebeur dit maklik met 'n skoot in die kuiltjie, of as jy 'n been raakskiet.


Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Post Reply