Eerste Jag vir 2013

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Eerste Jag vir 2013

Post by Cor Jacobs »

Uiteindelik het die kans aangebreek vir die eerste jag van 2013.
Donderdagoggend vroeg voor eerste lig laai ek vir Gerhard en Wikus, my twee jagmaats om die seisoen mee af te skop, op, en ons vat die pad binneland toe.
Die opgewondenheid loop dik in die bakkie soos elkeen uitsien na sy eerste bok vir die seisoen. Wikus is n boogjagter, en is nou al lank op soek na sy eerste Blouwildebees, asook Gerhard wat graag sy Blouwildebees rekening wil open.
Ekself gaan maar net saam vir die kuier en saam in die veld wees.
Duskant Usakos steek die son sy kop uit, en die koffiebottel word in die kar rondgestuur om die ergste oggedkoue te verdryf. Dan is ons deur Karabib en die plaas is nie meer ver nie. Soos ons deur die hek ry en die eerste wild begin gewaar, raak die manne stil soos die vooreg by ons insink om weer in die veld te wees.
Aangesien dit Hemelvaartsdag is het ons reeds besluit om nie die dag te jag nie, en net n gamedrive te vat ombietjie die plaas te sien.
Namiddag sit ons die staanrib op en vat so laaste sundowner trip voor die groot jag Vrydag begin. Na ete kuier ons nog so ruk langs die vuur tot die manne begin stil raak en ons gaan inkruip vir die groot dag more.
Vroeg Vrydagoggend is Wikus in sy hideen wag geduldig vir daai BWB met sy nommer op.
Ek en Gerhard en die gids Andreas vat die pad veld toe op soek na Gerhard se BWB asook n Gemsbok vir die plaas self.
Vroegoggend is ons gelukkig, en na n rukkie se soek kry ons n trop Blouwildebeeste. Na wat voel soos n ewigheid kry Gerhard n skietkans en sit op mooi skoot met sy 375 die BWB neer in sy spore.
Na die gebruiklikke gelukwensings en fotos neem, gaan haal ons die bakkie om op te laai en terug te vat slagplek toe.
Nou is dit my beurt. Gelukkig weet Andreas die gids waar loop die mooi Gemsies, en kry ek daem gou n kans op n mooi bul wat ook net daar in sy spore val met my 7x57 looppil wat sy kopseer sommer net so gee en neem in millisekondes..
Terug by die kamp het Wikus nog nie sy bok se nommer gekry nie, en besluit hy om self ook Saterdag et die geweer uit te gaan eerder as om in die hide te sit met die boog.
Vrydagaand braai ons steak en kuier lekker laat voor ons eers so middernag swem vat en dan gaan inkruip.
Vroeg Saterdag is Wikus uit met die gids, en ek en Gerhard gaan stap in n ander kamp om te kyk vir Jakkalse of varke.
Vandag is toe darem Wikus se gelukkige dag, en hy trek self n mooi BWB plat met sy 308.
Met ons al drie wat darem nou so iets platgetrek het, is die kuier langs die vuur Saterdagaand sommer heeltyd n recap van elkeen se jagverhaaal.
Sondagoogend stap ons vir oulaas so draai deur die veld om afskeid te neem van die plaas, voor ons die vleis en die bagasie laai en die rekening vereffen.
Dan is dit met n goeie gevoel in die hart maar so effense swaar gemoed wat ons die pad weer terug vat see toe. Maandag is werk, maar geen geld kan rerig die kuier en samesyn in die veld koop nie. Hoop julle manne geniet die fotos en die storie.

Groete,

Cor
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by jamalley »

Baie mooi diere en lekka jagstorie van virnde se samesyn en jag
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Gerhard »

Lekker manier om die seisoen se rekening oop te maak.

Baie geluk.

Die diere lyk in goeie kondisie so vroeg in die seisoen!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by VdWalt »

Baie geluk !! Die bwb maak my sommer bewerig!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by ROBBIE1 »

Mooi gemaak, klink sommer of dit gevaarlik lekker was!!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Carl »

Baie dankie vir die deel en die mooi storie. Dit klink na my tipe jag, manne met respek. Die jag fotos is ook baie mooi, min bloed met respek vir die dier.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Geno »

Mooi gegooi! Lyk na 'n lekker storie!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Piet Pille »

Baie geluk Cor!

Mooi vertel en pragtige foto's. As ek daai gemsbok van jou so kyk lyk dit of daar 'n knap skootjie tussen die oor en oog sit...... is dit met daai Rhino's wat die 7x57 so gevaarlik praat?
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Cor Jacobs »

Dankie almal. Ek is nogal gelukkig om darem saam met manne te gaan jag wat dieslfde voel as ek oor jag. As ons kuier dan kuier ons in die kamp, maar in die veld geniet ons die natuur en om deel te wees daarvan al is dit dan ook net vir daai wegbreek naweek of twee.

Ja Pieter, daai einste 7x57 Rhinos waarmee jy my gehelp het deur my eerste herlaai proses en lading soek. So vir elke keer wat n bok voor hom val dan sê ek maar saggies weer vir jou dankie.
PS. Hoe sien jy waar ek geskiet het.. ;)
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Piet Pille »

Cor Jacobs wrote:Dankie almal. Ek is nogal gelukkig om darem saam met manne te gaan jag wat dieslfde voel as ek oor jag. As ons kuier dan kuier ons in die kamp, maar in die veld geniet ons die natuur en om deel te wees daarvan al is dit dan ook net vir daai wegbreek naweek of twee.

Ja Pieter, daai einste 7x57 Rhinos waarmee jy my gehelp het deur my eerste herlaai proses en lading soek. So vir elke keer wat n bok voor hom val dan sê ek maar saggies weer vir jou dankie.
PS. Hoe sien jy waar ek geskiet het.. ;)
Ek het daai gaaitjie op die lyf gesoek maar sien niks.... toe sien ek daar by die oog lyk iets nie pluis nie.... en ek weet mos jy's 'n man wat 'n loodpil akkuraat kan gooi! ;)
GerhardDP
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Mon Apr 16, 2012 8:03 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by GerhardDP »

Hello Cor,

Jou ou troffee Pel. Dit was regtig n eer om saam met jou en Wika die paar dae die liewe vader the skepping in te asem. Nie eens Steven Spielberg kon onse storie beter vertel het nie.

Dit was n ongelooflike trippie, met ongelooflike pelle.... hoop ons maak sommer gou weer so.

tot die duiwe ons weer wakker maak......

@ Pieter Voster: ek het gedink Cor blaas beul oor die 7x57. maar dit is werklik n baie baie nice kaliber

Groete

G
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by FHM »

Baie geluk en welgedaan Cor, Gerhard en Wikus. Dis so vertel dat my tone eintlik begin krul man! Nog net 6 dae dan steek daai Jeep sy neus Noord - ek sukkel alreeds om te slaap nou al! :o

Nogmaals geluk met julle suksesvolle trip! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Eerste Jag vir 2013

Post by Riaan Beeslaar »

Baie geluk manne, mens kan aan daadie gesigte sommer sien dis lekkerkry
Post Reply