More almal
My pa se oupa se haelgeweer is in 1900 vervaardig. Ekt by ouens gehoor ek het glad nie meer n lesensie vir hom nodig nie, weet nie of dit waar kan wees nie, by ander het ek weer gehoor ek kan n spesiale lesensie vir hom kry.
Nou my vraag. Indien daar n spesiale lesensie vir hom is, hoe werk dit? Ons skiet nog gereeld met die wapen. Dan ook, die spesiale lesensie, tel hy nogsteeds by die reel van 4 vuurwapens. Ek het op die oomblik .22 en 300wm op my naam en gaan nou binnekort aansoeke vir 303 en 38 rewolwer ingee. Ek het nog nie my toegewyde jagters status nie so ek mag nog net 4 vuurwapens besit.
Is daar n spesiale lesensie vir so geweer ouer as 100jaar, hy is 14 Feb en 27 Feb 1900 vervaardig, en hoe werk dit en kan ek hom saam my 4 ander wapens op my naam sit sonder toegewyde status?
Groete Alex
Haelgeweer ouer as 100jaar
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Haelgeweer ouer as 100jaar
As hy met gewone moderne ammunisie skiet gaan hy 'n gewone lisensie benodig.
