Die weduwee

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Die weduwee

Post by Mac »

Oom Koos is dood, en met 'n groot gesukkel oreed die kinders vir Tant Sannie om hom te laat veras, want sy wil mos nie nog met 'n graf opgesaal sit nie.

Die lyk is na die groot stad toe gestuur, en na so week of wat laat weet die lykshuis toe vir die famielie om maar die oom se as te kom haal. Die werk val toe op die twee seuns, en hulle is toe weg na die stad met die bakkie, Ma se "Jem" pot vir die as, en twee bottels brandewyn vir die hartseer. Kom toe amper nugter by die lykshuis aan, en kry toe die oom se as, nogal in so mooi potjie met 'n deksel op, en is toe terug plaas toe. Die pad was nogal ver om net so te ry, om te draai en weer terug te ry, toe stop hulle maar langs die pad om van die tjops en kook eiers wat Ma ingesit het, lekker oor 'n kooltjie warm te maak. Soos hulle nou vir die kole wag, sorg hulle dat die brandewyn nou nie te warm raak nie, en so tussen die gesels, die brandewyn bekerm en die tjops en kook eier eetery, besluit hulle om gou na Pa se assies te kyk. Groot is hulle verbasing om te sien die as lyk net soos enige ander as, en om seker te maak, tiep hulle die potjie om om onder in te kyk, woeps, daar val die oom se as in die vuur. Hoe nou gemaak, besluit toe om sommer die vuur se assies in die pot te skep, en voor hulle by die huis aankom sal dit koud wees, dan sal hulle die mooi potjie weer vol maak. So besluit, so gedoen. Kom by die huis aan, en handig die pot oor aan tant Sannie, maar die' kan nie glo dat so 'n groot man se as in so klien ou pot kan pas nie, en se vir die seuns om die as op die kombuis tafel uit te gooi. Toe sy as hopie met haar hande oop krap begin die tannie vreeslik huil, die trane loop aaneen en so tussen die gehuil en gesnik se sy, "Ek was 29 jaar met jou Pa getroud, en het alles met hom deurgemaak, ek kan nie glo dat in al daardie tyd nooit agter gekom het dat hy doppe oor sy eiers gehad het nie"
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Die weduwee

Post by frinam »

Mac, hierdie ene, met of sonder die eierdoppe ;), vat die koek, mooi gegooi man, jy maak my dag!!! Mooi naweek aan almal- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Die weduwee

Post by Freek »

Sir Mack sir. Hierdie was nou 'n kookwater grap, die doppe kom seker maar so met die jare saam net soos wat 'n man se vel dikker raak met al die stampe en stote van die lewe. ;D ;D ;D :)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Post Reply