Algemeen vir norms en standaarde.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Algemeen vir norms en standaarde.
Met die werkswinkel op DCA se norms en standaarde is van die gelysde metodes bespreek. Ek sal julle insette waardeer om vas te stel hoe die probleemdier jagters voel watter metodes moet toegelaat word en watter nie onder die verskillende metodes. Die manier wat dit gereguleer moet word en wat die minimum standaarde van die toerusting moet wees en die minimum kwalifikasie/ondervinding/opleiding.
Lys ook enige ander metode van beheer onder 'n nuwe "topic" sodat dit bespreek kan word.
Groete
Heinrich

Last edited by jaracal on Wed Jan 28, 2009 11:47 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
rednat
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Om ondervinding as vereiste te stel sal seker nie werk nie, want dan beteken dit vakleerlingskap??
Wat opleiding betref streef ons seker na die bes moontlike opleiding wat prakties sin maak. Wat van 'n werklike toetsprosedure: Teoreties en Prakties? Is dit moontlik??

projag
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Ons het nou genoeg gepraat -- rondom die bos is dit nou al kaal getrap en ons praat en praat net al meer en meer . Dit is nou tyd dat 'n voorlegging gefinaliseer en deur ons aanvaar word vir doeleindes van verdere gesprek en argument.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Hier volg my algemene kommentaar, laat weet wat julle dink. Die totale dokument kan ook afgelaai word onder "downloads"
Algemeen.
Ek gaan nie die aspek behandel dat boere die reg het om hulle eiendom te beskerm soos vervat in ons grondwet en gemenereg nie en behoort regsopinie ingewin te word.
In enige area waar met kleinvee geboer word sal diere soos die Rooijakkals en Rooikat skade veroorsaak. In 'n baie klein mate sal die Draaijakkals of Silwer (Vulpes chama), Groukat, Bruin Hi?na en Luiperd bydra tot die verliese. Verliese veroorsaak deur veral Luiperds en Bruin Hi?na kan groot wees maar is dit gewoonlik indiwidue wat ge?ien of uitgeken kan word aangesien hulle nie algemeen voorkom nie.
Die oorgrote meerderheid van verliese word deur Rooijakkalse en Rooikatte veroorsaak. Aangesien die Rooijakkalse en Rooikatte in groot getalle voorkom en dit moeilik is om jakkals pare se gebiede sonder navorsing vas te stel en die feit dat die gebiede wel kan oorvleuel of ander jakkalse in so 'n gebied kan inbeweeg, is dit onmoontlik om die sogenaamde skuldige jakkals op te spoor.
Navorsing deur M.M. Jaeger USDA Wildlife Services, National Wildlife Research Center, Utah State University, Logan, UT 84322-5295 het bevind dat die Alfa mannetjie en wyfie die vangery doen en ek haal aan ?Conventional wisdom of government trappers is that coyotes kill lambs to feed their pups and that when pups are removed (referred to as denning) the killing stops. This was confirmed by Till and Knowlton (1983), and it implied that breeding coyotes were the principal killers in this situation. Therefore, denning provides indirect evidence that alphas with pups are the principal killers of lambs on summer grazing allotments. This is supported by the finding that depredation is less in territories with surgically sterilized adults that produced no pups (Bromley and Gese, 2001a,b).? Vir die en ander navorsing kan die webwerf http://www.sheepusa.org gerus besoek word.
Ek wil dit graag ondersteun en is dit my bevinding dat indien een of albei jakkalse in of naby die area gedood word waar verliese voorkom die verliese onmiddellik stop. Die vrede hou dan totdat nuwe jakkalse intrek en afhangend van die aantal jakkalse in die omgewing. Dit kan tot 3 maande en self langer neem vir nuwe jakkalse om in te trek. Dit bied dan die boer die kans om sy lammers in veiligheid groot te maak en mark gereed te kry. Dit is ook 'n ekonomiese vatbare metode en is die koste vir die verwydering van die probleemdier 'n fraksie van die verliese wat gewoonlik voorkom.
Dit is werkskeppend en word talle families in bruin, swart en wit gemeenskappe met inkomste uit die beheer van probleemdiere aan die lewe gehou.
Volgens die kenners sal roofdiere hulle getalle self in beheer hou indien hulle nie gesteur of gejag word nie. Ek stem volkome daarmee saam veral in natuurlike gebiede soos die Krugerwildtuin. Ek het by Mnr Rob Harrison-White wat navorsing op jakkalse doen, gaan roep (Bloemhof area) en het ons op ongeveer 4200ha, 17 jakkalse ingeroep. Daar word nie gejag nie en glo ek dit is die aantal diere wat die gebied sal hanteer. Indien dit as norm gebruik word, is dit ongeveer 250ha per jakkals.
