Ek wil graag weet wat is so wreed wat n lewendige uitgevrete dorper ooi se uier uit vreet. Hier is die foto. Francois ek moes dit seker op die Album gesit het maar ek weet nie hoe om n link na hierdie topic op te sit nie. Jammer.

Soos julle kan sien is die ooi van agter gevreet.Ek het gesien dat julle manne op n ander topic genoem het dat dit n Jakkals is maar indien dit so is hoe kry n Jakkals dit reg om n ooi in die hardloop so n groot skade aan te doen. Ek en my skaaphond het ons gatte af gehardloop om haar gevang te kry so, glo my, sy kan nog hardloop! het die jakkals dalk hulp gehad dat een Jakkals haar vashou terwyl die ander een vreet? Al ander merke wat ek op die ooi kry is aan die kante op die lieste. Nie groot nie.Kan net sien daar is bloed. In dieselfde kamp kort ek ook 16 lammers wat weggeraak het vanaf Dinsdag tot vandag.Ek kry egter GEEN karkasse nie.
Help asb.
Doepie

