S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.....

User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by prohunt »

Hallo Stefan,

Die webblad het op 'n stadium 'n funksie gehad waar dit by die item vir jou aangetoon het by watter tak dit is en as ek reg onthou hoeveel in voorraad was. Dit was nogal baie handig want ek het al 'n keer of wat deesdae op die web gekyk dan sien ek iets is in voorraad en as ek by die winkel kom dan vind ek uit dis in die Kaap.

Ek moet sê Phillip en Hennie was nog altyd bereid om die item onmiddellik te laat stuur hierheen maar soms wil mens soos met 'n teleskoop darem net jou hande en oge op die ding lê voordat jy besluit. In so 'n geval sal ek dan gewoonlik sê nee moenie dit spesiaal laat stuur nie want ek is nog op die "kyk" stadium van koop.

So in kort kan julle nie weer daardie funksie aktiveer nie?

Groete

Johan
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by PWV »

Ek vir nou net twee dinge hier kwytraak:

1. Elke ou wat iets wil koop moet self navorsing doen oor pryse op verskillende plekke en dan besluit.

2. Wat die behandeling by S&O betref, kan ek werklik nie kla nie. By drie geleenthede het hulle agteroor gebuig om my te help. 'n Teleskoop wat foutief was, na 'n maand met 'n nuwe vervang. My gehelp met 'n crony en uit hul pad gegaan om koeëls in die hande te kry. Baie dankie, Willem!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Cobus(Cobb) »

Die diens by S&O was vir my nog altyd so so...maar Stefan was nog altyd vriendelik en meer as behulpsaam...

'n Ou moet maar rondshop en rondbel....as jy dit nie doen nie is dit maar jou eie probleem....

243 Lapua doppe...s&o....R1750...ek moet loop haal
243 Lapua doppe...humansdorp R1175 afgelewer by my huis

As ek dit by S&O vat....by wie sal ek die skuld lê......Lizette? Stefan? of myself??

Cheers
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Hugov »

Nee wat ek sal my hard verdiende geldjies by Safari spandeer.
Het nog net goeie diens by hulle gekry!
Stefan dankie vir daai ruger wat julle kosteloos uitgesort het vir my!
Groete H
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by RUPERT »

Ek glo maar dat n mens moet rond shop vir die bes moontlike prys.As jy duurder by S&O betaal het kan jy nie vir hulle kwaad wees nie want hou ingedagte dat daai manne deur stock loop en moet gedurig nuwe orders plaas en soos dit huidiglik met die Rand /doller gaan gaan die pryse maar moet opgaan.Die winkel wat dalk die selfde ding vir goedkoper verkoop sit dalk nog met ou stock wat nie beweeg nie en dit is hoekom sy pryse dalk beeter is.

Maar swak diens is nie anvaarbaar nie.Elke klient moet behandel word soos die ander.Die gehalte van diens word nie gemeet aan die dikte van n man se beursie nie.

Ek is reedelik nuut op die forum maar kon onthou dat daar al klagtes oor seekere winkels se diens op die forum gemaak was.
Ek het al self lus gehad om een van die manne by S&O se amunisie afdeeling af tebring aarde toe.

Maar n mens moet ook verstaan die bestuur weet nie altyd van sulke dinge nie.As jy nie gelukig is nie praat met die bestuur sodat hulle die man op die regte pad kan sit of kry dit help nie n mens maak die hele winkel frot nie want daar is mense wat dit nie verdien nie.

Ag my 2c
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Chevvy SS »

Manne, julle onderhandel net verkeerd, dis al.

Ek het 2 teleskope bestel wat Maandag deur die pos by my sal wees- 40% afslag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Eugene »

RUPERT wrote:Ek glo maar dat n mens moet rond shop vir die bes moontlike prys.As jy duurder by S&O betaal het kan jy nie vir hulle kwaad wees nie want hou ingedagte dat daai manne deur stock loop en moet gedurig nuwe orders plaas en soos dit huidiglik met die Rand /doller gaan gaan die pryse maar moet opgaan.Die winkel wat dalk die selfde ding vir goedkoper verkoop sit dalk nog met ou stock wat nie beweeg nie en dit is hoekom sy pryse dalk beeter is.

Maar swak diens is nie anvaarbaar nie.Elke klient moet behandel word soos die ander.Die gehalte van diens word nie gemeet aan die dikte van n man se beursie nie.

Ek is reedelik nuut op die forum maar kon onthou dat daar al klagtes oor seekere winkels se diens op die forum gemaak was.
Ek het al self lus gehad om een van die manne by S&O se amunisie afdeeling af tebring aarde toe.