Ek het met Mnr Heydenrych van Jansenville gepraat en het hy genoem dat hy met sy mikroligte vliegtuig baie oor sy grond van 5000ha vlieg en 10 jakkalse of te wel 5 pare gereeld sien. Dit is 'n totaal van 1 jakkals per 500ha. Hy doen geen beheer nie en gebruik Anatoliese herdershonde vir die afgelope 3 jaar (ek is nie 100% seker van die tydperk nie).
Na aanleiding van bogenoemde is dit redelik om te kan aflei dat daar 1 jakkals dan per 375ha sal wees of te wel 2 jakkalse op 750ha. Indien hulle paar en slegs 3 kleintjies oplewer beteken dit 1 jakkals per 150 ha.
Ek sal graag die volgende vrae beantwoord wil h?:
Hoe lank sal die natuurlike prooi in so 'n area hou wanneer die jakkalse gelos word om aan te teel totdat die sogenaamde versadigde vlak bereik is en wat gaan die impak op die natuur wees oor 'n lang tydperk/periode.
Indien niks van die natuurlike prooi oor is nie wat gaan die diere dan vreet?
Hulle sal lammers moet vang om te oorleef. Inteendeel die natuurlike prooi het 'n ingeboude meganisme om vir jakkalse weg te vlug, maar is die skape waarmee ons boer nie tot dit in staat nie, wat weer die jakkalse tot voordeel en die boer tot nadeel sal strek.
Waarheen sal die aanteel gaan en wat sal die impak daarvan wees op die natuur in die toekoms.
In die areas waar ek jag word jakkals pare op 3500ha tot 5000ha gevind. Dit beteken gemiddeld 1 jakkals op 2000ha wat amper aanvaarbaar is.
Dit is 'n bekende feit dat waar Pr?rie wolwe (Coyotes) te veel geraak het, het hulle brandsiek en ?pravo/distemper? opgedoen wat hulle in groot getalle laat vrek het. In sekere dele van ons land is brandsiek ook al onder jakkalse opgemerk veral in die Oos-kaap Natuur Parke waar jakkals getalle hoog is. Wil ons dat dit die voorland moet wees van die jakkalse wat ons nie mag beheer nie.
Aanwas van jakkalse
Dit is my beskeie mening dat jakkalse en rooikatte nooit uitgeroei sal kan word nie maar sal hulle getalle net beheer kan word. Verder is daar 'n persepsie dat die jag van jakkalse druk op die populasie plaas wat die jakkalse meer sal laat aanteel. Om die minste te s? is dit pure bog. Die logiese verklaring hiervoor is dat die jakkalse in 'n goeie kondisie is met die hele jaar 'n voorsiening van lammers as voedsel. Daar is duidelik baie gebiede wat nog gevul kan word en daarom sal die jakkals aanteel.
Die jag van jakkalse kan nie die getalle laat vermeerder nie. Gebiede waar geen beheer maw geen jakkalse gejag word nie het die meeste jakkalse. Dit is 'n feit wat nie weerl? kan word nie. Jakkalse kan ook nie daarheen vlug nie want daar is reeds territoriale jakkalse wat hulle uit die gebiede sal hou.
Die skuld vir die aanwas van jakkalse kan vierkantig voor Nasionale Parke, Wildplaas Eienaars, Naweek Boere, en Professionele Persone wat grond besit, met geen probleemdier beheer program, geplaas word. Die staat moet dus hulle verantwoordelikheid begin opneem en so ook alle rolspelers.
Wetgewing moet ingebring word dat indien jy diere het of op jou grond wil aanhou wat die potensiaal het om skade aan die buurman se eiendom te veroorsaak, die omheining van so 'n aard moet wees dat hulle sulke of sodanige diere kan binne hou. Indien dit nagelaat word kan die skade van die buurman/instansie ge?is word.
Die staat moet ook amptenare in diens neem om erkende diere wat probleemdiere kan word soos jakkalse, rooikatte en bosvarke se getalle in beheer te hou in gebiede wat onder beheer van die staat is anders moet dit deur kontrakteurs gedoen word. Dit is onaanvaarbaar vir 'n kommersi?le boer dat diere op ander se grond kan aanteel en skuil en jou skade berokken.
Jagters moet ook toegelaat word om hierdie diere te kan jag met 'n gewone jaglisensie sonder permit met net 'n beperking op die aantal diere per dag gedood. Hierdie diere is se getalle is nie naastenby bedreig nie en kan daar sonder vrese van hulle gejag word soos met enige ander wild.
Nie-Dodelike metodes van beheer/voorkoming
Ek is redelik seker dat elke kleinvee boer op 'n stadium een of meer nie-dodelike metodes al ingespan het om sy vee teen probleemdiere te beskerm. Dit is ook 'n feit dat sekere metodes in sekere gebiede beter werk as in ander gebiede. Dit is ook so dat indien nie-dodelike metodes gebruik word die jakkalse by die buurman sal vreet wat nie die metodes gebruik nie.
Jakkalse pas hulle vinnig aan en word die lammers van agter gevreet sonder om die dier dood te byt wat baie lyding tot gevolg het en onaanvaarbaar is. Nie-dodelike metodes bied die boer 'n tydperk om van die probleemdier ontslae te raak.
Die metodes word in elk geval gebruik en om boere nou te dwing om slegs dit te gebruik is totaal onaanvaarbaar.

