Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
kan iemand my dalk se of hulle weet of vlakvarke in n "repeat"vanghok gevang kan word en hoe sukksesvol dit is.Asook die hok ontwerp.
EK weet dat die Amerikaners groot sukses het met die vang van hulle wilde varke -tot 30 op n slag,alhoewel hulle varke nader familie van die bosvark is.
Dankie
Adaan
Last edited by Adaan on Wed Apr 28, 2010 11:59 am, edited 1 time in total.
Hallo Adaan! Ek ken nie eintlik 'n "repeat" hok nie, maar ek het by my ondervind dat dit makliker is om 'n vark in die hok te vang as 'n rooikat! Ek het al 2 keer varke in die rooikat hok gevang en die een keer was dit sommer 2 in een hok, die ma en kleintjie. Die aas was 'n skaapvel met rooikat urine wat sy totaal opgevreet het. Die ander keer was met vleisaas. Ek moet nou eers my hokke versterk, want hulle foeter hom bietjie op voor ek weer vir 'n kat kan stel en dalk weer 'n vark op hok slaan!
B C
Baie interessant,ek het nooit kon dink dat n vark dit sal eet nie(skaapvel met rooikat urine).
n Repeat vanghok beteken maar net dat die dier wat ingegaan het nie kan uitgaan nie ,terwyl
ander diere nog steeds van buite af kan ingaan.
Adaan wrote:...Amerikaners groot sukses het met die vang van hulle wilde varke -tot 30 op n slag,alhoewel hulle varke nader familie van die bosvark is.
Hulle feral hogs is die gewone varke (Sus scrofa) wat wild geraak het. Hulle vang hulle met snares en hokke of skiet hulle uit die lug (choppers).
Ambessa
Last edited by Ambessa on Sat Jul 03, 2010 8:53 pm, edited 1 time in total.
Wat my opgewonde maak is die feit dat B C vlakvarke algemeen in vanghokke vang.Die rede hoekom ek die vraag gevra het is dat ek weet van kleinvee boere wat jare met kleinvee geboer het wat nou opgehou het a.g.v vlakvarke.
Nadat die vlakvarke hul verskyning gemaak het, het dit vir die mense baie moelik geword om hul vee(bokke) op hulle grond te hou a.g.v al die gate in hul heinings wat die vlakvarke maak.
By dit het die koms van die vlakvark(gate) ook die bewegings van roofdiere veral die rooijakkals baie vergemaklik wat tot meer vee verliese gely het.
Ek glo dat die jag van vlakvarke nie hul getalle in toom kan hou nie (dit is nou wel lekker) maar dat daar na ander metodes gekyk moet word.
Eers dan sal van die boere weer sinvol met kleinvee boer.
Adaan
Ek kan net noem dat ons in die Suid Vrystaat ook al 'n vlakvark in 'n rooikat hok gevang het. Die probleem is net dat hy daai hok goed opdons voor jy daar aankom of terwyl jy dit benader. Ek het ook al 'n paar vlakvarke geskiet wat skaapwol in hulle pense het. Dit is gewoonlik net stringe wol soos by 'n karkas wat lank in die veld le.
Groete
WW
Die vanghok vir feral hogs se hekke (maak so drie hekke wat langs mekaar op 'n gemeenskaplike as inpas) staan teen 'n hoek na binne - moet maar lekker sterk ysters gebruik - en die varke vroetel rondom totdat hulle die hek of hekke van buite oplig en ingaan na die aas. Die hek of hekke val bloot terug, skop vas en daar sit ta. Onthou die kontrepsie se vloer moet ook soos die sye van sterk ysters of dik maas gemaak word anders dol hulle bloot uit. Die hok self moet groot genoeg wees om meer as een dierasie op 'n slag te hou.
Sterkte. Laat weet hoe dit afloop.
Ambessa
Last edited by Ambessa on Sun Jul 04, 2010 10:51 pm, edited 1 time in total.
Lyk na n baie goeie hek ontwerp,vlakvarke hou mos van onderdeur goed gaan,ek dink die hok sal minstens 4m by 2m moet wees vir beter doeltreffentheid.
Ek het ook gedink dat die grondeienaars dan ook n extra voordeel het met die dat hulle die keuse van seleksie het,soos byvoorbeeld n beer met 16" tande kan dalk vir hom goeie geld inbring op wildveiling,weet nie vra maar net.As dit so is kan dit darem help vir van die skade wat hulle moes ly.
Adaan wrote:...die hok sal minstens 4m by 2m moet wees vir beter doeltreffentheid.
Nog groter sal ook werk - hou net koste van konstruksie en toepaslike versterking van sye en vloere in gedagte. Moet darem ook nog op 'n bak of treiler pas vir vinnige verskuiwing.