Die Jagter
Die 80-jarige oom besoek sy huisdokter vir sy jaarlikse ondersoek en die
dokter vra hom hoe hy voel. "Uitstekend" s? die omie. "Ek het nog nooit
beter gevoel nie. My 18-jarige bruid is swanger met my kind. Wat s? jy
daarvan?"
Die dokter buig vooroor en s?: "Oom, kom ek vertel oom 'n storie.
Een van my vriende is 'n kranige jagter wat elke seisoen in die veld is.
Eendag was hy 'n bietjie haastig en gryp toe sy sambreel pleks van sy geweer. So stap hy toe veld in en skielik sien hy 'n mooi jong duiker agter die bos voor hom.
Hy lig sy sambreel op, l? aan en druk die handvatsel. Boem! En daar
slaan die duiker dood neer."
"Onmoontlik," s? die oom. 'n Ander man moes daai skoot geskiet het!"
"Presies," s? die dokter.
Die Jagter
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 866
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Die Jagter
Geroer-nie geskud nie
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Die Jagter
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