Last edited by jaracal on Wed Feb 25, 2009 2:44 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Hein
Die wet (gemene reg) maak lakal reeds voorsienning vir skadevergoedding, wanneer een ou se diere by 'n ander ou skade veroorsaak. Die bewyslas is net vreeslik moeilik in sulke gevalle.
Di? klas van ding (skadevergoeddings eise) het al in die Vrystaat gebeur. Dit is 'n sifielle geding/saak en die twee partye moet maar dinge in 'n hof uitspook.
Hierdie sake is uiters skaars wanneer dit by wilde diere soos rooijakkalse kom, omdat die jakkals nie aan enigiemand behoort nie, selfs nie die staat nie. Jy hoor heelwat meer van skadevergoedding eise wanneer mak diere soos bv. honde, betrokke is.
Wat van die verantwoordelikheid van Provinsiale Natuurreservate? Hulle moet mos ook hul verantwoordelikhede nakom, wat skadeveroorsakende diere betref.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Pieter E
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Hein
Ek het nog nie kans gehad om alles te lees wat jy skryf nie, maar hierdie stukkie: "Wetgewing moet ingebring word dat indien jy diere het of op jou grond wil aanhou wat die potensiaal het om skade aan die buurman se eiendom te veroorsaak, die omheining van so 'n aard moet wees dat hulle sulke of sodanige diere kan binne hou. Indien dit nagelaat word kan die skade van die buurman/instansie ge?is word.", klink vir my nogal na 'n goeie idee. Dit kan baie probleme oplos in heelwat areas. Of so iets ooit werklikheid sal kan word, weet ek egter nie, maar dis verseker 'n voorstel wat mens verder kan vat.

LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Almal
Wetgewing rondom omheining is `n moeilike onderwerp, dink ek. Hoe bewys ek daar is iets op my buurman se plaas wat my lammers vang, maw wat hy nie binnehou nie. Hoe lyk `n goeie heining, Jakkals en Rooikat gaan bo-or jakkalswerende heining, so die heining se standaard sal verander moet word.
Ek verstaan dat selfs in Namibie kan `n grondeienaar aangespreek word deur die parlement as hy nie probleemdiere beheer nie. Ek dink daar moet ook in die rigting beweeg word. Dit moet makliker wees om grondeinaars te verplig om saam te werk.
Om die probleem van onbetrokke grondeienaars aan te spreek glo ek dat die staat sy verantwoordelikheid moet aanvaar tov die beheer van probleemdiere soos met sprinkane as voorbeeld.
Grondeienaars weier om geld te spandeer aan probleemdier beheer(kleinveeboere), vir akkerbou dele is probleemdiere `n vae begrip, so hy gaan hom nie steur aan die beheer daarvan. Hierdie probleem is groot en moet aangespreek word. As daar `n heffing is wat alle grondeienaars betaal, of die staat finansier probleemdier beheer kan die probleem dalk aangespreek word.
Hein, dankie vir al jou moeite.
Lukas

