motivering vir lisensie

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

motivering vir lisensie

Post by Swede »

Ek wil die volgende omstandighede plaas.

Ek het dedicated status en miskien is dit die rede vir die optrede van die DFO by die aansoek van my .243 lisensie, of miskien nie. Dit is jare laas dat ek aansoek gedoen het om 'n nuwe lisensie en het ek baie moeite gedoen met die motivering daarvan en die aanhegting van "getuienes" in die aansoek, dit wil se 'n bespereking van die kaliber, en die geskiktheid daarvan vir die rede vir my aansoek. Daar is ook foto's aangeheg van die diere wat wettiglik met die kaliber gejag kon word. Ek het ook foto's van my kluis en die montering daarvan aangeheg asook twee foto's van 'n onlangse jag wat ek bygewoon het gedurende Junie 2012. Die rede vir my aansoek vir die spesifieke geweer/kaliber was uitsluitlik jag. By die indiening van my aansoek by my plaaslike DFO, het sy die aansoek deurgegaan en die aangehegte dokumente ten aansien van die bespreking van die kaliber en die geskiktheid daarvan summier verwyder van die aansoek. Die enigste dokumente wat gebluie gehou is was die foto's van die kluis en die foto's van my jag (een foto van my met ' rooibok wat ek geskiet het en 'n foto van ons saam om die vuur). Sy het toe die rede van die aansoek ingeskryf op die aansoekvorm soos volg " i wish to hunt plans game animals and i require the rifle for that reason" of woorde tot hierdie effek, die redes was nie meer as een sin gewees nie. Uit die aard van die saak was ek baie die ...in, omrede sy in die eerste plek my aansoek net summier gewysig het en tweedens dat ek geld betaal het vir die opstel van die motivering. Toe ek haar hier omtrent uitvra, het sy gese dat die personeel wat die aansoeke oorweeg by die CFR, nie al hierdie ander inligting nodig het nie. My lisensie aansoek is 10/08/2012 ingehandig en is op 09/10/2012 goedgekeur. Nadat ek ander post gelees het van lisensie aansoeke op die forum, is my vraag of die CFR personeel regtig al die aangehegte doukumente deurgaan of nie in die oorweging van 'n aansoek, en is al hierdie ander dokumente regtig nodig.
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: motivering vir lisensie

Post by Nickvn »

Ag nee man, wat se jy nou.  :o :o
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: motivering vir lisensie

Post by james 303 »

Al my motiverings self gedoen halwe bladsy net feite ingesit en dit is goedgekeur.Dan hoor n mens van motiverings van 40 bladsye afgekeur..Dit laat n mens nogal dink...
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: motivering vir lisensie

Post by Chris Swart »

louis 303 wrote: Al my motiverings self gedoen halwe bladsy net feite ingesit en dit is goedgekeur.Dan hoor n mens van motiverings van 40 bladsye afgekeur..Dit laat n mens nogal dink...
Die klomp is seker te lui om te lees. :-X
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: motivering vir lisensie

Post by johnny »

Swede

Haar optrede is self teen die wet, sy kan nie besluit watse motivering moet ingehandig word nie, sy kan wel help , maar wie sou nou blameer word as die aansoek afgekeer word vir gebrek aan motivering.

Hou daai motivering volledig soos JY dit wil he en maak seker dit word so aangestuur.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: motivering vir lisensie

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Wat sou nou gebeur het indien hy afgekeur was?
Ek glo nie aan honderde bladsye vir motivering nie maar dit moet tog volledig wees!!!!Bv indien jy net die nodige ingee sonder enige werklike uiteensetting dan gaan hy reeds n paar bladsye wees

1.id
2.bewys van opleiding.
3.Kluisfotos
4.Bewys van adres
5.Verwysings van 3 persone
6.Afskrif van huidige lisensies
7.Saps 350
8.2 jagfotos

Sien reeds 8 bladsye en glo my meeste SAPD stasies vereis bogemelde.In die verlede was 1 sin genoeg en nou nie meer nie.Daar word nie boeke geskryf nie maar as n man nou n paer wapens begin kry dan moet die verskille uitgelig word.Se mens ek wil vlakte skiet en jy het 2 vlakte gewere, se jy jy wil groot wild skiet en het reeds een.My opinie is nogsteeds dat daar baie duidelik uiteengesit moet word wat elke wapen se verigtinge is.Wanneer daar te min info is kan hulle dit afkeur agv een of ander wollerige rede maar indien die motivering volledig is maak dit dit baie moeiliker om net simier af te keur.Ek sal definitief die horries kry as ek 2 maande wag en dan is hy afgekeur en moet weer deur die pyne gaan.


Groetnis
Kobus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Krokedil
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Wed Aug 29, 2012 7:20 am

Re: motivering vir lisensie

Post by Krokedil »

Kan iemand help vir n motoverings brief vir n .22 pistool en n .222 geweer dankie
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: motivering vir lisensie

Post by jamalley »

Kontak vir Kobus, wie se post net bokant joune verskyn
EARTH
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon May 06, 2013 12:23 pm

Re: motivering vir lisensie

Post by EARTH »

HI,EK WIL WEET OF IEMAND MY KAN HELP MET N MOTIVERING VIR N HAELGEWEER,12G SHOTGUN VANGUARD MANUAL NECK BREAK.EK HET N PLAAS IN PARYS WAAR ONS BAIE KLEIDUIF SKIET,DIS AL WAARVOOR DIE WAPEN GEBRUIK GAAN WORD,ENIGE HULP SAL WARDEUR WORD,bothajaco@vodamail.co.za
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: motivering vir lisensie

Post by Chris Swart »

EARTH wrote:HI,EK WIL WEET OF IEMAND MY KAN HELP MET N MOTIVERING VIR N HAELGEWEER,12G SHOTGUN VANGUARD MANUAL NECK BREAK.EK HET N PLAAS IN PARYS WAAR ONS BAIE KLEIDUIF SKIET,DIS AL WAARVOOR DIE WAPEN GEBRUIK GAAN WORD,ENIGE HULP SAL WARDEUR WORD,bothajaco@vodamail.co.za
Kontak vir Kobus.
Hy adverteer as Jagters Reg Motiveering hier op die forum onder handelaars. Ek het baie goeie diens van hom af gekry
Post Reply