QL data vir GS customs

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Reivilo308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Oct 16, 2012 12:15 am

QL data vir GS customs

Post by Reivilo308 »

geagte medeforumlede

Is daar iemand wat my kan raadgee oor GS customs data sodat ek QL kan gebruik om n goeie groep te skiet. Ek gebruik die 308/130grHV. sover al baie geld opgeskiet met die aanbevole metode en nog niks bereik nie. Die aanbeveling is om spoed van 3150 fps te bereik en dan met tpl te speel totdat jy goeie groep kry. n Baie impressive 3300fps sonder enige druktekens is bereik maar groepe van 70mm op 100m. Ek het n ouerige weergawe van QL wat my voorheen al goed gehelp het maar daar is geen info oor gsc koeels nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: QL data vir GS customs

Post by tripodmvr »

Gaan kyk op GS Custom se webtuiste en laai die bul (bullet file) af en plaas dit in jou QL se data "directory". Nou kan jy die' koeëls gebruik om ladings te verkry.
Reivilo308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Oct 16, 2012 12:15 am

Re: QL data vir GS customs

Post by Reivilo308 »

Thanks tripod! Ek het hom uiteindelik opgespoor. Ek hoop nou net dit gee my meer antwoorde oor korter tyd en minder geld....
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: QL data vir GS customs

Post by Wouter Roets »

Hallo Oom Maruis

Wat is jou ondervinding met die nodespoed berekeninge en GS Custom? Die rede hoekom ek vra is dat Gerard uitdruklik gese het dat sy produk los gemaak is en nie onderhewig is aan die hele nodespoed teorie nie. Hoor graag van jou.

Groetnis
Wouter
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: QL data vir GS customs

Post by bex »

Ek is ook nuuskierig oor wat jy regkry met die die GSC en QL.

Ek laai ook die 130 gr GSC vir my .308 en het teen 2960 fps n baie goeie groepering gekry wat boonop op 100m op die selfde plek skiet as my 150gr Sierra lading.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: QL data vir GS customs

Post by tripodmvr »

Ek het nou onlangs 5 ladings met GS se 200gr vir 375 gevind dat die beste van my 2 skoot groepe baie naby aan 'n node uitkom. Ek gaan my hou by dit wat OBT voorspel en gaan dit ook toepas op my 7x64. My 303 weet ek het ook die beste groep met spoed naby 'n node gekry.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: QL data vir GS customs

Post by Wouter Roets »

Dankie Oom Driepoot

Gaan jy GS Customs ook in laasgenoemde kalibers gebruik?

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: QL data vir GS customs

Post by tripodmvr »

My 303 is lank terug herloop (bull barrel) en ek het my vandaar moedeloos geskiet en geen groepe met geen koeëls gekry nie. Koop toe uit moedeloosheid 140gr GS en skiet gou 'n 7mm 3 skoot groep op 100m. Het daarna in die jagveld kudu en rooibok met nekskote geskiet. Nou weer net die koele aangevul.

Ek het my 7x64 met GS ingewy en sy eerste rooibok met die 120gr geskiet. Nou weer my voorraad ook aangevul.
Post Reply