Soos ek reeds ges? het bestaan wetgewing reeds daaroor. Jy moet net onthou dat di? soort van eise baie moeilik is, daarom is dit so skaars, dat mense dink daar is nie sulke wetgewing nie.
In die Vrystaatse ordonnansie, is daar 'n artikel wat die staat magtig, om nadat 'n klagte ingedien is, iemand wat nie sy diere onder beheer hou nie, en wat dan sakade by iemand anders veroorsaak, kan verplig om die dier(e) onder beheer te bring. Dit is egter 'n uitgerekte storie, want die "oortreder" moet eers kans gegee word om die probleem self aan te spreek. Indien hy niks doen nie, word hy gewaarsku dat die staat namens die klaer kan optree, indien hy dan nog nie reageer nie, word hy in kennis gestel van die datum en besonderhede wanneer die staat sal ingryp en die beheer self of deur 'n aangestelde agent sal laat doen.
Bogenoemde werkswyse het al gebeur, maar is uiter skaars en word net in uitsonderlike gevalle toegepas. Jy kan dit oor die algemeen nie met diere soos bv. rooijakkalse doen nie, omdat rooijakkalse aan niemand behoort nie en op 'n natuurlike wyse regdeur die land voorkom (is nie spesifiek deur iemand in 'n area hervestig nie).
In die geval van diere wat 'n bedryging vir menselewens inhou, het die staat die magte om so 'n dier onmiddelik en sonder verdere kennisgewing onder beheer te plaas of van kant te maak indien dit nodig is. Die staat tree dan uit gronde van 'n noodtoestand op.

Ek verstaan jou punt en stem daarmee saam. Dit is juis vir diere wat natuurlik voorkom en die potensiaal het om skade te veroorsaak wat ons probleem is. Ek dink hier aan Nasionale en Provinsiale parke, wildplase en plase van professionele persone sonder 'n beheerprogram, of besproeiingsplase in kleinvee areas wat almal 'n teel-aarde vir jakkalse en rooikatte is. Boere wat nie wil saamerk nie en glo aan holisties benadering, laat hy dit op sy koste en ten koste van homself doen. Te veel van die ouens laat die jakkase aanteel op hulle plase en die jakkalse vang meer by die buurman en die kleintjies versprei ook van daar. Die wetgewing behoort nie so moeilik te wees om in te stel en te monitor/toe te pas nie. Proefdraad met elektriese omheining of net elektriese omheining behoort die ding doen. Vat hoe neem vlakvarke orals toe, dink net aan die oesskade van besproeiingsboere, as jy as gewone boer dit op jou plaas wil toelaat geld dieselfde wet. So ek dink dit behoort vir almal te werk.
Moontlik is ek net te optimisties.

Jou konsep is 'n goeie werkdokument. Kommentaar en argumente moet nou net vinnig inkom.
Kom ons bevestig die volgende gegewe:
1. As jy met wild wil boer en die voordeel as wildboer wil geniet moet jy 'n omheiningssertifikaat bekom.
Alle mense wat wild aanhou is nie wildboere nie. Jy kry die wildboer wat sy inkomste verkry uit die bemarking van wild en die Toerisme boer wie sy inkomste verkry uit ekotoerisme ens.. Van hierdie mense maak die keuse om met jakkalse te boer.
Voorstel: As jy (boer of staatsinstelling) dus vir watter doel ookal wildediere (ook jakkalse) of ander diere wil aanhou of mee wil boer moet jy die nodige omheiningsertifikaat bekom en sorg dra dat jou wildediere en hul aanwas op jou grond bly en nie jou buurman skade doen nie dws. jy moet jou omheining in stand hou. As my swartwidebeesbul deur die draad voeter en my buurman se bees doodmaak is ek aanspreeklik -- hoekom het 'n jakkals meer regte as gewone wild. Wil dus lyk asof elektrifisering vir die boer wat jakkalse wil aanhou 'n vereiste moet wees.
2. Donkies: kan werk in ho? reenval gebiede waar weidingskade nie maklik is nie. In die dro? lae reenval gebiede is donkies 'n vernietiger van veld.
3. Honde: Honde kan net gedeeltelik suksesvol wees waar omstandighede dit toelaat. In die ekstensiewe gebiede wei jou skaap wydverspreid die hele kamp vol 200 ooie in 'n 500 hektaar kamp. Die hond het nie 'n kans om die skaap op te pas nie en hou hy hulle in 'n trop maak dit inbreuk op die skaap se weibehoefte en sit jy met 'n klomp maer skaap binne 'n maand.
4. beheermetodes soos halsbande, klokke, karbietkanonne, leeumis, noem dit help alles net vir 'n beperkte tyd dan het die jakkals 'n skuiwergat gevind.
5. Die storie dat jakkalse nie meer word waar hulle nie gesteur word nie is nonsies. Hy teel steeds aan. Die keintjies wyk net uit en gaan soek ander jagveld. Soos die wild minder word so word die skaap kudde die prooi en as 'n jakkals eenmaal 'n lam gevang het jag hy hoofsaaklik hierdie maklike prooi. Die bykans totale uitwissing van veeboerdery langs Parke is volledige bewys. Gaan kyk bietjie hoe lyk kleinwild getalle in die ekstensiewe parke.
6. Permitte is nie nodig vir rekord doeleindes nie. Omgewingsbewaring en natuurbewaring se bewese rekord van rekordhouding is in elk geval baie swak. Boereverenigings sal hierdie taak gratis en effektief kan verrig.

