Decoys

Post Reply
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Decoys

Post by Reghardt »

Hallo almal

Ek wil graag bietjie uitvind of daar mense is wat van hierdie decoys gebruik maak wanneer hulle roep? Ek sien foxpro het n paar nl: jack in the box ens. Werk dit? En kan mens dit vir dag roep ook gebruik?

Ek hoor graag van julle. Ek redelik nuut tot die bedryf en probeer soveel as moontlik leer voor ek weer uitgaan. Ek het vandag Hein se dvds bestel om bietjie meer te leer hopelik.

Lekker aand
Reghardt
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Decoys

Post by Henry 7 »

Reghardt
Ek dink decoys het 'n plek in dagroep en miskien met katte.
Henry
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

Weet iemand van n plek waar mens dit kan koop?

Groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Decoys

Post by Geno »

Ek het 'n Mojo Critter decoy. Toets hom saterdag.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

Geno wrote:Ek het 'n Mojo Critter decoy. Toets hom saterdag.
Geno laat weet bietjie hoe hy werk. Waar jy hom gekoop?

Reghardt
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Decoys

Post by Geno »

Ek laat weet jou. Hy kom van Cabela's af.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Decoys

Post by prohunt »

Ek gebruik ook die Mojo Critter en stem saam dat hy verseker sy plek in dagroep het. Dit trek die dier se aandag weg van die jagter af as die "decoy" reg geplaas is. Ek kan nie werklik sê dat ek al agtergekom het dat ek beter resultate met hom in die nag kry nie maar moet ook eerlik wees dat ek gewoonlik nie die moeite doen om hom te gaan uitplaas nie. Ek het hom egter al tydens nagjagte probeer maar soos genoem kon ek nie agterkom dat die inkom roete spesifiek na die "decoy" was nie.

Groete
Johan
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

Prohunt wrote:Ek gebruik ook die Mojo Critter en stem saam dat hy verseker sy plek in dagroep het. Dit trek die dier se aandag weg van die jagter af as die "decoy" reg geplaas is. Ek kan nie werklik sê dat ek al agtergekom het dat ek beter resultate met hom in die nag kry nie maar moet ook eerlik wees dat ek gewoonlik nie die moeite doen om hom te gaan uitplaas nie. Ek het hom egter al tydens nagjagte probeer maar soos genoem kon ek nie agterkom dat die inkom roete spesifiek na die "decoy" was nie.

Groete
Johan
Middag Johan

Waar het jy joune gekry of het jy ook ingevoer?

Lekker dag
Reghardt
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Decoys

Post by prohunt »

Hallo Reghardt,

Ek het ook maar self ingevoer.

Groete
Johan
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

Prohunt wrote:Hallo Reghardt,

Ek het ook maar self ingevoer.

Groete
Johan
Hoe lank neem dit en wat is die koste daaraan verbonde?

Reghardt
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Decoys

Post by prohunt »

Reghardt,

Die nuutste prys op die item sal seker maar so in die omgewing van $40 wees. Die probleem is dat jy 'n klompie items moet invoer of saam met iemand span (om die waarde van die pakkie te verhoog) anders is die posgeld meer as wat die item werd is.

As ek reg onthou was Internasionale Spoedpos ongeveer $50 per pakkie......miskien kan iemand wat onlangs ingevoer het 'n akkurater antwoord gee of dalk weet iemand van 'n goedkoper manier om die pakkie hier te kry.

Groete

Johan
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Decoys

Post by Johnnie De Wet »

Mojo critter decoy R395 bid or buy
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

Johnnie De Wet wrote:Mojo critter decoy R395 bid or buy
Dankie Johnnie maar sien hy is reeds verkoop maar dit was die prys gewees. Ek sal boetjie eers uitkyk voor ek een koop. Ek hoop Geno gee goeie terugvoer die naweek wat kom.

Lekker dag
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Decoys

Post by johans »

Prohunt wrote:Ek gebruik ook die Mojo Critter en stem saam dat hy verseker sy plek in dagroep het. Dit trek die dier se aandag weg van die jagter af as die "decoy" reg geplaas is. Ek kan nie werklik sê dat ek al agtergekom het dat ek beter resultate met hom in die nag kry nie maar moet ook eerlik wees dat ek gewoonlik nie die moeite doen om hom te gaan uitplaas nie. Ek het hom egter al tydens nagjagte probeer maar soos genoem kon ek nie agterkom dat die inkom roete spesifiek na die "decoy" was nie.

Groete
Johan
ek het al jakkals geskiet met decoy in die dag,soos prohunt se hy werk uitstekend vir dagroep.ekt die jakkals sien inkom en hyt heeltyd net die decoy dopgehou.ekt dit ook nog nie in die nag gebruik nie.hy trek net jou battery vinniger
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Decoys

Post by marno »

Reghardt wrote:
Johnnie De Wet wrote:Mojo critter decoy R395 bid or buy
Dankie Johnnie maar sien hy is reeds verkoop maar dit was die prys gewees. Ek sal boetjie eers uitkyk voor ek een koop. Ek hoop Geno gee goeie terugvoer die naweek wat kom.

Lekker dag

Hahaha Sorry Reghardt,

Ek het daai een op Bid or Buy gekoop. hahaha
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

marno wrote:
Reghardt wrote:
Johnnie De Wet wrote:Mojo critter decoy R395 bid or buy
Dankie Johnnie maar sien hy is reeds verkoop maar dit was die prys gewees. Ek sal boetjie eers uitkyk voor ek een koop. Ek hoop Geno gee goeie terugvoer die naweek wat kom.

Lekker dag

Hahaha Sorry Reghardt,

Ek het daai een op Bid or Buy gekoop. hahaha
Haha hoop jy geniet hom. Laat weet asb of hy werk vir jou

Groete
Reghardt
stan man

Re: Decoys

Post by stan man »

koop vir jou n 3d tyken by die boog shop. ek het n haas,dan sit ek my caller langs hom neer en roep dan so. in die aand kon ek nog nie n verskil agterkom nie. bedags kan jy partykeer sien dat n jakkals na die 3d kyk as hy nader kom.verf jou 3d net oor sodat dit meer natuurlike kleure het. n swart haas staan uit soos n puisie op n p2#$pol
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

stan man wrote:koop vir jou n 3d tyken by die boog shop. ek het n haas,dan sit ek my caller langs hom neer en roep dan so. in die aand kon ek nog nie n verskil agterkom nie. bedags kan jy partykeer sien dat n jakkals na die 3d kyk as hy nader kom.verf jou 3d net oor sodat dit meer natuurlike kleure het. n swart haas staan uit soos n puisie op n p2#$pol
Klink na n plan maar wil graag he daar moet so bietjie beweeg betrokke wees. Sal dit ingedagte hou dankie.

Groete
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Decoys

Post by Henry 7 »

Ek het die Jack-Attack van FoxPro-hy vat 4 batterye en het sy eie remote maar ek kan hom by my FX5 inplug en met die AUX knoppie aan en af sit so hy trek nie my roeper se batterye nie.Het dat 'n ou wat stroop in USA hom vir my bring.
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Decoys

Post by Reghardt »

Geno

Jy vir ons enige goeie terugvoer oor die MOJO Critter??
Vir die van julle wa soek ek het gekry in PE by Lock,stock & Barrel tel nr: 041-484-7818 hulle prys R 500. Ek het myne vanoggend daar gekoop.

Lekker dag
Post Reply