Maar n mens moet ook verstaan die bestuur weet nie altyd van sulke dinge nie.As jy nie gelukig is nie praat met die bestuur sodat hulle die man op die regte pad kan sit of kry dit help nie n mens maak die hele winkel frot nie want daar is mense wat dit nie verdien nie.

Ag my 2c
Goed gesê! As jy 'n klagte het, neem dit met die persoon in beheer/bestuurder op, sodat hulle daaraan kan aandag gee. Anders gaan hulle nie weet daar is 'n probleem nie!
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Zack Benade »

Ek het 2 teleskope bestel wat Maandag deur die pos by my sal wees- 40% afslag.
Ek wonder wat hulle mark-up is :o :o :o of word die R/$ weer blameer?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by PWV »

Chevvy SS wrote:Manne, julle onderhandel net verkeerd, dis al.

Ek het 2 teleskope bestel wat Maandag deur die pos by my sal wees- 40% afslag.
Haai, Chevvy. Is dit nou my verjaarsdagpersent of kersgeskenk wat jy nou al bestel het?
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Swys14 »

my vriend wou n remington sps koop in die kaap teen huntex pryse maar S&O wou nie budge nie...

en met petrol en verblyf (en tyd en moeite) op noord was dit nie die moeite werd nie...mens hoop net hulle het goeie specials as huntex kaap toe kom...ek vind dit net effe onregverdig dat hulle daai geweer nie aan hom wou verkoop het omdat hy dit nie kon maak tot by huntex nie maar hy was bereid om hulle te ondersteun en 'n geweer by hulle te koop...

hyt toe maar op 'n ander plek gekoop.
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Dries Skiet »

Ek koop graag by Pta S&O, maar oom Kassie en die mannietjie met die bril wat ook by die herlaai toonbank is kan regtig bietjie meer vriendlik wees. Hennie is tops en Rowald en oom Mauritz is ook uit die boonste gestoeltes.

My 2cent.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by spekieries »

Manne

Ek het my al uitgespreek oor die feit dat mens moet "rondshop" en koop waar pryse die beste is.

Mag ek opkom vir Oom Kassie. Hy het 'n magdom kennis waaruit geput kan word. Ek besef hy het nie altyd die regte salesman persoonlikheid, soos party ouens wat jou inloop dan voel jy steeds goed daaroor nie, maar ek dink hy is steeds 'What you see is what you get"

Ek dink ook nie hy is by magte om pryse aan te pas nie. As iets "geld pond tien kos" is dit seker maar die prys waaraan hy nie veel kan doen nie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by BRNO (Pierre) »

spekieries wrote: Mag ek opkom vir Oom Kassie. Hy het 'n magdom kennis waaruit geput kan word. Ek besef hy het nie altyd die regte salesman persoonlikheid, soos party ouens wat jou inloop dan voel jy steeds goed daaroor nie, maar ek dink hy is steeds 'What you see is what you get"
Ek dink ook nie hy is by magte om pryse aan te pas nie. As iets "geld pond tien kos" is dit seker maar die prys waaraan hy nie veel kan doen nie.
Stem saam, behalwe vir die feit dat as jy mooi vra, sal hy vir jou so stukkie afslag inwerk.
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Eugene »

Manne, ek weet nie wie is Ook Kassie nie en was nog net een keer in die winkel in Pretoria. Ek het egter al 'n paar keer gebel en goed bestel en dan gereel dat iemand dit kom afhaal of dat hulle dit hou tot ek daar kan kom. Ek het ook al 'n vreemde versoek of twee gehad en nog altyd was die manne bereid om te help waar en hoe hulle kan!

Hulle is beslis nie die goedkoopste met alles nie, maar daai paar rand ekstra, maak op vir die diens wat ek tot dusver gekry het!
Aim small, miss small
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Schalk.vdB »

Ek het al by Stefan en Mauritz lekker gekuier in die week maar naweke is dit net te besig.
Ongelukkig is ek iemand wat wil vra en kyk en die Pretoria manne is vir my net te besig en te kommersieel.
Hendrik, Lizette en Oom Kassie is my kerk se mense van die vorige winkel se dae af.
Die manne in die straat af lyk my verstaan dat ons net so bietjie sense wil gesels in die mans boutique.
Ek kuier lekker en vat koffie en dan kry ek nog so nou en dan die kaart deurgetrek as die minister van finansies nie mooi fokus nie.

Vir my gaan dit oor die koops ervaring!
SR = M
Solid rest is equal to meat
Post Reply