Projag/Hein
Ek reken die voorstelle rondom omheings kan definitief verder opgevolg word en voorgestel word aan die owerhede en ander instansies.
Met betrekking tot julle verwysings na jakkalse wat eers die kleinwild opvreet en dan die skape. Is dit nie verouderde sienings nie? NA my mening is kleinvee (veral skape) deesdae jakkalse se eerste opsie (natuurlike prooi), kleinwild tweede. Op my plaas is daar minstens 80 steenbokke, baie hase en springhase en dassies. Ons het nog nooit op 'n steenbok afgekom wat gevang is nie. So af en toe 'n haas of springboklam, maar hordes ooie en lammers. Beteken dit nie jakkalse/rooikatte het hul natuurlike prooi verander nie?

Pieter
My ondervinding is dat 'n jakkals wat eers skaapvleis geproe het en weet hoe maklik die prooi vang nie weer moeite vir wild doen nie. Ek skiet die jakkals by die lam dood terwyl hy vreet --- en binne 'n radius van 100 meter wei daar twee steenbokke en 'n haas. Jakkals loop deur my springbokke en gaan vang 'n dorperlam. Het die afgelope 12 maande nog geen jakkals in my wildkamp geskiet nie en seker nagenoeg 16 by my skaap.
So ons verskil nie in waarneming nie.
My ondervinding is dat 'n jakkals wat eers skaapvleis geproe het en weet hoe maklik die prooi vang nie weer moeite vir wild doen nie. Ek skiet die jakkals by die lam dood terwyl hy vreet --- en binne 'n radius van 100 meter wei daar twee steenbokke en 'n haas. Jakkals loop deur my springbokke en gaan vang 'n dorperlam. Het die afgelope 12 maande nog geen jakkals in my wildkamp geskiet nie en seker nagenoeg 16 by my skaap.
So ons verskil nie in waarneming nie.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Pieter/Projag
Dit is verseker soos wat julle se, ek praat van areas waar die jakkals weggehou sal word van skaap ens. Onthou hulle (CapeNature ens) beweer as ons die jakkalse weghou van skape en los om te teel dat hulle hulle eie getalle beheer - nou wil ek weet 1) wat van die natuurlike prooi gaan oorbly 2) indien daar geen oorbly of moeilik is om te vang, gaan hulle mos verseker op lammer toespits wat dan groter verliese sal teweegbring en net die teenoorgestelde uitwerking het as waarop hulle gehoop het.
Groete
Heinrich
Dit is verseker soos wat julle se, ek praat van areas waar die jakkals weggehou sal word van skaap ens. Onthou hulle (CapeNature ens) beweer as ons die jakkalse weghou van skape en los om te teel dat hulle hulle eie getalle beheer - nou wil ek weet 1) wat van die natuurlike prooi gaan oorbly 2) indien daar geen oorbly of moeilik is om te vang, gaan hulle mos verseker op lammer toespits wat dan groter verliese sal teweegbring en net die teenoorgestelde uitwerking het as waarop hulle gehoop het.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
rednat
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Hein
Kom ons aanvaar hulle word suksesvol ingeperk!!!!
Hoe gaan hulle hul eie getalle beheer???: Kannibalisme??
Selfmoord van frustrasie omdat hulle nie die skaap anderkant die draad kan bykom nie???
Vrek van die honger omdat hulle verleer het om wild te jag???
Hulle eie kleintjies opvreet van die honger???
Miskien is daar iets soos jakkalskondome, waarvan ek en jy nie weet nie???
