Nuwe lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Werfbobejaan
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm

Nuwe lid

Post by Werfbobejaan »

Dag se aan almal. My naam is Kobus Wagenaar en boer in Dordrecht distrik. Doen self ongediete beheer om my plaas en het al baie geleer op die forum. Besit .270 parker hale,.22 brno, 38spesial. Dankie ook aan almal wat die forum moontlik maak hoop om nog baie ure hier te spandeer.
Lekker dag vir almal.
Groete Kobus
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe lid

Post by PWV »

Kobus Wagenaar, welkom hier. Hoop jy leer iets.
Ek is 'n oud-Dordrechter en sal dalk jou ouers ken. Laat weet bietjie van hulle en waar jy boer.
Groetnis
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Nuwe lid

Post by Foxcreek »

Welkom hier. Jy klink na 'n man wat saam met my op skool was(of dalk jou broer).
Werfbobejaan
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm

Re: Nuwe lid

Post by Werfbobejaan »

Oom Pieter ek bly in die Bonthoek dit is teen die Barkly Oos grens naby Rossouw.


Foxcreek ek was op Dordrecht en in Bloemfontein op skool wat is jou regte naam.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Nuwe lid

Post by Foxcreek »

Werfie, ek was saam met Spottie(het sy regte naam vergeet) op Marlow. As ek reg is is hulle meer Jamestown se kant toe, en is omtrent so drie of vier broers.
Groete.
Henk.
Werfbobejaan
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm

Re: Nuwe lid

Post by Werfbobejaan »

Foxcreek, weet van hulle my pa het by hulle pa Oom Willie bulle gekoop net buite Jamestown.
Dalk onthou jy my buurman Max 90matriek geskryf. Nog n groot vriend van my Boelie 1991 en my neef Pyp bietjie later.
Groete Kobus.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nuwe lid

Post by cassie_calvinia »

welkom hier!
watse jagmetodes gebruik jy? ysters? roep en skiet?
watse toerusting het jy? vertel bietjie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Nuwe lid

Post by Frederik »

Welkom Kobus ek het jou neef van die 270 'n Alpine kom van dieselfde dorp af maar fabriek bestaan nie meer nie maar is perfekte kopie van mekaar.

Hoop jy kuier lekker hier.
Werfbobejaan
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm

Re: Nuwe lid

Post by Werfbobejaan »

Hallo Cassie
My pa het vroeer honde gebruik maar dit was meestal rooikatte. My oupa hulle het die jakkalse n redelike knou toe gedien. Na ek op die plaas gekom het doen ek toe slagysterkurses van oom Pieter Shneetkluf(spelling) en het goeie resultate daarmee. Die rooikatte is egter n probleem want ek kry nie hokke gestel nie dan gebruik ek maar honde. Die skietwerk het ek altyd aan by buurman oor gelaat was redelik goed maar het n kontrakteurs besigheid begin en is nie meer veel beskikbaar nie. Ry toe een aand met die lig in probleem gebied en lig n jak raak en laat hom bakkie ry. Het daarna begin roep met gemengde resultate. Toe maar my toeristing opgegradeer en roepkurses van oom Taffie gedoen en baie op die forum gelees en by ander jagters uitgevra. Alhoewel ek nog baie het om te leer ry die jakke darem nou bietjie makliker bakkie.
Groete Kobus
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe lid

Post by jamalley »

Welkom op die forum.
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: Nuwe lid

Post by Hingsding »

Baie welkom hier.

Dis n vreeslike lekker forum en baie slim manne wat mooi raad en advies deel om beginners soos ek te leer.

Dankie ook daar voor.

Geniet dit hier op Jaracal
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Nuwe lid

Post by Riaan Beeslaar »

Kobus welkom hier in ons geledere
Groete
Riaan
User avatar
kreef
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Thu May 02, 2013 10:42 am

Re: Nuwe lid

Post by kreef »

Welkom Kobus
Groete

Chris
.375 Ruger Howa
.45 Colt 1911
Werfbobejaan
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm

Re: Nuwe lid

Post by Werfbobejaan »

Dankie vir almal wat my welkom geheet het. Dit laat n mens tuis voel.

Groete Kobus
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Nuwe lid

Post by morne smith »

Welkom hier Pasop net hier is ouens wat kese jag Oppas vir Zack Benade
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe lid

Post by PWV »

morne smith wrote:Welkom hier Pasop net hier is ouens wat kese jag Oppas vir Zack Benade

En Morne maak die lekkerste sitbokbiltong!
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Nuwe lid

Post by morne smith »

Oom Pieter is ons spietkop en gaan met jou raas as jy laf gaan raak hier.
Werfbobejaan
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Nov 04, 2012 4:05 pm

Re: Nuwe lid

Post by Werfbobejaan »

Hi Morne gelukkig ken ek vir Zack. Hy kuier gereeld by my buurman en hier is genoeg kese om te jag. Dalk moet jy n slag saam met hom na hierdie koue wereld toe kom. Oom Pieter sal weet waarvan ek praat. Het al agter gekom oom Pieter polisieër die manne. Dalk net n goeie ding dat die ouer garde die jonges bietjie in toom hou.

Groete Kobus
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe lid

Post by PWV »

Werfbobejaan wrote:Hi Morne gelukkig ken ek vir Zack. Hy kuier gereeld by my buurman en hier is genoeg kese om te jag. Dalk moet jy n slag saam met hom na hierdie koue wereld toe kom. Oom Pieter sal weet waarvan ek praat. Het al agter gekom oom Pieter polisieër die manne. Dalk net n goeie ding dat die ouer garde die jonges bietjie in toom hou.

Groete Kobus

Werfbob
Ek is in 1948 skool toe. Sal ek dit ooit vergeet dat daardie Desember 1948 Dordrecht wit gele het soos dit kapok het. Daardie mense in die Boenthoek was talle kere afgesny en kon nie wegkom nie - daar het 'n oom van my geboer, Lewies Buys -- so ek ken! Min mense ken Dordrescht se koue.
Dis Morne wat my spietkop gedoop het. Kyk hom mooi uit. Sal nog vir hom ook 'n lekker naam moet kry!
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Nuwe lid

Post by morne smith »

Ek het sy jagfotos gesien halwemeter dik sneeu
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Nuwe lid

Post by morne smith »

Kobus jy is gelukkig. Zack kuier by my buurvrou
Post Reply