Hulp met nodespoed vir 270Win asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Ru 270
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Aug 29, 2011 8:28 am

Hulp met nodespoed vir 270Win asb

Post by Ru 270 »

Dag manne

Ek sal waardeer as een van die QL manne my kan help met 'n nodespoed vir my 270 Win asb!

Gegewens:
270 Win Ruger RSI International
447mm loop lengte
Highland dop 68,2gr H2O
CCI250 primer
140gr Nosler Ballistic Tip
S365 Lot 69
Magasyn 87mm
OAL tot teen lande 88mm
Beplande OAL 86.5mm

Gem spoed gemeet met bogenoemde, maar met 50gr en OAL van 87.1mm was 2608vps

Ek sal dit waardeer as iemand my kan help!

Groete
Ruan
Ru 270
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Aug 29, 2011 8:28 am

Re: Hulp met nodespoed vir 270Win asb

Post by Ru 270 »

Kan iemand my asb dalk help met 'n lading of nodespoed?
Groete
Ruan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hulp met nodespoed vir 270Win asb

Post by Wouter Roets »

Hallo Ruan

Is jy seker oor daai looplengte want so ver ek dit het moet dit 20 duim wees? Nog iets wat ek nie verstaan nie is die model wat jy aangee. Die RSI International is n single shot falling block aksie en het nie n magesyn nie. Ek wag vir jou antwoord sodat ons kan loer. Nog n ding hoekom gebruik jy CCI250 primers op die lading. Jou dopvulling is klaar baie laag en die primer vererger dit net.

Groetnis
Wouter
Ru 270
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Aug 29, 2011 8:28 am

Re: Hulp met nodespoed vir 270Win asb

Post by Ru 270 »

Hi Wouter

Looplengte het ek self gemeet en oor die model is ek ook baie seker:
http://www.chuckhawks.com/ruger_M77RSI_firearm_fun.htm

Ek dog jys die Ruger expert? ;-)

Ek koop maar klomp CCI250 as ek in die hande kan kry en daarom het ek toe sommer hulle gebruik, watter alternatief stel jy voor?

Groete
Ruan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hulp met nodespoed vir 270Win asb

Post by Wouter Roets »

Hallo Ruan

Ek onhou die model, hy is nie meer beskikbaar nie, maar het gedink sy model nommer was anders. Jy weet mos wat dog gedoen het! Ek het n 7x57 in die enkelskoot en sy modelnommer is dieselfde. Hy het n 20 duim loop.

Nou goed oor die primer ding. Jou dopvulling met 50gr S365 is maar in die orde van 87% wat maar laag is. Deur die magnum primer te gebruik vererger jy dit deur dat jy nog minder dryfmiddel te gebruik vir n gegewe druk en spoed. Deur n standaard primer te gebruik moet jy gewoonlik meer poeier gooi om by dieselfde spoed/druk uit te kom en sodoende jou dopvulling ook te verhoog in die proses. Met hoer dopvulling word die lugleegte kleiner en beter en meer konstante ontbranding is gewoonlik die gevolg. Met sulke lae dopvulling syfers weet n mens nie waar le die poeierkolom wanneer die rondte gekamer word nie. Indien die lugleegte by die flashhole le kan n mens selfs baie keer hang fires ervaar. Die gebruik van n magnum primer snaaksgenoeg is dan weer baie keer die oplossing vir die probleem.

Jou hoogste nodespoed le op 2774ft/sek en dit sal so in die orde van 53gr S365(TPL 86,5mm) vat om dit te vermag. Hierdie lading is baie naby aan maksimum so bekruip hom maar versigtig. Slaan daai spoed en maak jou TPL korter in inkremente van 0.2mm vir finetuning.

Groetnis
Wouter
Post Reply