Hoekom raak hulle dan net meer in die parke en die onbeheerde gebiede totdat daar later 'n pes onder hulle uitbreek.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Jakals getalle kan slegs deur uitdinning in beheer gehou word, my sienning.
1. Die groot predatore hou jakals getalle laag in reservate waar daar nog is, die predatore is deur ons voorgangers verwyder en nou is die jakals bo aan die lys as hoof predatoor en het geen natuurlike vyande wat hulle intoomhou. Leeus, luiperds hienas ens sal as hy op jakals nes afkom die klein jakals uitsnuffel en hom doodmaak om sodoende sy eie belang te beskerm, sy natuurlike instink.
2. Ons voorgangers het jakals en als daarmee saam probeer vergiftig, geskiet en met honde gejag, 100 jaar later is jakals getalle nogsteeds onbeheerbaar.
3. Ek ken boere in Namibie langs Botswana grens wat van koei en kalf weggedoen het en koop nou net groter bees aan vir spekilasie asgevolg van jakals wat koei aanval as sy kalf, die boere het duisende stuks wild op hul plase, hoekom vang die jakals dan die kalf - maklike prooi.
4. Jakals is 'n opertunistiese jagter en sal nie vir wild gaan as daar makliker prooi is, wat feitlik geen moeite is om te vang nie, sy natuurlike instink.
5. Ek help 'n boer wat gedink het om met bees te boer beteken geen jakals beheer, sy koei wat kalf word nou aangeval, sy veld is vol steenbok en springhase, en jakals getalle is uitermatig hoog, het die eerste 2 aande 23 geskiet (5000 ha plaas) en skiet nogsteeds, lyk nie vir my of hul getalle deur hulself beheer word nie, en nou dat hulle so baie is pak hul die bees wat gaan le van siekte, vreet ore af van voor sodat ander van agter kan eet.
6. Daar is nog veels te min navorsing gedoen op jakals vir enige iemand om te se hy sal sy eie getalle beheer deur siekte, ja dit kan gebeer maar dan sal die oorbevolking ernstig hoog moet wees.
7. Ek stem saam daar is grond eienaars, let wel nie boere nie wat geen kennis het van jakals en sy gevolge nie so hy pas geen beheer toe in getalle nie, en hierdie mense moet die nodige leiding kry met die regte benadering. En al hoe jy die persoon gaan oortyg is om nie aan te val ens nie maar met die regte benadering en feite glo ek jy gaan die meeste oortuig dat jakals getalle wel beheer moet word net soos die res van sy wild.
8. Natuurbewaring spekuleer huidiglik dat jakals getalle hulself sal beheer, waar is die mense se navorsing, watter konkrete beweise kan hulle lewer inverband met sulke stellings, een of twee ouens wat in die kruger wiltuin navors? Die navorsing moet effekief gedoen word waar daar met skaap geboer word, die jakals tree anders op in natuurreservaat waar hy beskerm word, en met ander predatore meeding is sy kos voorsienning wat ? seker 90% van wat hy aas en dalk 10% se siek rot of haas wat hy maklik kan vang.
9. Dit gaan baie oortuiging tesame met subsidieering 100% van verliese van die staat wees voordat enige kleinvee boer gaan instem om te kyk of jakals homself gaan beheer, en daardie dag gaan nie in ons tyd gebeur met bangkrot staats instansies nie.
10. Subsidieer dan eerder die profesioneele jagter wat selektief en effektief probleem diere intoom hou, hy sal hulle nooit kan uitwis nie, om sodoende eerder die balans reg te hou, dit gaan baie goedkoper wees as om vir vee verliese te betaal.

Ek dink julle verstaan die beheer van getalle verkeerd. Daar is 'n punt waar die aanteel en die sterftes ongeveer dieselfde is. Dit is wanneer die aanteel laag is kleintjies slegs 3 waarvan 1 of slegs twee oorleef, soos tans in die ou Noord Transvaal, Gemsbok Park, Kruger Wildtuin, dele anderkant Kimberley ens. Die area waar ek geroep het in Bloemhof het ek bv 17 jakkalse op 4200ha ingeroep. Ongeveer 1 per 250ha. Dit was ongeveer 8 jaar terug. As daar vandag weer dieselfde toets gedoen word in dieselfde area behoort die getalle nog dieselfde te wees maw 17 jakkalse in die area.
Daar is min gevalle waar die groter roofdiere op jakkalse/rooikatte jagmaak. Die doodmaak deur hulle is "per ongeluk". Dit is die "balans" waarna die groenes wil he ons moet beweeg, wat in werklikheid nie 'n balans is nie.
Hoop dit is nou duideliker gestel en dat julle sien na watter ekstreme hulle die natuur wil dryf.
Groete
Heinrich
Daar is min gevalle waar die groter roofdiere op jakkalse/rooikatte jagmaak. Die doodmaak deur hulle is "per ongeluk". Dit is die "balans" waarna die groenes wil he ons moet beweeg, wat in werklikheid nie 'n balans is nie.
Hoop dit is nou duideliker gestel en dat julle sien na watter ekstreme hulle die natuur wil dryf.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Hein
Net vir inligting, was dit 'n natuurreservaat of kleinvee plaas ?

Ek moet met jou verskil -- jy raak nie aan die kern van die saak nie . Die jakkals beheer nie sy eie getalle nie!!!. Die blote feit dat mens hom nie uitdun nie beteken nie dat hy homself beheer om binne sekere getalle te bly nie. Nee hy kan nie tel nie. Hy maak ook nie 'n sensusopname en neem dan 'n besluit dat hier nou genoeg jakkalse is en nou gaan ek minder kleintjies kry nie -- ag nee, dit klink oulik maar is 'n lekeopvatting.
Voeding beheer sy getalle deur liggaamlike instink
Die oorvloed of beskikbaarheid van voedsel bepaal enige dier se vrugbaarheid, speenpersentasie, oorlewingsvermo? ens. Dus laat die jakkalsboer sy jakkalse by homself hou met voldoende omheining --- dan sal die beskikbaarheid van kos binne daardie omheining die getalle beheer deur afsterf of swak vrugbaarheid. Solank daar egter op die buurplase die geleentheid is om oorvloedig uit te eet of gebied uit te brei gebeur dit nie.
Daarom ook die ou geloof dat jakkals nie bly waar hy vang nie --- daar waar hy bly is die kos klaar op.
Toe ek 2 jaar terug met my skaap getrek het asgevolg van die droogte was die jongjakkalse na speen later brandmaer en het verskeie van die honger gevrek. Op die oomblik is dit weer net so droog maar ek het nie met my skaap getrek nie en die jonges is blink van haar.
Gebrek aan kos beheer enige dier se getalle. Solank daar met vee geboer word sorg die boer dat sy veegetalle in balans met sy drakrag is dws. jakkals kan maar vang, die boer voorsien.

Miskien verstaan ek ook nie die beheer van die getalle reg nie. As die getalle in `n gebied gestabaliseer het, wat van die gebied langsaan waar die getalle minder sou wees. Maw die getalle stabiliseer in `n gebied omdat daar langsaan en gebied is wat die surplus kan opneem asook die kos kan voorsien vir die gebied wat reeds gestabiliseer is maar nie meer genoeg kos het nie. Die stabilisasie getal in so `n gebied behoort dan ook ho?r te wees omdat die kos vir die gebied uit `n gebied langsaan kom.
Wat ek probeer vra is, as die getalle gestabiliseer het, waar gaan die origes heen, hulle gaan mos nog steeds aanteel. As die gebied langsaan en vir die doel die hele land dan nou vol gestabaliseer het, kan hul mos net vrek van die honger nadat alles opgevreet is.
Lukas
Wat ek probeer vra is, as die getalle gestabiliseer het, waar gaan die origes heen, hulle gaan mos nog steeds aanteel. As die gebied langsaan en vir die doel die hele land dan nou vol gestabaliseer het, kan hul mos net vrek van die honger nadat alles opgevreet is.
Lukas
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Rednat
Ons praat van dieselfde ding, ons terminologie verskil net. Dit is einlik die natuur wat die getalle beheer soos minder beskikbare kos, siektes en laer aanteel wat die getalle in toom hou. Rob Harison White het 'n toets gedoen in Bloemhof (nie 'n skaapwereld nie) en 'n ou reun en jong teef in 'n kamp gesit met genoeg kos en water. Die teef het glad nie op hitte gekom nie, so die aantal jakkalse in 'n omgewing speel ook 'n rol (afleiding) maw hoeveel antwoord op 'n jakkals roep ens. Ek mag verkeerd wees maar met al die kos wat hulle kry (genoeg) kry hulle slegs 'n gemiddeld van 3 kleintjies. Nog 'n moontlike bewys dat die aantal jakkalse wel 'n rol kan speel. Alhoewel voedsel 'n groot rol speel is dit nie al wat 'n rol speel nie.
LMB
Ons praat in 'n staat van volle kapasiteit waar daar op elke plaas jakkalse is volgens CapeNature en Landmark se oogmerk, (maw 1 per 250ha) dan is daar nie meer lee areas nie. Dit is hoekom ek die redenasie het van wat gaan oorbly van die biodiversiteit soos natuurlike prooi en die inpak op die skaap en lam getalle met soveel jakkalse in SA en dan nog in kleinvee areas. Dit is totaal absurd wat hulle voorstel.
As die jakkalse baie word en kalwers begin vreet waar die koei/vers le om te kalf dat die koei/vers ook geskiet moet word, wat is die kans dat skape sal oorleef. In daardie areas word hulle nie gejag nie tot die boer daardie tipe van skade kry.
Hoop julle verstaan nou my redenasie.

Jakkalse in aanhouding. Dieretuine met klein kampies -- teel hulle aan

Wonder of daardie ou reun en teef vir vrugbaarheid getoets was, anders was dit 'n of/of toets.
Jakkalse in aanhouding. Dieretuine met klein kampies -- teel hulle aan
Wonder of daardie ou reun en teef vir vrugbaarheid getoets was, anders was dit 'n of/of toets.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Ons moet net onthou, dis nie nou meer natuur soos lank gelede nie, als het verander. Skaap, bees ens is ingebring, kampe gespan, wild uitgehaal ekstra water ens.. Die hele eko sisteem het verander. Daar is net een werkbare wyse en dis bestuur deur uitdinning, soos met al die ander diere op jou plaas. Jy kan nie nou na jakals aangepas het om op sekere wyse te handel dit gaan verander nie. Indien so iets wel moontlik is gaan dit weer 'n 100 jaar vat om jakals aan te pas soos groenes dit nou wil he. Jy gaan dus diere moet verwyder wat hy nie mag vang nie en dit so hou dat die wat nou skaap eet uitsterf en die na geslagte leer om van hase en ander wild te leef. Maar wat gebeur as jy skaap weer terug bring?, soos Hein se die jakals sal jou nooit teleur stel nie.
-
Ambessa
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Hallo almal
Aitsa, hier begin dinge nou in 'n rigting beweeg. Stelling: die rooijakkals se gedrag is nie meer soos dit in die boeke beskryf word nie! Ons weet op wetenskaplike wyse te min om finale gevolgtrekkings te maak daarom is ons nie suksesvol om werklik 'n duik (op nasionale vlak) op die impak vn die diere te maak nie. Toegegee, daar is baie jagters (soos in die briewe openbaar) wat oor goeie kennis en ervaring beskik. Die probleem is dat die kennis en inligting nerens vinnig opgelees en verder toegepas kan word nie. Dit is hoekom 'n opleidingsprogram gesteun deur 'n navorsingsprogram so belangrik is.
En nou? Help 'n bietjie?

Weet enigiemand wat Vry 27 Feb 09 met die vergadering met CN gebeur het? Praat met ons die wat weet?
Ambessa
Weet enigiemand wat Vry 27 Feb 09 met die vergadering met CN gebeur het? Praat met ons die wat weet?
Ambessa
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Algemeen vir norms en standaarde.
Ambessa
Die vergadering is blykbaar uitgestel na einde Maart. Die boere kry nog hulle skietgoed reg maar het Maandag 'n vergadering in Prins Albert blykbaar 'n Agri streek kongres wat ook voorberei voor word.
Sal jou op hoogte hou